Background Image
Previous Page  10 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 44 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Groen is ‘n wenkleur...

a

sof in ‘n droom, het mnr Solomon Masango, die 2015

Graan SA/ABSA/John Deere Financial Nuwe Era Kom-

mersiële Boer van die Jaar, in ekstase toegekyk

hoe sy splinternuwe John Deere 5403 MFWD-trekker,

geborg deur John Deere Financial in vennootskap

met ABSA, Vrydag, 30 Oktober 2015 op sy plaas afge-

lewer word.

Met die eerste mielieplantjies reeds aan die opkom op die plaas

Brakspruit, wat deel vorm van die Ubuhle Uyazanzela CPA, het

Masango, sy vrou, Christina, en die plaaswerkers weer eens hul

waardering uitgespreek vir die werk wat Graan SA in sy Ontwikke-

lende Landbouprogram en studiegroepe doen. Masango was in ek-

stase oor die jongste toevoeging tot die boerdery en het John Deere

Financial nederig bedank en beloof om voortaan nog harder te werk

om dit uit te brei.

Afgri Middelburg het die trekker afgelewer en terselfdertyd aan

Masango ‘n oorsig van die trekker se spesifikasies en vermoëns

verskaf. As die naaste dienssentrum het Afgri Middelburg aan hom

die nodige opleiding gegee om sodoende die beste uit hierdie

wonderlike prys te haal.

Januarie 2016

8

1: Christina en Solomon Masango van die plaas

Brakspruit. Solomon is in November 2015 as die

2015 Graan SA/ABSA/John Deere Financial Nuwe

Era Kommersiële Boer van die Jaar aangewys.

2: Alwyn Small (bestuurder: Kredietverkope en

Bemarking, John Deere Financial), Christina en

Solomon Masango en Jacques van den Berg (tak-

bestuurder: Afgri Middelburg).

3: In met die nuut, maar nog lank nie uit met die

oud nie. Solomon Masango is trots op al twee sy

John Deere-trekkers.

4 en 5: Masango ontvang sy opleiding van

Johan Botha (bemarker: Heelgoedere,

Afgri Middelburg).

6: Masango, sy bestuurders en plaaswerkers is

vuur en vlam oor die werk wat nou wag.

2

4

6

5

3

1