Background Image
Previous Page  11 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 44 Next Page
Page Background

What type of yield is

expected of you this year?

‘n Tyd van refleksie

T

he Christmas message for this year takes me back to the

pictures of so many families around the kitchen table in the

evening, praying for rain during this past dry season. It was

a time of the renewal of our relationship and dependence

upon God.

The first rains this season literally woke all of nature from the

dead. Abundant life in places where we would have thought every-

thing was dead. This is also the message for Christmas: God, the

Father, looked at this world that was dying of sin and decided to

send us ‘rain’ in the form of His only Son, Jesus. With this He

brought life to what appeared to be dead.

Hierdie Kersfees is ‘n tyd waarin jy moet toelaat dat Jesus deur

die droë gebarste plekke in jou lewe inloop om weer nuwe lewe

te bring. Deur die barste van ongeloof en stukkende verhoudings.

Binne-in die krake van ongeduld en onvriendelikheid. Sy Seun is ook

die genesing vir jou hart, wat die grond is vir die vrug in jou lewe

– waarna die ware Landbouer so uitsien!

Dalk was die droogtejaar vir jou ook ‘n tyd van rus soos ‘n oorlê-

land wat in die nuwe seisoen meer vrug moet dra. Spandeer hier-

die Kersfees deur met God te praat oor Sy verwagtinge vir dié

spesiale oorlêland. Lees sy Woord. Vra vir jou huweliksmaat om

weer die lang weergawe van sy/haar drome vir die lewe met jou te

deel en speel met jou kinders of kleinkinders op die mat.

Wees jy ook reën, soos Jesus, vir ander se droë harte wat smag na

uitkoms. Dalk is dit net ‘n woord van bemoediging, ‘n telefoonop-

roep na iemand waarmee jy die afgelope jaar nie gepraat het nie,

of dalk ‘n geskenk vir iemand wat ure in gebed vir die Here iets

spesiaals gevra het.

This Christmas you should create an opportunity for God to pro-

vide ‘rain’ to your heart through his Son Jesus and in so doing be a

blessing onto others.

Jannie de Villiers

CEO: Grain SA

S

o aan die einde van die jaar

kom daar gewoonlik ‘n tyd van

rustigheid. Vir party is dit die einde

van die seisoen, vir ander is dit

die afwagting van die oes wat in die grond

is en om te sien wat daarvan gaan word;

en vir ander is dit die bekommernis oor al

die vakansiedae en bewerkings wat nog

tussendeur gedoen moet word. Vir sommige

lê die reis na ‘n vakansiebestemming voor;

ander pas die huis op.

But around Christmas everything quietens

down and your thoughts take you down

another road. Christmas is a time of

reflection, of thinking back upon the

past year. We think back on our farming

enterprises and how we fared. Did we make

the correct decisions; did we put them

into actions and what were the good and

the bad of the past year? Did we make the

correct marketing decisions; did we plant?

It is a time to consider if what we do is still

what we want to do and if it is still worth

the while?

It is a time to reflect on politics and to try

and make sense of it all. It is clear that

there is a change in the world with regards

to peoples’ attitudes towards their leaders.

Leaders are called upon to fulfil their re-

sponsibilities. And consequences are suf-

fered. Individuals demand their rights, but

the premise is that everybody should think

like them. Tolerance towards people of an-

other class, colour, ethnic group, nationality

and even gender is in decline.

Kerstyd is ook tyd van families en vriende.

Ons mis diegene wat nie meer met ons is

nie; ons bou weer aan familiebande en ons

onthou die goeie herinnerings en goeie

tye, maar ons reflekteer ook weer oor

ons prioriteite. Doen ons genoeg vir ons

families, eggenote en kinders? Spandeer

ons kwaliteit tyd saam met hulle, bestuur

ons ons tyd of word dit bestuur?

Ons reflekteer oor dít waarvan ons hou

en dít wat vir ons kosbaar is. En hierdie is

juis dít wat ons laat dink aan die toekoms

– dít wat ons wil behou en dít wat ons wil

verander. Dít is die tyd waar ons die plan vir

die komende jaar in ons gedagtes formuleer

en ‘n strategie – veral vir onsself – bepaal.

Kersfees is juis dié tyd wanneer ons dink

oor waar ons krag deur die jaar vandaan

gekom het. Hoe het ons dit gemaak tot

hier? En ons kan dan nie anders as om te sê

deur God nie! Hy het ons gelei, soos Hy in

Sy Woord belowe. Die digter van Psalm 23

het dit ook besef toe hy begin rustig raak

het – toe die kalmte oor hom gekom het.

En dan word ons weer herinner aan Kers-

fees en Sy meesterplan vir ons – sonder dat

ons dit verdien.

Mag hierdie Kerstyd vir elkeen ‘n tyd van

refleksie wees – ‘n tyd van vrede, maar ook

‘n tyd wat ons opnuut weer bewus raak van

God se krag en almag! Aan God al die eer!

Jaco Minnaar

Voorsitter: Graan SA

9

December 2016

GRAAN SA

Kersboodskappe