Background Image
Previous Page  5 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 5 / 44 Next Page
Page Background

5

Grain SA Point of View:

The year of standing together

to ascend the hill

5

Uit die Woord

7

Om die waarheid te sê...

7

Op die kantlyn

38 Wiele vir die plaas:

Ford Everest: Die nuwe maatstaf

in die SNV-mark

40 E-posse aan Grootneef:

Hou die lemme skerp

Pannar se ultravinnige geelbasterpakket

is ’n staatmaker.

ISSN 1814-1676

3

Voorblad

/

Cover

i

n landboukringe word dikwels gewonder of die regering

‘n begrip het vir die gevolge wat beleidsonsekerheid vir

effektiewe produksie en suksesvolle markontwikkeling inhou.

Dieselfde twyfel wat betref die staat of regering se politieke

en ekonomiese voornemens heers ook in die mynbou- en

vervaardigingsektore van die ekonomie. Die enkele mees

morbiede waarneming wat betref beleidsonsekerheid, is dat kapi-

taaleienaars skugter is om te draal in ‘n omgewing waar alle rol-

spelersnie konformeer totgekodifiseerde spelreëlsnie.

Anders gestel: Waartoevoeging vereis bestendige omstandighede

en voorspelbare gedrag van die belangrikste rolspelers. Die

Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) is ‘n uiters gekodifiseerde blou-

druk, maar om komplekse of selfs onverstaanbare redes kan die

lojaliteit vandie regering jeensdieNOPmet regbevraagtekenword.

Die probleem ontstaan waarskynlik alreeds in die konseptuele

raamwerk van die NOP. Die regering se definisie van voedselseker-

heid verskil heel moontlik fundamenteel van dié van georganiseer-

de landbou.Sóookkonsepte soos landelikeveiligheid,ontwikkeling,

bemagtiging en grondhervorming. Die gebrek aan konsensus wat

betref hierdie konsepte het waarskynlik te doen met kompeterende

ideologieë.

Die staat beskou bemagtiging deur ‘n lens van staatsintervensie

en georganiseerde landbou verstaan bemagtiging as die natuurlike

nagevolg van ekonomiese groei. Die praktyk is egter aan landbou

se kant – veral as die relatiewe sukses van staatsintervensie gemeet

word aan die resultate van bemagtigingsprojekte wat produsente

op eie inisiatiefonderneem.

Daar is ‘n fundamentele verskil tussen die staat en die megaboere

se inisiatiewe. Dit is geleë daarin dat die regering nie die oordrag

van bates as die belangrikste oogmerk van bemagtiging beskou

nie. Die geskiedenis laat egter weinig illusies: Eienaarskap is funda-

menteel totbemagtiging.

In byna elke land in die wêreld waar eienaarskap en batebesit geëer

is, is relatiewe welvaart en bemagtiging ‘n gegewe. In suksesvolle

ekonomieë is die oordrag van eienaarskap wat betref bates, ‘n

eenvoudige, dog gereguleerde transaksie en die vloei van kapitaal

word bepaal deur die mark eerder as deur die teenwoordigheid of

onvoorspelbaarheid vandiverse risiko’s.

Belangriker egter, is dat bates – of die waarde wat akkumuleer as

gevolg van die waarskynlike appresiasie in die waarde van bates

–oorgedrawordvaneengenerasiena ‘nvolgende.Dieeenvoudigste

bewys daarvan, is die feit dat in suksesvolle politieke ekonomieë

bynaelkegenerasiematerieelbeteraf isasdievoorafgaandegeslag.

Die mensdom beleef, in algemene terme, ongekende voorspoed

vis-à-vis

hul voorgeslagte en eienaarskap is in die kern van daardie

dinamika. Die Chinese ekonomie en die lewenskwaliteit van daardie

land se mense het astronomies gegroei met die besef van hul

politieke leierskapdatwelvaart ‘nmarkgedrewe verskynsel is.

Sonder ekonomiese groei is relatiewe of selfs absolute armoede

‘n noodwendigheid; en kapitaalakkumulasie (ekonomiese groei)

vind slegs plaas onder omstandighede van mededinging en

investering. Sonder bates, egter, is beide mededinging en groei

blootgestel aan risiko’s wat onder meer geïnhibeerde groei insluit.

Maar die belangrikste kenmerk van eienaarskap en bate-besit is

dat dit vertroue in bepaalde ekonomiese aktiwiteite rugsteun; en

die ewewig van mededinging waarna markte behoort te streef, is

geweldig afhanklik van vertroue.

