Background Image
Previous Page  12 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

10

GRAAN SA

Graan SA Kongres vind

op 4 en 5 Maart op

NAMPO Park plaas.

Ons wou graag ons werkers die geleentheid bied om te streef na

groter doelwitte waaruit hulle finansiële voordeel kan trek. Hierdie

was ook ‘n geleentheid om ons werkers die nodige opleiding te gee

sodat hulle stelselmatig ‘n eie besigheid kan bestuur wat ten bate

van hul nageslag sal wees.

Wat is die model se sterkpunte?

Die feit dat almal betrokke by hierdie projek, werklik die gesament-

like doel het om hierdie projek te laat werk en ‘n sukses daarvan

te maak. As meerderheidsaandeelhouers is ons gemotiveerd om

‘n sukses te maak van hierdie besigheid. Ons glo daarin om die

besigheid met ‘n langtermynoogpunt te bestuur tot voordeel van

almal betrokke.

Die maatskappy se boeke word deurlopend geoudit en ‘n finan-

siële kundige waarmee die begunstigdes gemaklik voel, word deur

die ouditeurs voorsien, om toe te sien dat die begunstigdes deeglik

die finansiële proses verstaan en vertrou.

Die feit dat die plaas tussen die twee mentors se plase is, maak

dit logisties maklik om gereeld as mentors toe te sien dat die

begunstigdes die regte boerderypraktyke volg en toepas.

Is daar uitdagings?

Die grootste uitdaging vir die begunstigdes is om hulle lening

terug te betaal. Die begunstigdes moes ‘n lening aangaan om hul

aandeelhouding in die maatskappy te bekom. Gelukkig is dit ‘n

goeie plaas waarin die begunstigdes ‘n aandeel het, met ‘n hoë

opbrengspotensiaal wat dit makliker maak om die terugbetalings

te finansier.

Wat bepaal volgens julle die sukses van

hierdie projek waarby jul betrokke is?

‘n Deurslaggewende faktor is dat ons saam met die begunstigdes

boer en só deur die waardevolle kennis wat ons van landbouprak-

tyke het, op ‘n deurlopende en stelselmatige wyse kan oordra aan

die begunstigdes.

Beide die begunstigdes en mentors is hoogs gemotiveerd om ‘n

sukses van hierdie projek te maak en die onderskeie partye het al

vir die afgelope vier jaar ‘n suksesvolle wedersydse werksver-

houding. Die finansiële hulp wat die Departement van Landbou

met die insetkoste bygedra het die afgelope twee jaar, het definitief

bygedra tot die sukses van hierdie projek.

Julle boodskap aan ander kommersiële

produsente daar buite?

Die begunstigdes vir wie jy wil bemagtig, moet ‘n liefde en

belangstelling in landbou hê en gemotiveerd wees om hiervan

‘n sukses te maak. Só ‘n projek het nie plek vir ‘n “ons besigheid

– hulle besigheid” uitgangspunt nie. Dit moet uit die staanspoor ‘n

spanpoging wees.

Daar is baie rolspelers in die landbou wat jou kan help om so ‘n

projek suksesvol aan te pak. Kontak gerus Graan SA en die

Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Bemagtigingsmodelle wat in die Wes-Kaap werk

Kongres 2015 kyk na volhoubare

graanproduksie tydens grondhervorming

G

rondhervorming is tans ‘n vuurwarm onderwerp wat

deur beleidmakers, politieke partye, bedryfsorganisasies

en produsente gedebatteer word. Dit is dus heel aktueel

en relevant dat vanjaar se Graan SA Kongres gaan fokus op

volhoubare graanproduksie tydens grondhervorming.

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, minister Senzeni

Zokwana, sal ook die Kongres bywoon en as spreker optree.

Die eerste kongresbespreking, “Volhoubare graanproduksie tydens

grondhervorming”, sal ingelei word deur minister Zokwana en

mnr Kip Tom (besturende lid van Tom Farms LLC, Indiana, VSA).

Tydens die paneelbespreking sal mnr Roelf Meyer (direkteur: In

Transformation Initiative) gesels oor hoe om die Nasionale Ontwik-

kelingsplan, voedselsekerheid en volhoubare produksie te versoen,

terwyl dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA)

sal kyk na die navorsingsfokus vir die graan- en oliesadebedrywe

vir volhoubare produksie.

‘n Tweede gespreksessie word beplan waartydens die praktiese

implementering van grondhervorming deur mnr Japie Grobler (voor-

sitter: ASUF) ingelei sal word en mnr Schalk Pienaar (voorsitter:

Agbiz) tydens die paneelbesprekings oor die finansiering van grond-

hervorming sal gesels. Mnr Andrew Makenete (direkteur: Manama

Hole en Musa Capital) sal praktiese voorstelle vir grondhervorming

gee, terwyl me Preline Swart (Swart Boerdery) probleme wat deur

nuwe toetreders oorbrug moet word, sal bespreek.

Paneelbesprekings sal gelei word deur mnr Max du Preez (skry-

wer, joernalis en analis) en daar sal ruim geleentheid gebied word

vir interaksie deur direkte gesprekvoering asook die sosiale media,

met die onderskeie sprekers en lede van die paneel.

Dag 2 (5 Maart) sal fokus op die werksaamhede van die onderskeie

bedryfswegbreekgroepe, waartydens bedryfspesifieke aangeleent-

hede aangespreek sal word.

Navrae

Indien daar enige navrae is, kontak me Patricia Mahlatsi of me Ilray

Stuurman (afgevaardigdes uit streke), me Nita van der Merwe (gas-

te-uitnodigings) of mnr Nico Vermaak (oorhoofse Kongresreëlings)

by 08600 47246.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain