Background Image
Previous Page  11 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 76 Next Page
Page Background

4

Bemagtigingsmodelle wat

in die Wes-Kaap werk

D

ie bemagtiging van plaaswerkers en kleinboere is ‘n kon-

sep wat die afgelope tien jaar toenemende aandag op

alle vlakke van die landbousektor geniet het. Ons praat

met baie produsente wat vir jare lank met idees en planne

in hulle koppe rondloop, maar nog nie die regte struktuur of vry-

moedigheid gehad het om dit te implementeer nie.

Ons as mense probeer almal om tot ‘n mate verandering te vermy

en onsekerheid nog meer! Die doel van hierdie artikel is om lig te

werp op bemagtigingsinisiatiewe wat in die praktyk werk en dien as

voorbeelde van wat moontlik is.

Ons beoog om oor die volgende paar maande vier praktiese be-

magtigingsmodelle met lesers te deel. Hierdie modelle dien slegs

as ‘n raamwerk en is totaal aanpasbaar. Dit is belangrik om in ge-

dagte te hou dat die produsente wat hierdie inisiatiewe dryf en/

of mentor, ook aanvanklik met ‘n basiese raamwerk begin het en

onsekerhede gehad het, maar oor tyd hulle modelle aangepas het

volgens hul eie visie, behoeftes en omstandighede.

Graan SA gesels met mnre Corne Rust en JP Truter van Knolkop

Boerdery, buite Moorreesburg.

Hoe presies werk die model waarby julle

betrokke is en wat is julle rol?

In 2010 het ons ‘n plaas gekoop wat grens aan ons bestaande plase.

Ons het ‘n maatskappy gestig wat die besigheid bedryf onder

die naam Knolkop Boerdery. Daar is drie aandeelhouers in die

maatskappy, naamlik: I.C. Rust (37%), JP Truter (37%) en Knolkop

Bemagtigings Trust (26%).

Die maatskappy boer met koring en medics en die wins word

volgens aandeelhouding versprei. Skaapboerdery, hooisny en baal-

werk word slegs tot die alleen voordeel van die Trust bedryf.

Rust is as mentor verantwoordelik vir die skaapboerdery saam

met mnr Jacobi Cleophas. Truter is as mentor verantwoordelik vir

die saaiery en medics saam met mnr Jacob Afrikaner. Beide is op

gereelde basis regdeur die jaar besig om aan die nege begunstig-

des die nodige opleiding en vaardigheid te leer om uiteindelik

stelselmatig meer onafhanklik te funksioneer.

Waar kom julle vandaan en wat is jul

agtergrond?

Ons het albei grootgeword in die boerderyopset in die Swartland-

distrik. Albei ons families is al sowat vier geslagte lank betrokke

by die onderskeie boerderye. Ons het dus die voorreg gehad om

waardevolle ondervinding en kennis wat deur geslagte oorgedra

is, toe te pas en verder uit te brei.

Ons het landbou studeer aan die Elsenburg Landbou Opleidings-

instituut op Stellenbosch en het albei onderskeidelik 20 jaar onder-

vinding in koring, skaap en beesboerdery.

Wat het julle gemotiveer/geïnspireer om

by bemagtiging betrokke te raak?

Ons is deel van die nuwe generasie produsente wat glo dat

landbou ‘n kardinale rol speel in die vooruitgang en sukses van

Suid-Afrika se ontwikkeling. Ons wou al ‘n geruime tyd betrokke

raak by bemagtiging en die plaas wat tussen ons plase in die mark

gekom het, was daardie gulde geleentheid.

9

February 2015

GRAAN SA

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

– Deel 1

1: Lede van die Knolkop Bemagtigings Trust.

2: Begunstigdes inspekteer hul koring.

3: ‘n Baie gesonde medics kamp.

4: Jacob Afrikaner berei voor vir planttyd.

5: Uitsig oor ‘n gedeelte van Knolkop se grond.

6: Skeertyd op Knolkop.

7: Graan SA-studiegroepvergadering bygewoon deur Knolkop-produ-

sente asook ander ontwikkelende produsente uit die omgewing.

1

2

3

7

6

5