Background Image
Previous Page  10 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 92 Next Page
Page Background

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

NAMPO Oesdag gaan van krag tot krag

m

et ietwat warmer weer in die Vrystaat, het dié

jaar se Graan SA NAMPO Oesdag afgeskop te

midde van heersende droë en moeilike toe-

stande op die land se plase. Graan SA-lede, nou

reeds vertroud met die fasiliteite wat die “nuwe”

ledelokaal bied, is soos gebruiklik vriendelik by

die ledehek ontvang en met gholfkarretjies, geborg deur Absa, na

die ledelokaal vervoer.

Die nuutgeïnstalleerde elektroniese kaartjiestelsel het oor die alge-

meen goed gefunksioneer en Graan SA is vol vertroue dat elke lid

die proses positief ervaar het. Die gesamentlike oorskakeling na ‘n

elektroniese ledestelsel het die uitreiking van lede se komplimen-

têre kaartjies vergemaklik en het verder ‘n rekordbywoning aan die

Graan SA-ledelokaal besorg.

Die immergewilde cappuccino’s vir die skoner geslag en warm

sjokolade-bederf vir die kinders het weer groot byval gevind en die

koffiekroeg met sy professionele barista’s, geborg deur John Deere

Financial, was bedrywig van vroeg Dinsdagoggend tot laat Vry-

dagmiddag.

Lede het ook telkemale deur die loop van die dag teruggekeer na

die ledelokaal om skuiling te soek teen die middaghitte en om

hul droë kele met iets koels te lawe, terwyl ligte vingerhappies

genuttig word.

Die ledelokaal, toegerus met verskeie skerms wat onder meer

lewendige Safex-markinligting vertoon het sowel as regstreekse

uitsendings van die gewilde

Nasie in Gesprek

forum, het

produsente op hoogte gehou van wat beide op die terrein en in

die markte gebeur. Die gespreksforum, gelei deur die ekonoom

Theo Vorster, het dié jaar die temas van arbeid, grondhervorming,

hulpbronne en tegnologiese integrasie in die landbousektor be-

spreek op beide Afrikaanse en Engelse platforms – onderskeidelik

soggens en in die middag.

Die ledelokaal was verder toegerus met ‘n lede- en markinligtings-

toonbank en lede kon hul besonderhede met gemak opdateer en

enige navrae is deur die vriendelike Graan SA-personeel hanteer.

Na aanleiding van Graan SA en Momentum se opwindende strate-

giese vennootskap wat tydens Graan SA se Kongres bekend gestel

is, het Momentum ook ‘n uitstalling in die ledelokaal behartig.

Lede het deur die loop van die week met ‘n klompie bekendes ge-

selsies aangeknoop en die besoek van ‘n paar Cheetah-rugbyspelers

aan die ledelokaal was vir menige ‘n aangename verrassing.

Die Graan SA-uitstalling was ‘n spogvertoonstuk vir die werksaam-

hede van die organisasie en het aan belangstellendes, waaronder

talle skoolkinders, ‘n oorsig gebied van ons land se graanproduk-

sie-aktiwiteite sowel as ‘n visuele tentoonstelling van wat met ons

graan gebeur in terme van binnelandse verbruik en uitvoere.

Die uitstalling het onder meer Graan SA se bedryfsdienste,

landbou-ontwikkeling en bemarkingswerksaamhede ten toon ge-

stel en is besoek deur verskeie regeringsamptenare en privaat on-

dernemings.

Graan SA het groot waardering vir ons lede-ondersteuning en sien

uit daarna om elkeen terug te verwelkom by NAMPO 2016.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

NAMPO Park was weer ‘n miernes van bedrywighede van 12 tot 15 Mei vanjaar en daar was ‘n rekordbywoning aan die Graan SA-ledelokaal.

8

Julie 2015