Background Image
Previous Page  10 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

8

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Graanprodusent van die Jaar 2013 geniet

Syngenta se gasvryheid in Switserland

s

yngenta, as hoofborg van die Graan SA/Syngenta Graan-

produsent van die Jaar-toekenning, bied jaarliks ‘n sewe-

dae-vakansie in Switserland aan die wenner van hierdie

gesogte toekenning.

Nadat die Rhys Evans Groep hierdie eer te beurt geval

het gedurende 2013, het mnr Anthony Evans aan mnr Arno Cronjé

(algemene bestuurder van die Rhys Evans Groep) en sy vrou, Jean-

nine, die geleentheid gebied tot hierdie wonderlike ervaring. Hul

besoek wat gedurende September verlede jaar plaasgevind het,

het ook besoeke aan Syngenta se hoofkantoor in Basel en die na-

vorsingsfasiliteit in Stein ingesluit.

Tydens hul besoek aan Basel het mnr Jan Suter, Syngenta se hoof:

Afrika en Midde-Ooste en mnr David Ashton hul ook na mielie-aan-

plantings in die omgewing geneem. Cronjé beskryf hul besoek aan

Stein as een van hul interessantste uitstappies ooit.

Hier het hy die geleentheid gehad om by die behandeling van

mieliesaad, ook die bedekkingsproses (

coating

) te kon waarneem

– nie net die proses in die laboratorium nie, maar ook die praktiese

toetse in plantereenhede. Volgens Cronjé het sy mond letterlik

oopgehang oor die omvang en akkuraatheid waar plante en insekte

in die kweekhuise vermeerder word om produkte te toets.

Volgens hom was dit vir hulle ‘n ongelooflike ervaring en die enorme

omvang van die navorsing wat Syngenta doen voordat ‘n produk

in die mark kom, het hom opnuut oortuig van die kwaliteit van die

produkte en Syngenta se rol as vennoot in die boerdery.

Die Cronjé’s en die Evans Groep het groot waardering vir die ge-

leentheid wat Syngenta aan hulle gebied het met hierdie ongeloof-

like toer. Hulle het ‘n paar dae in Lucerne deurgebring vanwaar hulle

verskeie besienswaardighede besoek het.

Hul besoek aan Mt Titlis, waar hulle met ‘n reeks kabelkarre die

berg opgeneem is, was gewis ‘n hoogtepunt. Daar het hulle ook die

geleentheid gehad om oor ’n hoë hangbrug te loop en deur ‘n glet-

sergrot te stap.

Die groot bederf het ook besoeke aan Mt Pilatus (met die steilste

treinspoor ter wêreld), Stanserhorn se ultramoderne kabelkarre en

Davos ingesluit, waar hulle die prag van die Alpe kon ervaar. Gewis

iets wat hulle nie op Viljoenskroon sou kon ervaar nie!

HANS VAN DER BERG,

ledebemarking en kommunikasiebeampte, Graan SA

Ten spyte van die -3°C-temperatuur op Mt Titlis, geniet Arno en Jean-

nine Cronjé, in lieflike sonskyn, die pragtige uitsig vanaf een van die

hoogste pieke vanwaar jy groot dele van Switserland kan sien.

SA Graan/Grain

redaksie

Nuusbrokkies

Bothaville gebou verkoop

Welcome

Die Graan SA gebou op Bothaville is in

die proses om oorgedra te word aan die

Abel Bezuidenhout Familietrust.

Graan SA huur steeds kantore by die

nuwe eienaar, as basis vir werksaamhede

te NAMPO Park. Nico Vermaak (bestuur-

der: Korporatiewe Dienste, Graan SA)

wens Attie Bezuidenhout, regs, geluk

met die oorname van die Graan SA gebou

op Bothaville.

Jaque Radipabe was appointed

as creditor’s clerk at Grain SA in

Pretoria.