SA Graan Mei 2014 - page 6

Mei 2014
4
e
k het die ander dag gesit en kyk
na wat dit was waaraan ek die
meeste van my tyd spandeer
het die afgelope sesmaande. Ek
wou weet of is ek nog met die
regte goed besig en waar ek in-
sette lewer om die graanprodusent se saak
tedryf?
Ná Graan SA se Kongres moet die verkose
leierskap weer onder ‘n boom gaan sit
en die pad vorentoe bedink. Waar moet
ons verstellings aanbring enwaarmoet ons
nuwe grond gaan breek om ‘n oes vir ons
kinders indie toekoms te verseker?
Terwyl die politikusse besig ismet diewerf
van stemme (en geld uitgee), is die ampte-
nary aan die woel. Party is doodbang om
besluite te neem omdat hulle dalk hulle
werk kan verloor as hulle nou ‘n fout maak,
maardan isdaardiéwat nouabsolutechaos
veroorsaak om punte te verdien sodat hulle
dalkbevorder kanword. Dit is asof hullevan
selfvertroue oorloop en so irrasioneel raak
en brûe oral verbrand asof daar nooit weer
‘ndag vanmôregaanwees nie. Ai!
Ná 20 jaar het ons ‘n jong demokrasie, ‘n
nuwe kultuur en ‘n nuwe verstaan van wat
demokrasiebeteken,maar onshet ook ‘n in-
frastruktuurwat verkrummel enwankelende
(tot geen) dienste deur plaaslike regerings.
Die lys van probleme en verval is baie lank,
maar soosmy oorledema gesê het: “‘nOn-
derhandelde demokrasie is steeds beter as
‘nburgeroorlog”.Onsmoet dusons situasie
eerder met ‘nMosambiek of Angola verge-
lyk inplaas vanmet dienuweSuid-Afrika.
‘n Konsep wat my steeds bybly, is dit wat
iemand die ander dag so terloops genoem
het: Dit is tyd vir die land om aan te skuif
na die ware Suid-Afrika. Die ou Suid-Afrika
was nie aanvaarbaar nie, maar die nuwe
Suid-Afrika isbeslisooknieaanvaarbaarnie.
Dit is tyd om te begin werk aan die ware
Suid-Afrika. Waar redelikheid, rasionaliteit
en regverdigheid die beginsels en waardes
is.Ons ismoegvir korrupsie, oneffektiwiteit
en flou verskonings. Ek vermoed dat die
uitslag van die verkiesing wel ‘n skuif in
beleid gaan veroorsaak. Watter kant toe,
weet ons nognie.
Die hele saak oor grondhervorming sal
beslis in die volgende vier jaar op die spits
gedryf word. Dit was alreeds duidelik voor
die verkiesingsveldtogte afgeskop het. Die
oplossing van die probleem lê egter nie
net voor die regering se deur nie en die tyd
is verby waar ons net kan kritiseer en met
geen voorstelle van ons eie vorendag kom
nie. Die vrese vir voedseltekorte of hoë
voedselpryse kan indie nuwe administrasie
tot inmenging indiemark lei.
In die proses om na die ware Suid-Afrika
te werk, sal daar nog ‘n paar dinge moet
gebeur waar Graan SA privaatinisiatiewe
moet loods om dinge temaak werk. Ek sien
ook dat ons swart kommersiële graanpro-
dusente ‘ngroter rol inons leierskapsalmoet
speel omdie landbou-omgewing teverbeter.
Die finansiering van produksie op kom-
munale gronde is beslis ‘n reuse-uitdaging
wat tussen die rolspelers uitgesorteermoet
word. Tydens Graan SA se Kongres is ge-
noem dat van ons buurlande in Afrika al-
reeds verder hiermee gevorder het as ons.
Die nuwe Suid-Afrika is besig om agter te
raak om nuwe beleggings in landbou te lok.
Die risikovir nuwebeleggings inSuid-Afrika
en die risikoprofiel van die res van Afrika is
aan die vernou. Dit gaan beleggers beslis
beïnvloed.
Ek droom dus van ‘n ware Suid-Afrika ná
die verkiesing waar voedselsekerheid so ‘n
hoë prioriteit is dat grondhervorming op ‘n
rasionele wyse afgehandel sal word en die
landboubeleid effektief geïmplementeer sal
word tot voordeel van almal indie land.
Wat kan ons
nádie verkiesing verwag?
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
...wat iemand die ander dag so
terloops genoem het: Dit is tyd
vir die land om aan te skuif na
diewareSuid-Afrika.
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...100
Powered by FlippingBook