Background Image
Previous Page  6 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 76 Next Page
Page Background

4

d

ie jaar het afgeskop en is vol-

stoom aan die gang. Ons spanne

is besig met streeksvergaderings

in die veld om inligting te deel en

die gemoedstemming op grond-

vlak te bepaal voor ons Kongres

2015 aanpak.

Dit bly maar altyd vir my ‘n lekker ervaring

om saam met al die produsente te dink oor

die toekoms en dít waarmee Graan SA besig

moet bly. Ons staan nou die aand by Lekker-

rus in Limpopo om die vure ná die vergade-

ring en praat oor die gaping tussen die dinge

waarmee elke produsent daagliks besig is op

die plaas en die dinge wat oor my tafel gaan.

“Ja, Graan SA kommunikeer beter as in die

verlede, maar die gaping bly steeds daar,” was

een van die opmerkings.

Mnr WillemGroothof (Graan SA-hoofbestuurs-

lid) verduidelik aan die manne wat hy beleef

het toe hy die eerste paar Hoofbestuursvergaderings bygewoon

het en die gaping wat hy moes oorbrug vanaf plaasvlak na nasio-

nale sake.

Ons het ook oor die weer gepraat en dit was wonderlik toe ons ete

op die ou end deur ‘n heerlike bui reën onderbreek is en ons lekker

in die reën teruggery het Pretoria toe. Die mark (en die produsente)

raak elke dag al hoe meer senuagtig as daar nie reën vir die Noor-

de voorspel word nie. Ons bly maar so afhanklik van ons God om

te voorsien.

Die menigte in ons land wat bykans net ‘n van-die-hand-tot-die-

mond-bestaan voer, is soms so totaal onbewus van die mini-krisisse

wat elke dag op die plaas afspeel om kos vir die nasie te voorsien.

Olieprysdalings hou goeie vooruitsigte in vir sekere insette, maar

kan nogal die internasionale mark befoeter as die voorrade bly

styg. Dít ten spyt, bly die vraag na graan steeds styg en gee dit ons

steeds moed.

Daar is heelwat onweerswolke in die lug oor die Graan SA se

Graanprodusentontwikkelingsprogram en ons leiers sal binne-

kort groot besluite oor die toekoms daarvan moet neem. Die nuwe

trustees wat die minister op die graantrusts aangestel het, is nie

meer produsente of wetenskaplikes nie, maar wel politikusse.

Hulle bring nuwe sienings en prioriteite en beskik in sommige

opsigte oor min ervaring van die graanbedryf. Baie van die huidige

projekte word opnuut besoek en baie vrae word gevra. Dit op sig-

self is nie ‘n probleem nie, maar die vrye mark het nie baie aptyt

vir inmengerigheid nie. Dit is dinge waarmee ons baie omsigtig

moet omgaan.

Daar is ook groot opgewondenheid oor die hand wat die adjunkmi-

nister van Landbou (generaal Bheki Cele) na georganiseerde land-

bou uitsteek. Teen die einde van Januarie vanjaar, sou al die bedrywe

kans gehad het om hulle vreugdes en uitdagings met die ministerie

te kon deel en saam na oplossings te soek.

Ek is ook opgewonde oor die nuwe verwikkelinge en brawe be-

sluite wat in die koringbedryf geneem word. Ek hou dit natuurlik met

besonderse belangstelling dop, aangesien ek ‘n groot hand in die

ontwikkeling van die huidige bestel gehad het toe ek nog aan die

ander kant van die draad was. Soos toe, het ek nou baie min vrien-

de aan die ander kant van die draad...Wat my egter bemoedig, is dat

die bedryf saam besluit het dat dit tyd is vir drastiese veranderinge.

Ek probeer elke jaar by ander streke ‘n draai maak, sodat ek darem

so oor tyd oral in die land by ons lede kan uitkom. Hoop ek sien

jou iewers by een van die streeksvergaderings of by Kongres.

Reeds uit die wegspringblokke

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...is soms so totaal

onbewus van die mini-

krisisse wat elke dag op

die plaas afspeel om kos

vir die nasie te voorsien.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Februarie 2015