Background Image
Previous Page  84 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 84 / 92 Next Page
Page Background

Julie 2015

82

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

M

nr JP Meintjes van die plaas Kruispan in die Viljoens-

kroon-distrik verwag van sy werkers om betroubaar en

presies in hulle werk te wees.

SA Graan/Grain

het by

Meintjes gaan aanklop om uit te vind wat die belang-

rikste arbeidspraktyke is waarop hy klem lê in sy boerdery.

“Ek hanteer my werkers professioneel en met respek. Ek glo in

goeie menseverhoudinge en goeie vergoeding (indien die persoon

dit verdien). Ons vergoed werkers vir oortyd en elke jaar ná stroop-

tyd kry hulle ‘n dertiende tjek,” verduidelik Meintjes.

Op Kruispan kry die werkers indiensopleiding. Meintjes motiveer sy

werkers deur positiewe optrede en deur die nodige erkenning te gee

asook om hulle posvlak op te gradeer.

“Soos wat die boerdery uitbrei en daar beter poste is om aan te

bied, gee ek dit vir dié werkers wat goed presteer. Hulle verdien dan

natuurlik ‘n beter salaris.”

En wat is sy siening van die minimum loon?

“Die huidige loon is bekostigbaar, maar nie vir al die produsente

nie. Die minimum loon moet saam met inflasie aangepas word en

nie soos die afgelope twee jaar onnatuurlik hoog aangepas word

nie. Die probleem wat daarmee gepaardgaan, is dat ons nie nuwe

werkers kan aanstel nie en eerder meganiseer. Die mense wat daar-

onder ly, is die arbeiders,” verduidelik hy.

Werkskeppingsprojekte

Hulle is tans besig om ‘n silokompleks op die plaas op te rig, waar-

by hulle meer mense gaan nodig hê om te werk. “Ek sal eerste vir

my werkers se gades en kinders (wat oud genoeg is) die geleent-

heid bied om aansoek te doen vir die beskikbare poste.”

Sokker

Kruispan het ‘n eie sokkerspan en al die klere en sokkerballe word

deur die plaas geborg. Meintjes-hulle verskaf ook gratis vervoer na

en van sokkerwedstryde.

Vervoer

“Verder het ons ook ‘n gratis diens wat ons aan ons werkers en

hulle gades verleen, waar hulle twee keer ‘n week die geleentheid het

om dorp toe vervoer te word om die dokter of kliniek te gaan besoek

of inkopies te gaan doen. Ons gee ook een keer ‘n maand geleent-

heid vir almal op die plaas om inkopies op die dorp te gaan doen.

“Van my werkers spaar geld en dan dra ek by om hulle te help om

vir hulle ‘n motor te koop. Vyf van my werkers het al hulle eie

motors,” vertel Meintjes trots.

Hoe kry jy die beste uit jou werkerskorps?

“Ek glo in goeie en gesonde menseverhoudinge. ‘n Mens moet

ook ‘n oop deur hê om na besware te luister. Ons grieweprosedure

is in plek en ons werk nou saam met ‘n arbeidskonsultant. Ons

probeer om nie mense onnodig af te dank nie en ‘n werker word

baie kanse gegee (meer as wat die wet vereis) voor ons besluit om

hom te laat gaan.

“As ‘n mens na plaaswerkers se omstandighede kyk, is hulle eintlik

baie beter af as mense wat in die lokasies bly,” sluit hy af.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

– JP Meintjes van Viljoenskroon

Reeks

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

Van Kruispan se werkers vroegoggend op pad om te gaan stroop.

AKTUEEL