Background Image
Previous Page  3 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 76 Next Page
Page Background

1

February 2015

Ontmoet ons medewerkers...

d

it is dikwels minder inspanning om agter die kamera

in te skuif as om self vir die kamera te glimlag. Dit het

die redaksie en medewerkers van

SA Graan/Grain

besef toe hulle tydens die redaksie-afsluiting op

21 November verlede jaar op NAMPO Park hul plek moes in-

neem vir ‘n groepfoto.

SA Graan/Grain

se redaksionele span bestaan uit ‘n kernredak-

sie onder leiding van Johan Loxton (bestuurder: Kommersiële

Dienste, Graan SA), Estie de Villiers van Infoworks (redakteur),

Johan Smit van Infoworks (tegniese redakteur) en Jurgen

van Onselen van Kolbe Reklame (advertensiebestuurder).

Die landbou-ekonome, ander tegniese spesialiste en bemar-

kingspersoneel van Graan SA tree op as gereelde medewer-

kers oor elke faset van insette, produksie en bemarking in

die graanbedryf. Die Landbounavorsingsraad lewer ‘n stewige

bydrae tot die inhoud van die tydskrif deur middel van navor-

sers en tegniese personeel verbonde aan onder andere die

LNR-Instituut vir Graangewasse, die LNR-Kleingraaninstituut

asook die LNR-Instituut vir Landbouingenieurswese. Spe-

sialisbydraes van kundiges uit die breë graan-, meganisasie en

veebedryf verskyn gereeld in die tydskrif.

SA Graan/Grain

bring hiermee hulde aan elke medewerker

en adverteerder wat ‘n bydrae lewer om te verseker dat die

tydskrif, as die graanprodusent se kennisvennoot, maandeliks

gepubliseer word.

C

oncern has been shown about the persistent

decline of areas sown to wheat in South Africa.

In 1982, South Africa cultivated more than two

million hectares of wheat and have ever since

declined to 482 000 hectares in 2014 with the

majority of the area lost in the summer rainfall

region, or more specifically, the Eastern Free

State. In the article “How do we compare with

’down under‘?”

DIVAN VAN DER WESTHUIZEN

and

LINDSAY TRAPNELL

make a comparison

between the South African and Australian wheat

industries in order to measure and benchmark

the relative competitiveness of the South African

wheat industry with a large global player such as

Australia (

page 51

).

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Usman Aly, Rona Beukes, Pietman Botha, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Bradley Flett, Elmarie Helberg, Ashley Herbert, Stephan Hochstein, Koos Kirsten,

Wessel Lemmer, Corné Louw, Frans Minnaar, André Nel, PJ Pieterse, Ruth Schultz, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Loureine Salomon, Liana Stroebel, Lindsay Trapnell,

Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Hans van der Berg, Divan van der Westhuizen, Willem Voogt en Andries Wessels

h

ulle het ingetrou! Twee keer!” bel my middelste broer

my nou die dag uit die bloute; hoogsontsteld. “Huh?

Wie? Wat? Waarvan praat jy?” vra ek oorbluf.

Hy het die familiestamboom en -name begin navors en êrens baie

lank terug het twee agterkleinneefs en -niggies met mekaar ge-

trou – wat seker nie snaaks vir daardie jare was nie. (Of was dit?)

Dit is baie interessant om te sien wie waarvandaan kom; hoe-

veel kinders elkeen gehad het; en wat die ou familiename was.

(En hoeveel vrouens party gehad het; die arme vrouens is baie

vroeg dood...Seker ook geen wonder as ‘n mens kyk na al die or-

relpypies wat elkeen gehad het nie!) Die meeste van ons voorsate

was ook produsente gewees...Boerdery loop sterk in ons bloed.

Ek was onlangs bevoorreg om saam met ander landboujoernalis-

te op ‘n Absa-mediatoer na die Stellenbosch- en die Breedekloof

wynvallei-area te gaan (sien bladsy 62). Wat my veral opgeval

het, buiten natuurlik die natuurskoon en heerlike wyn, is die on-

gelooflike familiegeskiedenis en ryke tradisies op hierdie ou wyn-

plase. Op die plase wat ons besoek het, boer daar sesde; sewende

en agtste geslagte wat steeds in die ou, statige herehuise woon

wat al vroeg in die negentiende eeu gebou is.

Dit was ook baie interessant om met van die wynprodusente te

gesels en te hoor dat hulle ook maar met dieselfde probleme en

kopsere as graanprodusente worstel: Hoë insetkoste; natuur-

elemente; uitvoere na oorsese markte waar produsente gesubsi-

dieer word; en arbeidsaangeleenthede.

In dié uitgawe vergelyk Divan van der Westhuizen en Lindsay

Trapnell van BFAP, die Suid-Afrikaanse en Australiese koringbedryf

met mekaar. Moenie die artikel “How do we compare with ’down

under‘? Measuring and comparing the competitiveness of the

South African wheat industry with Australia” – op bladsy 51 – mis-

loop nie.

Wessel Lemmer en Corné Louw (albei senior ekonome van

Graan SA) het ook onderskeidelik gaan kyk na “Gaan die laer ru-

oliepryse ‘n groot impak op die VSA mieliemark hê?” (bladsy 30)

en “Is laer ruoliepryse = laer insetpryse?” (bladsy 34).

Lekker lees tot volgende maand! Sien julle by Kongres.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT