Background Image
Previous Page  87 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 92 Next Page
Page Background

Só lyk die

plaaslewe…

Prysgeld ter waarde van R32 000 te wen!

Tydens onderhoude met die dames wat ingeskryf het vir kykNET se

gewilde reeks,

Boer soek ‘n vrou

, het die meeste genoem dat hulle uitsien

na die rustigheid op die plaas. Alle amateurfotograwe wat graag wil wys

hoe die plaaslewe werklik daar uitsien, word uitgenooi om in te skryf vir

die 2015

SA Graan

/Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie. Wat som

volgens jou “Die plaaslewe” op: Die aanbreek van ‘n nuwe dag of sei-

soen, die vee wat kommervry rondloop of die bedrywighede van mense-

hande? Dalk is jou foto van die rustigheid wat van die plaashuis se stoep af

sigbaar is, volgende jaar een van die wenfoto’s!

KOMPETISIEREËLS

1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n

bestaan maak uit foto’s neem nie) mag vir die kompetisie

inskryf.

2. Inskrywings moet die tema “Die plaaslewe” uitbeeld.

3. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).

4. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam met die

foto verskaf.

5. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil) per uitgawe

inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang is, vir

die kompetisie in aanmerking geneem word.

6. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp handel as foto’s

wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voor-

heen gepubliseer wees nie.

7. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes nie

inskryf nie.

8. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings wat ná die

afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie ingeskryf word.

9. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar word. Die foto’s moet

in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk nie, in JPG-formaat en nie kleiner as

10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie

van 300 dpi geskandeer word.

10. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word nie. Om ‘n

foto te sny (

crop

) word nie as manipulasie beskou nie.

11. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe, ‘n verteenwoordiger van

SA Graan/

Grain

asook Sasol Chemicals (Kunsmis), sal die foto’s maandeliks beoordeel.

12.

SA Graan/Grain

behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisiereëls

voldoen nie, af te keur.

13. Alle inskrywings word die eiendom van

SA Graan/Grain

– dit sluit die CD’s in waarop die

foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word en

SA Graan/Grain

en Sasol

Chemicals (Kunsmis) mag dit vir toekomstige promosie-, bemarkings- en publikasiedoelein-

des gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye

vir skending van kopiereg sal ingedien word nie.

14. Werknemers van Sasol Chemicals (Kunsmis), Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompe-

tisie inskryf nie.

WAT KAN JY WEN?

Die pryse word weer vanjaar deur Sasol Chemi-

cals (Kunsmis) geborg. Vanaf Januarie 2015 word

daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wen-

ner deur ‘n paneel beoordelaars aangewys. Die

maandelikse wenner stap weg met ‘n kontant-

prys van R1 000 en die twaalf finaliste kom in

aanmerking vir

R10 000 (wenner)

,

R7 000 (naas-

wenner)

en ‘n

derde prys van R3 000

.

Stuur foto’s na

elmien@infoworks.biz

of aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.

SLUITINGSDATUM:

AUGUSTUS 2015: 4 AUGUSTUS

SEPTEMBER 2015: 2 SEPTEMBER

Maryka Wessels van Warden het die eerste plek behaal vir haar foto “Ons eie stukkie hemel.”

WENFOTO VIR

JUNIE