Background Image
Previous Page  12 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 44 Next Page
Page Background

Nuwe uitdagings wag

N

a ‘n opwindende drie jaar in die graanbedryf, groet

Graan SA mnr Willem Voogt (bestuurder: Bemarking en

Finansies). Willem keer met ingang van Januarie 2016

terug na Megafreight Services, ‘n internasionale lug- en

seevragagent – hierdie keer in die posisie van adjunk-besturende

direkteur. Sy skuif vorm deel van die plan om die organisasie wat

reeds suksesvol opgebou is, te bevorder en nuwe dinamika aan die

besigheid te gee.

Van toe tot nou

Nadat hy sy BCom Rekeningkunde- en Honneursgraad in Finansiële

Bestuur aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, het Willem tot

die logistieke bedryf toegetree en deeltyds by die Chartered Institute

of Management Accountants studeer. Hy het in September 2012 by

Graan SA aangesluit.

“Die ondervinding wat ek by Graan SA opgedoen het, is van

onskatbare waarde. In die werksaamhede van ‘n bedryfsorganisasie

is die waarde van mense in die sukses van die bedryf vir my uitgelig.

So ook die belangrikheid van só ‘n organisasie se werksaamhede in

die breër politieke landskap van Suid-Afrika en sy graanbedryf,” het

Voogt gesê.

“Willem het as jong man by Graan SA ingestap en ons oorweldig met

hope energie, ‘n verstommende kennis van finansies en ‘n begrip vir

die groter prentjie van die graanbedryf. Hy het in ‘n baie kort tydjie

groot respek afgedwing en het ons finansies op ‘n nuwe platform

neergesit,” vertel mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder.

“Willem het groot projekte soos die herkapitalisering van lede in die

Landbou-ontwikkelingsprogram gelei om met eer (‘n skoon oudit) uit

die stryd te tree. Verder het hy die nuutgestigte Bemarkingsafdeling

gelei om ‘n nuwe en innoverende benadering op die proef te stel

en in die proses die rekord invordering van die vrywillige heffing

vir die 2013/2014-oes ook agter sy naam geskryf. Ons gaan hom

beslis mis en weet dat ons nog iewers in die sakewêreld weer van

hom sal hoor. Willem, jy is welkom om ‘n draai by NAMPO te kom

maak vir ‘n koffietjie in die ledelokaal. Mooi loop tot dan!” het

De Villiers afgesluit.

GRAAN SA

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

Willem Voogt wat die graanbedryf onlangs vaarwel

geroep het.