Background Image
Previous Page  16 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 92 Next Page
Page Background

Saam met Jannie de Villiers (tweede van links) is van die eerste

pryswenners van die 2015-Boerepatentekompetisie: Gerrit Smith (vir

sy sparbinder en myna-wip), Mark du Plessis wat die prys namens

Jannie Boshoff (ontwerper van die grondboontjie-voorafskoonmaker)

in ontvangs geneem het, Bertus Goosen en Adriaan de Lange (Omnia).

André Dippenaar (CP Minnaar en seun Boerdery en Vervoer, Letsitele) se

mobiele insleepkraan is met ‘n spesiale toekenning vereer. Hierdie sleep-

toestel het drie en ‘n half jaar geneem om te voltooi, pas soos ‘n sleepwa

op die vragmotor se perd en is ook deur die SABS goedgekeur.

Hierdie gemodifiseerde stropertafel is deur Quintin le Roux (Qualtan

Engineering, Stilfontein) ontwerp vir Carl Craus. Quintin het nuwe lewe

aan ‘n ou Case 1010-stropertafel gegee deur die

rigid head

in ‘n

flexi

head

te verander en ook vervoerband-aandrywing aan te bring.

Kinders het tou gestaan om opgehys te word met Bertus Goosen se

wen-ontwerp, ‘n mobiele hystoestel. Bertus neem vir die afgelope

18 jaar reeds deel aan dié kompetisie en het vanjaar ses inskrywings

ingestuur. Ongeveer 900 kg kan met hierdie hystoestel verskuif

word. Hy het dit ontwerp om sonpanele op sy huis se dak te hys en

gebruik dit ook om lusern op vragmotors te laai.

Vervolg van bladsy 13

Die 4x4-demonstrasievoertuie het die skare weer laat asem ophou by

vanjaar se Oesdag.

Ongelooflik! Besoekers kon elke dag om 10:00 en 14:00 die 4x4-demon-

strasies op NAMPO Park besigtig.

TERUGBLIK

NAMPO 2015

Spesiale

14

Boerepatentekompetisie

4x4-demonstrasies

Julie 2015