Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

4

v

oor ek begin skryf het aan dié hoofartikel, het ek gaan na-

slaan wat ek alles in Januarie 2015 gereken het aandag

moet kry en wat deurslaggewend sou wees. Het ek dit

darem verkeerd gehad?! Ai, dit hou my maar nederig met

al die voorspellings.

Die grondhervorming, biobrandstof en uitvoere van mielies na

China het toe nooit bó kom dryf nie. Die koringbedryf is steeds na

vele pogings nie omgedraai nie, maar darem op pad. Die droog-

te, swak ekonomie en chaos in die politiek het ‘n stokkie voor al

ons mooi drome kom steek.

As ek eksamen moes skryf, sou ek maar min punte gekry het, maar

met die studentestreke deesdae sou hulle my seker in elk geval deur-

gesit het en my toekomstige werkgewer sterkte toegewens het. Tog

was daar darem vordering met sake soos die herstrukturering by

Agri SA, die rekord sojaboonoes ten spyte van die droogte en die

graanprodusentontwikkelingsprogram se vooruitgang.

Graan SA is tans in die proses om scenario’s op te stel van hoe erg

die droogte kan wees. Met die lees hiervan, sal almal al beter ingelig

wees oor wat om in 2016 te verwag. Dalk is dit die jaar waaroor ek

gedroom het, waar daar dalk nie genoeg wit-

mielies in Suid-Afrika gaan wees nie – met

meulenaars wat gaan bontstaan om hulle

mieliemeel wit te hou. Dit is dalk ook nie on-

realisties om weer ‘n mengsel geelmieliemeel

in 2016 te sien nie. Die nare gedagte wat my

soms oorval, is dat die staat dalk in hierdie jaar

kan besluit dat hulle die graanmark beter kan

beheer as die vryemark en dan is beurtkos ‘n

realiteit.

Ons fondament dikteer egter iets heel anders!

Ons kan niks verander deur ons te verdrink in

slegte scenario’s nie. Dit is juis wat ons onder-

skei van die webjoernaal- (blog) skrywers

van ons land. Hulle wat net heeldag oor die

swart kant van die lewe kan skryf en dit so be-

sing dat mens dink dit is die enigste realiteit.

Miskien is dit maklik om te voorspel dat dit ‘n

baie moeilike jaar gaan wees – produksiege-

wys en ook ekonomies. Die verkiesing kan

dalk meer en meer geweld voortbring met

hoë voedselpryse as die dryfveer.

Ons het ‘n gebruik in die huis dat, as almal baie besig is, ons om die

tafel te sit en mekaar weer daaraan herinner dat ons daar is vir me-

kaar en dat ons nie met mekaar moet besig raak nie. Dus gefokus bly

met die regte doel voor oë.

2016 gaan ook ‘n verandering in ons leierskapspan meebring met

Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) se aankondiging dat hy

tydens Kongres 2016 gaan uittree. Na soveel jare en jare se diens

aan georganiseerde landbou en sy medeprodusente (om nie eers

van die duisende kilometers se ry na vergaderings te praat nie),

wens ons Louw sterkte toe as hy weer gaan “begin” boer. Ons wat

agterbly sal weer saam om die tafel moet sit en opnuut fokus.

Ek gaan nie hierdie jaar weer voorspellings waag nie, maar een ding

is seker en dit is dat ons by Graan SA onsself rat om die tuiste te

wees vir ons lede op wie ‘n moeilike jaar wag. Ons gaan saam met

julle juig as die reën kom en saam met julle huil as die oes nie daar

is nie. Laat 2016 dan die jaar wees van saamstaan om die bult uit

te stap.

Voorspoed vir 2016 aan alle graanprodusente van Suid-Afrika!

Die jaar van saamstaan

om die bult uit te stap

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Ek gaan nie hierdie jaar weer

voorspellings waag nie, maar een

ding is seker en dit is dat ons by

Graan SA onsself rat om die tuiste

te wees vir ons lede op wie ‘n

moeilike jaar wag.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Januarie 2016