Background Image
Previous Page  3 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 68 Next Page
Page Background

1

February 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Abrie Coetzee, Kobus Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, David Evans, Bradley Flett, Alzena Gomes, Elmarie Helberg, Elbé Hugo, Willie Human,

Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Dirk Kotze, Corné Louw, Tjaart Myburgh, Joggie Otto, Laura Pendrali, Alana Pretorius, Louis Reynolds, Loureine Salomon,

Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Sonia Steenkamp, Liana Stroebel, Adri Theron, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Johnnie van den Berg,

Marlene van der Walt, Schalk van Wyk, Nico Vermaak en Johan Viljoen

i

s die gebruik van sakdoeke besig om uit te sterf? Ek praat nie

van die groot papiersneesdoekies wat sommige mans gebruik nie.

Ek praat van ‘n propperse groot lapsakdoek. Soos dié wat my pa

altyd gebruik het. Dié soort wat elke wasdag gewas en gestryk

moes word. In ons uitgebreide vriendekring is daar maar twee

mans wat altyd ‘n sakdoek by hulle het.

Jy sou my pa nooit sonder ‘n sakdoek kry nie. “‘n Mens weet mos nooit

wanneer jou neus kriewel, ‘n nies jou oorval, jou bles in die warm son

sweet of een van die kleinkinders met ‘n nerfaf knie by jou aankom nie

– heel handig om sommer die trane, ‘n loopneus en die bloed mee af

te vee,” het Pa hieroor geredeneer. My ouma het ook altyd ‘n fyn sak-

doekie byderhand gehad – in haar

brassière

se bandjie of trui se mou

gebêre. My twee meisiekinders noem dit “hoesdoekies”. Na hierdie sei-

soen kan ons die sakdoek egter herdoop na “huildoekie” toe.

Ek dink die afgelope seisoen moes produsente se sakdoeke meer as

een keer trane afvee...en nie net ‘n kleinkind s’n nie. Sommige weer-

kenners bespiegel dat dit die ergste droogte in meer as 90 jaar is. Ek

self moet sluk aan die knop in my keel as ek die foto’s op

Facebook

sien van uitgeteerde diere wat met honger, leë oë na die kamera lê en

staar, van lande wat verlede seisoen groen in die mielies gestaan het

en wat vanjaar soos ‘n prentjie uit ‘n woestynlandskap lyk. En ek sit

in ‘n koel kantoor...in die stad. Ek het nie diere wat my honger aankyk

nie. Ek kan ‘n gieter vat en die kraan oopdraai as die plante in die tuin

verlep hang...ek is nie DAAR nie.

In sy rubriek

Graan SA Standpunt

vertel Jannie de Villiers (uitvoe-

rende hoofbestuurder: Graan SA) van die hartverskeurende reis wat

hy die begin van Januarie aangepak het om self te gaan kyk wat in die

droogtegeteisterde gebiede aangaan. “Hoe sou ek die Minister kon

adviseer as ek dit nie eerstehands gesien het en dít wat in die lande

aangaan self beleef het nie?”

Hy vertel van die wedervaringe op sy reis. En wonder hoe ‘n mens jou

emosies in woorde kan omsit sodat ander dit ten volle kan verstaan:

“Wie is ek om te probeer om produsente se emosies oor hul plase en

hul mense te omskryf en die diere wat nie verstaan waar die gras en

water is nie?”

Want wat sê ‘n mens vir iemand wat sien hoe alles waarvoor hy en sy

voorgeslagte so hard gewerk het, besig is om voor hom weg te droog?

Dood te brand? Dood te gaan? Ons in die dorpe en stede probeer om

te help – hoe klein ons bydrae ook al is. Al is dit net om ‘n 5 liter water

saam met jou kind skool toe te stuur sodat dit na die mense gestuur

kan word waar daar nie meer drinkwater is nie. Óf om ‘n donasie te maak

tot die Droogterampfonds. Óf om net op jou knieë te gaan...

In hierdie tyd hoor ‘n mens egter ook aangrypende stories van hoe

buurmanne mekaar help: Weiding beskikbaar stel, ‘n planter stuur as

daar ‘n paar druppels by jou geval het om gou te help klaar plant, vreem-

delinge wat voer skenk en van ver af laat aanry.

Want soos wat Jannie de Villiers sê: “Saam staan en saam oorleef – dit

is wat ons sal moet doen.”

Sterkte!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons medewerkers...

t

ydens die November Redaksievergadering is die jaarlikse

afsluitingsfunksie gehou wat deur verskeie van die tydskrif

se gereelde medewerkers bygewoon is. Baie dankie aan

elkeen wat so getrou bydraes vir die tydskrif instuur. Lees

ook die artikel op

bladsy 13

.

T

he beginning of 2016 saw heightened concerns

about the erratic rainfall distribution, with all

previous maize projections being revised down-

wards to ‘severe’ and ‘disaster’ scenarios. Many

fear that Southern Africa may be on the

brink of the worst drought recorded in history,

surpassing the levels reached in 1992. Will South-

ern Africa cope with the current drought? Read

what

WANDILE SIHLOBO

(Grain SA) and

TINASHE KAPUYA

(Agbiz) write about it on

page 38

. It is important to note that the summer

crops are still in early growing stages, hence there

is no certainty about the final crop production

volumes. All these factors will affect the import

volumes and prices, but the emerging outcome

will be much clearer within the next two to three

months, once crop assessments have been

completed across the SADC region.

N

et omdat die feesseisoen verby is, beteken dit

nie ‘n mens moet nou ophou onthaal nie. Op

bladsy 61

verduidelik

ABRIE COETZEE

(onthaal-

en dekorspesialis) in sy rubriek

Kuier saam met

Abrie

hoe hy vir

high tea

dek. Van porseleinkop-

pies (erfstukke) tot teepotte, melkbekertjies en

suikerpotjies met gedraaide voetjies en rosies;

klein, goue koekvurkies en lepeltjies en ‘n klontjie

suiker wat met ‘n knyptangetjie geskep word tot

fyn servette en

petit-fours

, pienk malvakoek en

wasige sponskoeke – alles pragtig en heerlik vir

die perfekte

high tea

.

D

aar is al baie in die literatuur geskryf oor

die voor- en nadele van verskillende plant-

spasiërings by grondbone, maar dit laat die pro-

dusent met meer vrae as antwoorde. Op

bladsy 18

vertel

LOUREINE SALOMON

(LNR-

Instituut vir Graangewasse) waarom die korrekte

spasiëring van grondbone essensieel is. Volgens

haar is daar egter meer as net plantspasiëring wat

in ag geneem moet word wanneer grondbone

aangeplant word. Goeie beplanning strek van

voor planttyd tot midde-in oestyd.