Background Image
Previous Page  3 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 44 Next Page
Page Background

1

December 2016

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Adriaan de Lange, Jannie de Villiers, Annemie Erasmus, Petru Fourie, Alzena Gomes, Koos Kirsten, Dirk Kotzé, Corné Louw, Jaco Minnaar, Michelle Mokone, André Nel,

Ruth Schultz, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Dirk Strydom, Liesel Swart, Luan van der Walt en Divan van der Westhuizen

l

aurika Rauch is my gunsteling Afrikaanse sangeres. As ek my

kom kry, neurie ek een van haar liedjies. So vergun my om van-

dag met haar kalwers te ploeg.

Stuur groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so ‘n bietjie reën;

my oom het ‘n tenk vol diesolien

en seën my pa en seën my ma

en my oom op sy plaas in Afrika.

Maar my oom het gesukkel op die plaas,

want die son was te warm en die reën te skaars

en die man van die bank het net sy kop geskud,

want my oom, ja my oom was te diep in die skuld...

Ek wonder hoeveel keer ek die afgelope seisoen dié liedjie som-

mer kliphard in die kar gesing het as ek hoor hoe droog dit op die

familieplaas is en hoe moedeloos my broers en ander produsente is?

Gelukkig is die nuwe seisoen sover propvol belofte en lekker reën

– mag dit enduit volhou!

Nostalgie

Die tema vir ons Graan SA/Sasol-fotokompetisie vir volgende jaar is

“Plaasnostalgie” – ‘n tema waaroor ek vreeslik opgewonde is, want

ek is baie nostalgies – veral oor die plaaslewe – en ek sien met ver-

wagting uit na ons amateurfotograwe se interpretasie van dié tema.

(

Meer inligting oor die kompetisie verskyn op bladsy 36.

)

Seker dié dat “Nostalgie” van Laurika vir my een van haar mooiste

liedjies is:

Kom sit styf hier teen my

jou kop agteroor.

Hoor jy hoe sag val die reën?

Die dag is verby;

nog ‘n week nog ‘n maand;

waar loop die tyd met ons heen?

‘n Sonneblom uit Bethlehem

En “‘n Sonneblom uit Bethlehem” is vir my tipies van ‘n Suid-

Afrikaanse Kersfees:

Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem

en gee dit water op Bloemfontein.

Uit Hanover bring ek kappertjiesaad

uit die tuin van nr 3 Darlingstraat

en hanepootdruiwe uit die Paarlvallei.

Nog ’n somerson-Kersfees,

want die Koningskind verjaar;

die Suiderkruis my kompas

en ‘n eng’lekoor ry saam...

‘n Geseënde somerson-Kersfees aan elkeen van ons lesers, adver-

teerders en medewerkers. Geniet die Koningskind se verjaarsdag

saam met jou geliefdes.

Kersgroete

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

G

raan SA se openbare betrekkinge-strategie

fokus deurentyd op die bou van netwerke en

die skep van bewustheid van die organisasie se

aktiwiteite gedurende die jaar.

ALZENA GOMES

(Graan SA) kyk op

bladsy 12

na die “wie, wat en

waar van Graan SA in die media”.

G

ERRIE SMIT

(verantwoordelik vir ons

rubriek

Wiele vir die plaas

) het die nuwe

Foton Tunland Granite toetsbestuur. Volgens

hom bied die bakkie uitstekende waarde vir geld.

Loer op

bladsy 38

na sy indrukke van dié

“Kyk weer-bakkie”.

T

e oordeel aan die bevin-

dinge van ‘n omvattende

internasionale studie is die

Hoëveldklimaat, waarbinne die

somersaaigebied gedeeltelik

lê, besonder gunstig vir

opbrengsverhogings met

geenbewerking. Om sukses

met geenbewerking te behaal,

moet dit nie in isolasie toege-

pas word nie, maar saam met twee praktyke

van bewaringslandbou, te wete die behoud van

‘n deklaag van oesreste en die toepassing van

wisselbou.

ANDRÉ NEL

(onafhanklike akkerbou-

kundige) en

HENDRIK SMITH

(Graan SA) brei

op

bladsy 26

hieroor uit.

Ontmoet ons

medewerkers...

d

ivan van der Westhuizen het

sy voor- en nagraadse studies

by die Universiteit van Pretoria

voltooi. Hy is tans besig met

sy doktorsgraad in Landbou-

ekonomie met ‘n spesifieke fokus op

landboumeganisasie in Afrika.

Hy is die projekkoördineerder van die Buro vir Voedsel- en

Landboubeleid (BFAP) se plaasvlakprogram, wat alle plaasver-

wante analises en finansiële modulering insluit. Die fokus van

die program is voorts om produksiestelsels en die ekonomie/

finansies daaragter te analiseer en te vergelyk met internasio-

nale boerderybesighede.

Divan het op die platteland grootgeword – Bethlehem in die

Oos-Vrystaat en Volksrust in Mpumalanga. Dit is híér waar sy

liefde vir die grond en boerdery posgevat het. Sy liefde vir jag,

die natuur, motorfietsry en kuier saam met vriende neem die res

van sy vrye tyd op. Hy is nog nie getroud nie.

Lees gerus sy artikel

Hoe mededingend is ons graan- en olie-

saadbedrywe in ‘n globale konteks?

op

bladsy 14

.