Background Image
Previous Page  12 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 112 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Augustus 2017

10

Vir die skoner geslag was die nuwe vroueprogram weer ‘n hoogtepunt

op vanjaar se NAMPO kalender. Al die pad van Patensie af: Retha van

der Merwe (predikantsvrou) en haar dogter, Anmagreth (ontwerper

van die Boerenooi-klerereeks), was van die eerste dames wat die groot

wit tent kom besoek het.

Die Suid-Afrikaanse skeerkampioen, Guillaume Strydom van Frankfort,

was tydens die Oesdag in aksie. Met die elektriese skeerder kan hy tot

400 skape op ‘n dag skeer. Guillaume het reeds twee keer in die VSA

aan kompetisies deelgeneem.

Die Angus-beesras is reeds 100 jaar in die land en maak dit een van die

oudste rasse in Suid-Afrika. Tydens die beesparade is dié nasionale

senior kampioen ten toon gestel.

Volgens Isabel Barends, wat praktiese dekoridees tydens die vrouepro-

gram kom demonstreer het, is hierdie veeldoelige skroewedraaier, wat

Marianna du Plessis van Brits gewen het, die enigste een wat ‘n vrou

nodig het vir selfdoen-projekte. Marianna se skoonsuster van Delmas,

Marie Saayman, het die vroueprogram saam met haar bygewoon.

Shweni Mayenzeke is nie net die nasionale handskeerkampioen

nie, maar is ook in 2014 by die Golden Shears Skaapskeer- en Wol-

hanteringskampioenskappe in Ierland gekroon as die wêreldkampioen.

Hy het toe sewe skape in 17 minute en 21,2 sekondes geskeer.

Emke Kriel, René du Plessis en Darinda Byleveld met die boerbokke wat

hulle tydens die jeugskou, wat by die Oesdag gehou is, moes hanteer.

Fotobeeld van NAMPO 2017

I

n die uitgawe plaas ons ‘n paar laaste foto’s van die Graan SA NAMPO Oesdag 2017. Sien julle by

volgende jaar se Oesdag wat vir 15 tot 18 Mei beplan word.

Foto’s:

LOUISE KUNZ, CHRIS MILNE, ADRI THERON

en

JADINE VAN HEERDEN,

SA Graan/Grain

medewerkers