Dit is die rede waarom die bemagtigingsprojekte wat produsente

in Suid-Afrika self inisieer, byna altyd beter sal vaar as dié wat

geforseer word deur die ideologiese intensies van die staat. Die

kommersiële argitektuur van bemagtiging sal nooit tot wasdom

kom sonderdieoordrag vanbates, eienaarskap en titelaktesnie.

Daaruit vloei ‘n ander belangrike waarheid: Bemagtiging kan nie net

een van die deelnemende partye bevoordeel nie. Daar moet ook

bemagtiging in die transaksie of ooreenkoms wees vir die party wat

die risiko’s van die projek gaan dra. Wanneer produsente ‘n meet-

bare geleentheid tot groei in ‘n bemagtigingsprojek kan identifiseer,

hethuldeelnamewaarskynlik aansienlikmeer integriteit.

Die vraag is nou, hoe word die regering of die staat oortuig van die

waarde van bates en die oordrag van eienaarskap? Daar is geen

twyfel nie dat die ANC ‘n mate van wantroue jeens eienaarskap

as ‘n indikator van welvaart koester. Dit beteken nie dat arm Suid-

Afrikanersdieselfdewantroue troetelnie.

Kommersiële landbou en kapitaaleienaars moet self die proses

wat eienaarskap bevorder, dryf en bestuur. Produsente en die

sakegemeenskap het aansienlik meer gesag as wat hulle besef

– of wat hulle bereid is om te gebruik – in die onderhandeling van

bemagtigingstransaksies.

Gebruiksreg sonder eienaarskap gee nie alleen aan die staat on-

ewewigtige mag oor die bemagtigde nie, maar skep of bevestig

ook ‘n feodale ingesteldheid jeens welvaart wat inisiatief en die

bereidwilligheid om risiko’s te neem, inhibeer. Dus, indien landbou

bemagtiging enigsins wil laat wortel skiet op ‘n volhoubare basis,

sal produsente dit self moet doen. Dit is ‘n uitdaging, maar ook ‘n

geleentheid vir verderewelvaartskepping.

‹‡ƒƒ”•ƒ’ ‹• ˆ—†ƒ‡–‡‡Ž

–‘– „‡ƒ‰–‹‰‹‰

PIET CROUCAMP,

politieke ontleder

POLITIEKE

ont leding

AKTUEEL

Januarie 2016

26

le

POLITIEKE ONTLEDING

26

EIENAAR/UITGEWER

GRAAN SA,

POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040

Tel: 086 004 7246

E-pos:

www.grainsa.co.za

SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING

(ADRESVERANDERINGE):

Marina Kleynhans

SA GRAAN/GRAIN,

POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660

Tel: 086 004 7246

E-pos:

marina@grainsa.co.za

REDAKSIE

BESTURENDE REDAKTEUR:

Johan Smit

Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806

E-pos:

johan@infoworks.biz

REDAKTEUR:

Estie de Villiers

Tel: 081 236 0534 • Sel: 083 490 9449

E-pos:

estiedv@mweb.co.za

REDAKSIONELE ASSISTENT:

Elmien Bosch

Tel: 018 468 2716 • E-pos:

elmien@infoworks.biz

GRAFIESE ONTWERP:

Ashley Erasmus,

Infoworks Media Publishing

Tel: 018 468 2716 • E-pos

:

ashley@infoworks.biz

DRUKWERK:

Colorpress

Tel: 011 493 8622

MASSAVERSPREIDING:

Prosort

Tel: 011 791 0410

SPOTPRENTTEKENAAR:

Frans Esterhuyse

ADVERTENSIEVERKOPE

KOLBE MEDIA – Kaapstad

Jurgen van Onselen

Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874

E-pos:

jurgenvo@iburst.co.za

GRAAN SA HOOFKANTOOR

Blok C, Alenti Office Park

Witheritestraat 457

Die Wilgers

Pretoria

0041

Tel: 086 004 7246

Faks: 012 807 3166

Besoek Graan SA by

www.grainsa.co.za

of

skandeer dié QR-kode:

• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad

is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig die mening

van Graan SA nie.

The opinions expressed by contributors are their own.

They do not necessarily express the opinion of Grain SA.

• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-

inligting”-artikels feite kan bevat oor kommersiële produkte.

´Advertorials´ are paid articles; while ´product informa-

tion´ articles may contain facts on commercial products.

ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, teke-

ninge, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie

tydskrif gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbe-

hou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet

op Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.