Background Image
Previous Page  12 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 44 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Word só maklik lid van Graan SA

g

raan SA is ‘n outonome bedryfsorganisasie wat in belang

van die graanprodusent in Suid-Afrika optree. Lidmaatskap

is onderworpe aan ‘n vrywillige bedryfsheffing.

Enige produsent wat graan produseer, kan lid van

Graan SA word deur ‘n magtigingsvorm te voltooi. Met die vorm

magtig jy as produsent die betrokke agent om ‘n heffing van die

bedrag aan jou verskuldig, af te trek en aan Graan SA oor te betaal.

Na ontvangs van die magtigingsvorm stuur Graan SA die vorm aan

die invorderingsagent waar lewering van graan gaan plaasvind en

word jy op Graan SA se databasis geregistreer.

Vir meer inligting kontak Dirk Kotzé by 082 492 3313 of

dirk@

grainsa.co.za

.

DIRK KOTZÉ,

ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Hetty Steyn 2012

Skandeer dié QR-

kode om die vorm

aanlyn in te vul.

Desember 2016

10

Insette van oudleiers hoog aangeskryf

I

s dit nie ironies dat Graan SA in ‘n geskiedkundige droogte-

jaar die geskiedenisprojek afgehandel het nie? Dit het die ge-

leentheid geskep om mense net weer te herinner waar ons

vandaan kom en wat produsente en die organisasie in die verlede

al deurgemaak het en om weer ‘n slag oor ons

roots

te gesels.

Só gesels mnr Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoof-

bestuurder, oor die organisasie se geskiedenisprojek wat in Julie

vanjaar in elektroniese boekformaat op die webtuiste bekend ge-

stel is. Dié e-publikasie, met die titel

Die Graan en Oliesadebedryf

van Suid-Afrika – ‘n Reis deur Tyd

, se samestelling het oor ‘n tyd-

perk van nagenoeg twee jaar plaasgevind.

“Die navorsingsproses het onder andere bestaan uit sowat 37

onderhoude met prominente rolspelers uit die bedryf,” het

mnr Nico Vermaak, bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA én

koördineerder van die projek, gesê. Die outeur, mnr David Theron,

het onder andere met oudleierskap en uitgetrede amptenary on-

derhoude gevoer. Hy sê dit was byvoorbeeld ‘n voorreg om per-

soonlik met ‘n strydros soos mnr Boetie Viljoen, eertydse voorsitter

van NAMPO, te kon gesels oor die veelbesproke besoek aan

staatspresident PW Botha in 1985.

“Graan SA bedank elke rolspeler, individu en medewerker vir

hulle insette en tyd spandeer om die geskiedenisprojek moontlik

te maak. Dit was ‘n spesiale voorreg dat elkeen van die oudleiers

wat die bekendstellingsgeleentheid op 26 Julie op NAMPO Park

bygewoon het, ook deel uitgemaak het van die projek om die

graan- en oliesadebedryf se verhaal op te teken,” het De Villiers aan

SA Graan/Grain

gesê.

‘n Geskiedkundige oomblik in eie reg. Jaco Minnaar, voorsitter van

Graan SA (heel regs), deel die vloer met ses oudgraanvoorsitters tydens

die bekendstelling van die geskiedenisboek. Van links: Boetie Viljoen,

Cerneels Claassen, Japie Grobler, Bully Botma, Neels Ferreira en

Louw Steytler.

JOHAN SMIT,

besturende redakteur:

SA Graan/Grain