Background Image
Previous Page  6 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 92 Next Page
Page Background

4

e

k sit nou die aand in die nuusateljee in Pretoria en

wag vir die nuusleser in Johannesburg se onderhoud

met my. Die hoofnuus gaan oor ons president se be-

huising en die koste daaraan verbonde en wie daarvoor

moet betaal.

Daarna volg die storie van vermoedelike omkoopgeld wat Suid-

Afrika betaal het om die gasheer vir die 2010 Sokker Wêreld-

beker te wees en dieselfde dag word die persoon wat die

loodskomitee gelei het, tot burgemeester van die Nelson Mandela

Metropool verkies.

Toe kom ek aan die woord: “Mnr De Villiers, dit is vandag Wêreld

Hongerdag, hoe vaar Suid-Afrika in hierdie verband?” Ek wou op

daardie oomblik dit uitskreeu dat ons die geld waarvan hulle so

pas gepraat het, eerder vir arm mense kon gee om die honger-

snood in ons land teen te werk. Wat het van ons land geword?

Die positiewe is egter dat die hoeveelheid arm mense in ons

land nominaal en proporsioneel aan die verminder is. Suid-Afrika

het alreeds die Verenigde Nasies se millenniumdoelwit bereik

deur die hoeveelheid mense wat van minder as US$1 per dag lewe,

te halveer.

Inteendeel, ons het ook die hoeveelheid mense wat teen

minder as US$1,50 per dag lewe, binne dié tydsraamwerk ge-

halveer. Dit is inderdaad goeie nuus. ‘n

Mens se gedagtes kan maar net wyd loop

as jy dink wat ons sou kon vermag het as daar

nie soveel korrupsie was nie.

Dit is hierdie jaar moeilike tye in die graan-

bedryf. Die manne in die noorde bly aan die

stropers se monitors klap om te kyk of dit nie

gaan staan het nie en die manne in die suide

hou die weer dop. Met die skryf van hierdie

artikel, het die Kaap nog nie reën gekry nie,

so die jaar begin inderdaad ook droog daar.

Soos dinge nou staan, is klimaatsverande-

ring se skerp kant op ons. Hierdie gebeure

noodsaak produsente om weer en weer te

besin oor bewaringsbewerking en oorlaat-

stelsels. Volhoubare graanproduksie het voor-

waar baie aspekte om te oorweeg.

Die sogenaamde streep in die sand wat

Graan SA tydens die NAMPO Oesdag oor die

minister se grondhervormingsplanne getrek het, het toe wel vuur

getrek. Oom Fanie het altyd gesê: “As die jakkals tjank, was die

skoot raak!” Die minister het van die rolspelers bymekaar geroep

om te hoor waarom ons hom so in die openbaar kritiseer.

Die gesprek was goed en die openlikheid en eerlikheid daarvan

het my moed gegee dat daar tog ‘n onderhandelde oplossing

iewers kan wees. Dit bly maar moeilike sake en daar is uiteenlopen-

de doelwitte tussen die verskillende partye. Saamstaan is nou mos

maar een maal ons

Achilles heel

.

Elke party speel vir ‘n ander pawiljoen. Geduld raak op en fru-

strasievlakke raak baie hoog. Ons geloof word ook getoets en dit

is elke keer vir my ‘n wonderwerk as sulke gesprekke nie die land in

chaos laat nie.

Laastens wil ek ook vanaf Graan SA se kant die nuwe span wat by

Agri SA aangestel is, gelukwens en sterkte toewens. Vir my was

dit ‘n baie duidelike boodskap dat georganiseerde landbou besig

is om versterkings in te bring en nie terug te deins vir die huidige

uitdagings nie.

Graan SA sien daarna uit om saam met julle te werk in die soeke

na nuwe oplossings. Dit was lekker om vir Omri van Zyl en

Thabi Nkosi by NAMPO as gaste te ontvang en hulle ‘n eersteklas-

voorsmakie van die graanbedryf te gee.

Wat het van ons land geword?

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Die gesprek was goed en

die openlikheid en eerlikheid

daarvan het my moed gegee

dat daar tog ‘n onderhandelde

oplossing iewers kan wees.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Julie 2015