Background Image
Previous Page  3 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 44 Next Page
Page Background

1

January 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Piet Croucamp, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Alzena Gomes, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Hans Lombard, Corné Louw,

Pieter Rademeyer, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Liana Stroebel, Wayne Truter en Gerrie Trytsman

o

upa Henry is dood sonder dat hy ooit die see gesien het

– wat nog te sê oorsese lande! Hy was gelukkig en tevrede

om net op die plaas te wees. My ma het na hulle troue die

eerste keer vir my pa die see gaan wys. Selfs hý was op sy

gelukkigste as hy net op die plaas kon wees. Pa het sommer

fisies siek geword as hy vir ‘n paar dae by iemand moes

gaan kuier of met vakansie was. En as jy van vlieg gepraat het, het hy jou

net ‘n skewe kyk gegee.

Ek was bevoorreg om Indië aan die begin van Desember te kon be-

soek. Die bandevervaardiger BKT het 120 joernaliste van oor die wêreld

genooi om hulle nuwe bandefabriek in Bhuj te besoek en ‘n kongres

in Moembaai by te woon. (Meer hieroor in die Februarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

.)

Wat ‘n ervaring! Wat ‘n belewenis! Ek was al in Europa, maar Indië

was ‘n heel nuwe kulturele belewenis! Buiten dat die mense hulle eie

unieke, kleurvolle kleredrag het, is hulle kos ook baie anders as die

Westerse kos waaraan ons gewoond is. ‘n Mens kry kerriegroente vir

ontbyt, middag- en aandete en nou en dan ‘n stukkie hoender of vis by.

Dit is ongelooflik geurig en baie lekker, maar ‘n plaasdogter wat van

haar rooivleis hou, droom mos maar later van ‘n sappige steak en ‘n stuk

biltong met geelvet! Dit is ook nogal ‘n (skrikwekkende!) ervaring om in

Moembaai te ry. (Gelukkig hoef ek nie self te bestuur het nie – ek sou ‘n

senuweewrak wees!) Die Moembaaiers glo nie aan flikkerligte nie. Die

belangrikste “instrument” in die hele motor/bus/taxi/motorfiets is die

toeter. As jy by iemand verby gaan, druk jy die toeter. As iemand te naby

aan jou ry, druk jy die toeter. As jy wil draai, druk jy die toeter. En as jou

toeter nie werk nie, het jy ‘n probleem...

Moembaai het die ongelooflikste mooi geboue. Dit het, volgens ons

toergids, die tweede meeste Art Deco-geboue in die wêreld. Daar is

egter ook ‘n skerp kontras: Jy ry verby superrykes se miljoen dollar-

huise om net ‘n entjie verder aan verby gehuggies (amper soos

die plakkershuise in Suid-Afrika) te ry waar die mense ‘n winkel aan die

voor- of onderkant bedryf en agter (of bo-op) die winkel bly.

Vir my was een van die hoogtepunte van die toer die interaksie met die

joernaliste van ander lande. Ons het mekaar omtrent oor-en-weer

uitgevra oor ons lande van herkoms en spesifiek oor landbou in die

vreemde lande. Persepsies is weerlê en vriendskapsbande is gesmee.

My voorneme vir die nuwe jaar is om uit my gemaksone te beweeg en

meer oop te wees vir nuwe ervarings – soos met die reis na Indië.

Kyk uit vir

Graangids

Saam met die uitgawe van

SA Graan/Grain

word die

Graangids

, ‘n land-

bounaslaangids, versprei. Buiten kontakbesonderhede van insetver-

skaffers, word waardevolle inligting oor saad, geldsake en finansiële

dienste, bemesting, werktuie en toerusting asook geïntegreerde plaag-

beheer hierin gepubliseer. Dit is ‘n handige publikasie om sommer voor

in jou bakkie se paneelkissie of naby die foon te bêre.

Voorspoed vir 2016!

Groete!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

p

iet Croucamp

is gebore in die

suidelike deel van Namibië,

Keetmanshoop, maar het soos

‘n rolbos landswyd grootge-

word en uiteindelik aan HTS Wind-

hoek matriek geskryf.

Sy aanvanklike studies was aan die

Universiteit van Stellenbosch, maar hy het sy Meestersgraad

aan die destydse RAU (nou Universiteit van Johannesburg)

voltooi en ‘n doktoraal aan die Universiteit van die Vrystaat

verwerf. “Ek het uiteindelik by die Universiteit van die

Noorde beland wat geboorte gegee het aan my akademiese

loopbaan. Na vele omswerwinge het ek by die Universiteit

van Johannesburg beland. Omdat my grootoupa se DNS (hy

was ‘n boer uit die suide van Namibië) steeds dikker in my are

vloei as water, het skaapboerdery nog altyd iewers in my wese

geskuil. Ek karring steeds daar, teen my beterwete, aan met

Dorperskaap.

Piet het twee kinders: Lazelle (17) en ‘n 13-jarige “rampokker”,

Schalk. In hierdie uitgawe behartig hy op

bladsy 26

ons

kwartaallikse politieke ontleding.

K

unsmispryse volg meestal internasionale

graanprystendense. Omdat daar groot interna-

sionale graanvoorrade is, is pryse relatief laag en

hou dit internasionale kunsmispryse onder druk.

Die produksiekapasiteit van kunsmis in die wêreld

is ook tans besig om vinniger toe te neem as wat

die vraag toeneem, wat groter kunsmisvoorrade

tot gevolg kan hê. Volgens

CORNÉ LOUW

(Graan SA) – op

bladsy 17

– kan al die bogenoem-

de faktore kunsmispryse onder druk hou.

D

ie jaarlikse Plaaspersoneel Ontwikkelingsdag

wat deur Overberg Agri gereël word, het in

September 2015 in die Wes-Kaap plaasgevind.

Verskeie gassprekers het waardevolle inligting

by hierdie sessies met 400 plaaswerkers gedeel.

Daar is onder andere oor beroepsgesondheid en

-veiligheid op die plaas gesels en die hantering

van persoonlike finansies.

LIANA STROEBEL

(Graan SA) het meer vertel van die verskeie

Graan SA-opleidingskursusse wat vir alle

plaaswerkers in die Wes-Kaap beskikbaar is.

Op

bladsy 27

gee sy terugvoer oor die dag.

P

laasveiligheid is jou eie verantwoordelikheid

en geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg

dat jy nie ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmis-

daad sal word nie.

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/

Grain

medewerker) maan produsente om seker te

maak dat jy ‘n plan het van wat om te doen as daar

‘n insident op jou plaas sou wees. Beskermings-

maatreëls gaan jou nie vrywaar van ‘n insident

nie, maar gaan die booswigte vertraag en/of jou

waarsku om jouself voor te berei op dít wat kan

volg. Meer daaroor op

bladsy 32

.

A

sof in ‘n droom, het mnr Solomon Masango,

die 2015 Graan SA/ABSA/John Deere Financial

Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar, in

ekstase toegekyk hoe sy splinternuwe John Deere

5403 MFWD-trekker, geborg deur John Deere Fi-

nancial in vennootskap met ABSA, in Oktober 2015

op sy plaas afgelewer word.

ALZENA GOMES

(Graan SA) was ook daar en vertel in

Lede-

landskap

op

bladsy 8

hiervan.