Background Image
Previous Page  15 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 76 Next Page
Page Background

13

FOKUS

Grondbone

Mini-

Februarie in die grondboonland

M

et die grondboonaanplanting

wat relatief vroeg afgehandel

is aan die begin van die sei-

soen, behoort meeste van die

grondbone nou al die twee en ‘n half maan-

de groeitydperk bereik het.

Hierdie plante sal dus nou reeds sterk

in die peulvormingstadium wees, dus

moet daar gesorg word dat die blaredak

behoue bly. Grondbone wat onder be-

sproeiing aangeplant is, sal nou ook ‘n

groter wateraanvraag toon aangesien die

waterverbruik binnekort ‘n piek van 4 mm

water per dag gaan gebruik.

Uit die staanspoor moet daar gewaak word

teen oorbesproeiing, aangesien grond-

bone geneig is tot peulvrot as die plante

nie kans gegun word om ordentlik af te

droog tussen watertoedienings nie. Dit is

ook lank reeds tyd om op die uitkyk te wees

vir blaarvlekke.

Die regte metode is om weekliks deur die

lande te stap en plante kort-kort te onder-

soek vir tekens van blaarvleksimptome. Dit

is noodsaaklik om tot in die binnekant van

die plant se blaredak ondersoek in te stel,

aangesien vroeë en laat blaarvlek eerste

op die oudste blare voorkom (

Foto 1

).

Vroeë blaarvlek se simptome is ‘n donker-

bruin vlek wat omring is met ‘n geel kring

en wat voorkom op die bokant van die

blaar (

Foto 2

). Laat blaarvlek daarenteen, is

‘n donkerbruin tot swart vlek wat aan die

onderkant van die blaar voorkom (

Foto 3

).

Hierdie blaarvlek begin gewoonlik voorkom

vanaf die middel tot die einde van die

seisoen. Dit is noodsaaklik om die blaredak

van die grondboonplant te behou om op-

timale peulvorming en vulling te verseker

asook om die oesproses te vergemaklik.

Spatselvlek (

Foto 4

) is natuurlik een van

die blaarvlekke waarvoor daar spesifiek

uitgekyk moet word, aangesien hierdie

swamsiekte in staat is om ‘n hele grond-

boonland binne twee weke te ontblaar. Die

omstandighede wat baie bevorderlik is vir

die ontwikkeling van spatselvlek, is koel,

bewolkte weer wanneer die blaaropper-

vlak nie vinnig in die oggend afdroog nie.

Dit is uiters noodsaaklik dat produsente ‘n

goeie blaarvlek-spuitprogram moet volg.

Wees egter uiters versigtig vir enige blaar-

voedings aangesien daar gewaak moet

word teen die stimulasie van vegetatiewe

groei by grondbone. Die stimulasie van

vegetatiewe groei veroorsaak dat die plant

nie voortgaan met peulvorming en vulling

nie en net fokus op blaarvorming en dus

gaan waardevolle tyd verlore wat eerder

bestee kan word aan opbrengsversekering

as aan voerproduksie.

‘n Grondboonprodusent moet altyd bewus

wees van wat in die grondboonland aan

die gebeur is. Wat is die stand van on-

kruidbeheer? Is daar ‘n korslaag besig om

te vorm ná harde reëns? Is daar moontlike

luisprobleme? Is daar enige snaakse tekens

wat aandag behoort te geniet?

Voorsorg is beter as nasorg. Solank daar

goeie bestuur geskied gedurende die sei-

soen, is die kanse op ‘n goeie oestydperk

soveel beter. Onthou: ‘n Grondboon-

produsent se voetspore lê

vanaf plant- tot oestyd in sy

grondboonlande.

LOUREINE SALOMON,

LNR-Instituut vir Graangewasse

1: Só ondersoek ‘n mens die binnekant

van ‘n grondboonplant.

2: Vroeë blaarvlek op grondbone.

3: Laat blaarvlek op grondbone.

4: Spatselvlek op grondbone.

1

2

3

4

Mini-fokus op grondbone

SA Graan/Grain

gee erkenning aan die volgende adverteerders en

instellings vir hul deelname aan die mini-fokus op grondbone:

Graan SA

LB Nuts

LNR-Instituut vir Graangewasse

February 2015