Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

4

e

k hoor nou nog hoe Louw Steytler (voormalige voorsit-

ter van Graan SA) ons telkemale in vergaderings herinner

het aan adv George Bizos se woorde: “The centre will

hold!” (Die gematigdes sal seëvier.)

Suid-Afrika het in Oktober/November 2016 ‘n groot tyd

beleef en nuwe geskiedenis is geskryf – waaroor ons kleinkinders

eendag gaan moet leer en waaroor hulle eksamen sal moet skryf.

Die gematigdes het duidelik laat hoor: “Genoeg is nou genoeg!”

Adv Thuli Madonsela het uiteindelik vir ons die prentjie van die

legkaart wat ons die afgelope jare probeer bou het, kom gee. Dit is

asof selfs die regslui almal by een vergadering was en in een koor

begin sing het: Genoeg is genoeg! Ek het selfs tydens die African

Farmers’ Association of South Africa (AFASA)-jaarvergadering

geluister hoe ons swart produsente ons ministers aanvat oor die

swak diens aan produsente en geen hulp tydens droogte nie. Ge-

noeg is genoeg, het hulle gesê.

‘n Ander groot, nuwe wending was toe die AFASA Kongres vir

me Annette Steyn (die DA se skaduminister van Landbou, Bosbou

en Visserye) tydens die kongres die vloer gegee het om die vraag

te beantwoord oor wat ná 2019 van hul plase, wat nou aan die staat

behoort, gaan word. Dit was ‘n uiters betekenisvolle vraag.

Steyn het hulle verseker dat hulle in só ‘n scenario titelaktes sal

kry sodat hulle kan boer. Sy weet dat ‘n mens nie sonder sekuriteit

kan boer nie.

Nog ‘n les wat ek daardie dag geleer het, was om dáár te wees

waar die produsente is en geduldig deur ‘n kongres te sit tot jou

groot geleentheid aanbreek. Te veel ministers kom maak toesprake

en dan loop hulle dadelik weer vir meer belangrike sake as dít wat

produsente tydens kongresse bespreek.

Wonder nogal wat dit kan wees? Ek was so beïndruk met wat daar-

die dag by die AFASA Kongres gebeur het, dat ek en Preline Swart

(visevoorsitter van Graan SA) die volgende dag saam met die

AFASA-lede na die Uniegebou geloop het om die president van die

land te vra om vir produsente titelaktes te gee sodat hulle kan boer.

Ja, hy was nie daar nie. Hy was seker besig met regspleging vir dít

wat op hom en sy vriende in die daaropvolgende dae gewag het. Ek

weet nie van ons president nie, maar dit is so al of hy en sy vriende

nie die “genoeg is genoeg”-temperatuur reg gelees het nie.

Die opstaan vir dit wat reg en goed is, is ‘n besondere gebeurtenis.

Dit het mense oor alle grense heen saamgesnoer. Die laaste keer

wat ‘n president ons as land saamgesnoer het, was tydens 2007 se

Rugby Wêreldbekerfinaal met Nelson Mandela. Nooit sou ons kon

dink dat president Jacob Zuma ons ook só kon saamsnoer oor iets

nie – hierdie keer is die rede hyself.

Ek het myself op ‘n stadium vir ‘n kort rukkie laat droom oor hoe

‘n landbousektor kan lyk en funksioneer as dit deur die regte, kun-

dige mense gelei en bedien word. Man, dit was ‘n lekker gevoel! Al

wat ons kort, is iemand om vir ons al die stukkies van die legkaart

bymekaar te sit om die prentjie wat oor die afgelope jare gevorm is,

te illustreer.

Dít is wat leiers doen. Wys vir mense ‘n prentjie van ‘n beter toe-

koms en hulle volg met ywer en entoesiasme. Desember is beslis

‘n tyd wat God ook vir ons Sy prentjie vir ons verlossing kom wys

het – Jesus. Hy het deur Sy geboorte vir ons kom wys hoe Hy die

wêreld verlos. Laat ons dan die tyd nuttig gebruik om oor Sy

prentjie na te dink en beter al die los klein legkaartstukkies wat

rondom ons vorm, te verstaan.

Genoeg is genoeg-legkaart

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Die opstaan vir dit

wat reg en goed

is, is ‘n besondere

gebeurtenis. Dit het

mense oor alle grense

heen saamgesnoer.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Desember 2016