Background Image
Previous Page  89 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 92 Next Page
Page Background

87

FAW se nuwe reeks medium

vragmotors is uiters kompeterend

– Chinese FAW 8.140 FL is trots Suid-Afrikaans gebou

f

AW SA het ‘n nuwe FAW medium vragmotorreeks bekend

gestel, die FAW 8.140 FL, wat spesifiek vir die plaaslike mark

aangepas is en plaaslik gebou word.

Die nuwe reeks FAW 8.140 FL medium vragmotors spog

met die laagste koste per ton in die segment vir medium

vragmotors asook die FAW 8.140 FL met die Amerikaansvervaar-

digde Cummins ISF 3.8 liter-enjin wat aan Euro 3-standaarde

voldoen. Dit het boonop ‘n betroubare ZF-sesgang handratkas en

vol dubbelkring lugremme met ‘n sluitweer-remstelsel.

FAW, ‘n Chinese vragmotorvervaardiger, is sedert 1994 in Suid-

Afrika verkrygbaar. FAW SA het die Chinese weergawe van FAW

se mediumgrootte vragmotor herontwerp om spesifiek plaaslike

medium vragmotor vereistes aan te spreek.

Koste-effektiwiteit tesame met die beste moontlike dra-kapasiteit

en omkeertyd is van die vele vereistes wat deur hierdie voertuig

aangespreek word. Die vragmotors word as gedeeltelik gemonteer-

de boustelle ingevoer, waarna die onderstel, aste en ander onder-

dele, sowel as die ingevoerde Cummins ISF-enjin en die ZF-ratkas

by ‘n splinternuwe aanleg op Coega gemonteer word.

Die FAW 8.140 FL is in verskeie bak-konfigurasies beskikbaar. Dit

sluit ‘n valkantbak, ‘n skuifseil-tipe, ‘n paneelvoertuig, ‘n wipbak,

platbakherwinningsvoertuig en ‘n geïnsuleerde vragdraer in. Kopers

het ook die keuse om ‘n kaal onderstel met kajuit na hulle eie be-

hoeftes om te bou tot by ‘n drakapasiteit van 14 ton.

‘n Lae gewig word deur die konstruksie van die onderstel ver-

seker, veral in kombinasie met die staal subraambakwerk. Die on-

derstel word in ‘n spesiale verfstasie behandel om stofweerstand

te verbeter. Laasgenoemde word slegs vir die Suid-Afrikaanse

mark gedoen.

Die leer-raam onderstel het semi-eliptiese bladvere sowel as dub-

belaksie skokbrekers voor en addisionele vere agter. Die aste is ge-

gradeer vir 3 ton voor en 6 ton agter, wat beteken dat die vragmotor

se drakapasiteit meer as voldoende is vir die meeste aanwendings.

Hierdie nuwe FAW se kajuit is ‘n sogenaamde kajuit-oor-enjin

ontwerp – dit kantel teen 45° om maklike toegang te bied vir

diens- en versieningsdoeleindes. Die digitale instrumentpaneel en

ander kontroles is binne maklike bereik van die gemiddelde Suid-

Afrikaanse bestuurder geplaas.

Daar is sitplek vir drie persone in die 2 m wye kajuit, met die

middelste seksie wat weggevou kan word. Radio- en USB-konnek-

sies is standaard.

Die turbo-ondersteunde Euro 3 Cummins ISF 3.8 liter-enjin sorg

vir ‘n kraglewering van 105 kW teen 2 600 rpm en vir ‘n maksimum-

wringkrag van 450 Nm wat tussen 1 200 en 2 200 rpm beskikbaar is.

‘n Sesgang, sogenaamde synchromest ZF 6 S 500 TO Ecolite-

handratkas verseker dat die Cummins-enjin optimaal benut word

en dra by tot die bestuurbaarheid en beheerbaarheid. Hierdie ZF-

ratkas het ‘n reputasie vir tegnologiese innovasie en leierskap in die

segment vir kommersiële voertuie.

Die ISF-enjin funksioneer teen hoër temperature, wat die grootte

en koste van die voertuig se verkoelingstelsels verlaag. Die modu-

lêre ontwerp van die enjin bied ook maklike toegang vir diens en

hersiening, wat ook koste laag hou.

‘n Tweejaar/onbeperkte kilometer waarborg dek hierdie reeks, met

verkope en naverkopediens wat deur 36 handelaars in Suid-Afrika,

Namibië en Botswana onderneem word.

Met ‘n intreeprys van R239 000 (sonder BTW) vir die nuwe

FAW 8.140 FL onderstel/kajuit, bied FAW die laagste prys per ton

tans beskikbaar.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die toegeboude FAW 8.140 FL is ideaal om groente, vrugte en

blomme te karwei.

July 2015