Background Image
Previous Page  81 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 92 Next Page
Page Background

79

July 2015

verandering gebring. “Om te meet, is om te weet” en die skaal het

hier baie twyfel en geraai uitgeskakel. Meteens kon daar met feite

gewerk word.

Elke land se geskiedenis, produksie en effektiwiteit kan nou ge-

meet word en baie beter besluite kan met behulp van hierdie

inligting geneem word. Met ‘n geskiedenis van elke land, kan die

verwagte oeste baie beter en meer in tyd geskat word, wat weer die

produksieproses van elke blok beïnvloed.

Net so belangrik soos die skaal, is die inligting wat die stroper-

kaarte en satelliete verskaf. Hierdie inligting word aktief gebruik om

beplanning mee te doen en om foute op te spoor en regstellings te

maak. Jaarliks word die kilogramme graan per millimeter reën be-

paal. Uit hierdie syfers kan daar gesien word of die produksiestelsel

wat toegepas word, werk of nie. Hierdie syfers het ook al baie inte-

ressante inligting na vore gebring.

Met al hierdie inligting tot hul beskikking, word elke land se pro-

duksiegeskiedenis asook produksiemetode en -tegniek bygehou.

Onkruiddoderweerstand is ‘n groot probleem in die Swartland en

daarom word elke land se onkruiddoderprogram, -geskiedenis en

-beplanning nougeset bygehou.

Die land se toekomstige produksiebeplanning, wat insluit bekal-

king, ‘n wisselbouprogram en die aanwending van onkruid- en plaag-

doders asook bemesting- en kultivargebruik, word bygehou. Daar

word ook seker gemaak dat die effektiwiteit en doeltreffendheid

van die onkruid- en plaagdoders so goed moontlik is. Om dié rede

word daar nou voor-opkoms onkruiddoder met ‘n selfloperspuit

aangewend eerder as om dit met die planters toe te dien.

Kontantvloei

Die kontantvloei in hierdie besigheid is en bly nommer een. Gereel-

de opdatering van die kontantvloeistaat is ‘n vereiste en dit word

op ‘n gereelde basis aangepas om die werklike en verwagte situa-

sies te reflekteer.

Die kontantvloeibeplanning aan die einde van die produksiejaar

weerspieël dus die werklike gebeure op die plaas.

2: Koring en kanola word om ‘n deel jaarliks geroteer.

3: Kanola in vol blom op die plaas Klipheuwel.

4: Omdat ‘n groot komponent van die boerderyinkomste van die

melkery af kom, word daar heelwat kuilvoer op die plaas gemaak.

5: Van die nuwe genetika wat Klipheuwel se melkproduksie vorentoe

sal neem.

6: ‘n Rotasie melktafel word in die melkery gebruik.

7: Skape is ‘n integrale deel van die boerdery. Daar word jaarliks vir die

skape medics geplant wat goeie somerweiding verskaf.

5

7

6

3

4

2