Background Image
Previous Page  88 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 88 / 92 Next Page
Page Background

‘n Heerlike port- en sopaand

– net die regte doepa teen die koue

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

v

ir die port- en sopaand het ek drie kleurvolle soppe

voorberei. Daar is ‘n geeloranje botterskorsiesop, ‘n lig-

groen avokadopeerroomsop met gerasperde biltong en

sampioensop gesprinkel met swartpeper en rooi soetris-

sie vir kleur.

Alles keurig in terracotta-bakke gereed om met ‘n langsteel rooi-

koper-soplepel opgeskep te word. Elke gas kry ‘n gebakte mini-

broodjie op ‘n houtplankie.

Hier in die leefkamer waar ek vanaand onthaal, is ook my hele rooi-

koper-versameling.

Dié snoesige vertrek verleen hom aan die ete om die kaggelvuur.

Antieke rooikoper-ketels, ‘n uiters skaars tertpan wat nog met kole

verhit word, koperballe en bedienverwarmers vorm deel van die ge-

sellige dekor.

Die vuur weerkaats in die koper en in ons harte en behaag ons siele.

Die port teen kamertemperatuur is diep en rooi; donker en fluweel-

agtig op die tong.

Kleurvolle skilderye, tapisseriegordyne en fluweelstoele rond die

prentjie mooi af.

Julie 2015

86