Background Image
Previous Page  9 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 112 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

August 2017

1,219 miljoen ton

24%

Gedurende Junie en Julie is gemiddeld 1,219 miljoen ton mielies

per week gelewer volgens die weeklikse SAGIS-data.

Dit is ‘n goeie aanduiding vir die plaaslike infrastruktuur.

Bron: Luan van der Walt (Graan SA) na aanleiding van

interpretering van SAGIS-data

Trekkerverkope van 479 eenhede in Junie is aansienlik (24%) hoër

as die 385 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot

dusver is trekkerverkope nou byna 3% hoër as verkope verlede jaar.

Bron: Persverklaring, Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, Julie 2017

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

o

ns leef in ‘n wêreld wat besig is om baie vinnig te

verander. As ons net kyk na watter veranderings die

tegnologie vir ons gebring het en dit wat voorlê, sien

‘n mens gou hoeveel alles verander het. Ten spyte

hiervan het die hart van die mens nie verander nie.

Die boosheid van die goddelose mense duur steeds voort. Korrup-

sie, diefstal, roof, moord en al sulke dinge is nog steeds deel van

ons lewens en van die wêreld. Selfs die slegte mense maak

gebruik van tegnologie om hulle bose dade te bevorder. Ons is ook

verplig om die tegnologie te gebruik om dit te bekamp.

Voeg nou nog hierby al die rampe soos droogtes, oorstromings,

brande, pessiektes en insekplae wat landbou direk raak, dan wil

‘n mens half steier onder die geweldige aanslag op ons. Dan is daar

ook nog die groot wisseling van landbouprodukpryse.

Wat moet ons doen en hoe moet ons al hierdie dinge hanteer? Wat

moet ons lewensingesteldheid wees om in só ‘n deurmekaar en

verwarde wêreld te oorleef? Nie net fisies nie, maar in besonder

geestelik. Om fisies te oorleef, mag en behoort ons alles wat die

Here tot ons beskikking stel, te gebruik. Vir ons geestelike oorle-

wing moet ons ook dít wat die Here ons gee, naamlik sy Woord

en die Heilige Gees, gebruik.

In Openbaring 1:4 lees ons iets wat op die oog af amper onbedui-

dend en so effens deurmekaar is: “Hy wat is en wat was en wat

kom.” Ons het hier te doen met Jesus Christus se openbaring van

Homself aan ons. Hy wil ons iets besonders van Homself leer,

sodat ons daardeur in ons geloof getroos en versterk kan word.

Sodoende sal ons kan staande bly in hierdie lewe.

Eerstens sê Hy dat Hy is. Dit beteken dat Hy Homself op dieselfde

vlak plaas as die Here wat Homself in Eksodus 3:14 aan Moses

bekendstel. Hy is die ewige, ware en lewende God, wat Sy kinders

eindeloos liefhet. Hy is nou by en met ons elkeen om ons by te

staan, te beskerm en te onderhou met alles wat nodig is vir tyd en

ewigheid. Ons kan onvoorwaardelik op Hom vertrou en niks in tyd

of ewigheid kan ons van sy liefde skei nie.

Hy sê ook dat Hy was. In die verlede was Hy God en in die verlede

het Hy ons bygestaan, beskerm en bewaar. Ons moet net van tyd

tot tyd terugkyk, sodat ons kan sien en weer eens kan besef hoe

Hy al die pad by ons was. Soms besef ons dan ook eers werklik wat

Hy alles vir en met ons gedoen het. Die grootste van alle dinge is

dat Hy Sy lewe vir ons gegee het, sodat ons deur Hom van die

ewige dood gered kon word.

Laastens sê Hy ook dat Hy weer gaan kom. Die wederkoms is

onherroeplik op pad. Dan gaan Hy almal wat in Hom geglo het,

opwek uit die dood en ons almal in volle heerlikheid by Hom op

die nuwe aarde laat woon. Alles wat nou gebeur, is gerig op die

wederkoms – om dit te laat plaasvind op die bestemde tyd.

Kyk dan nou na jou lewe en wat die Here vir en met jou doen. Kyk

terug en besef wat Hy gedoen het. Kyk vorentoe en sien dat alles in

sy hande is en dat Hy ten volle in beheer van alles en almal is. Gaan

dan die toekoms in die geloof tegemoet.

Baie geluk aan

Michael Khoza van

Mbombela wat vir die

Julie-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

11%

Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 11% hoër as vir die

ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Bron: Persverklaring, Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, Julie 2017

The

Mycorrhizal

fungi in healthy soil can increase

plant root volume by 100 to 1 000 times for better

uptake of water and nutrients.

Source: Bücking, H. and Kafle, A. 2015.

Role of Arbuscular Mycorrhizal

Fungi in the Nitrogen Uptake of Plants: Current Knowledge and Research

Gaps

. Agronomy 5, 587 - 612