Background Image
Previous Page  11 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 112 Next Page
Page Background

steeds gemengde gevoelens rakende die

akkuraatheid, maar in terme van tendense

begin die produsente meer vertroue kry in

die geloofwaardigheid van die oesskatting.

In 2016 het slegs 55%van die afgevaardigdes

gedink die oesskatting is geloofwaardig.

In 2017 het dit verbeter na 63%. 2015/2016

was ‘n baie moeilike jaar vir die skatting

van ‘n oes; tog het die oesskatting steeds

10% akkuraatheid behaal.

In terme van bemarking bly dit ‘n bekom-

mernis dat slegs 12% van die produsente

meer as 60% van hul oes voor-plant kon

verskans. Dit beteken dat slegs ‘n handjie

vol van die produsente wel die hoë pryse

kon benut.

Die grootste rede hiervoor is dat dit laat

gereën het en dat dit druk geplaas het

op moontlike produksierisiko’s. Gegewe

die droogte in die vorige seisoen en die fi-

nansiële posisie van produsente was die

produksierisiko natuurlik groter.

Produsente het ook aangedui (77%) dat

daar wel ‘n behoefte vir Safex-kursusse is.

Graan SA het reeds van die kursusse vir

sekere areas beplan. Die lesers is welkom

om navraag oor kursusmoontlikhede by

mnre Dirk Strydom of Luan van der Walt

te doen.

Om die finansiële druk te probeer verlig, is

dit belangrik om optimale opbrengste te

bereik deur gebruik te maak van onder

andere goeie praktyke en goeie saad-

tegnologie.

Graan SA het ‘n sterk fokus op bewa-

ringspraktyke en Kongres het aangedui

dat die praktyke wel aangewend word.

Die praktyke wat die meeste aangewend

word, is gewasrotasiestelsels en geen-

bewerkingspraktyke.

Dit was verblydend om te sien dat

82% van die produsente proewe op hul

plase doen. Produsente is ook uitgevra

hoe hul besluite neem rakende die tipe

kultivar wat hul beoog om te plant. 43%

van die produsente neem hul besluit

gebaseer op hul eie proewe, gevolg deur

studiegroepproewe.

Dit is weer eens by Kongres bevestig dat

geskikte markinligting en hoë gehalte

navorsing van uiterste belang is vir pro-

dusente wat winsgewend en volhoubaar

wil wees. Die afgelope droogte het natuur-

lik ook verskeie finansiële uitdagings vir

die produsente geskep. Dit was duidelik

sigbaar in die terugvoer by Kongres.

Grafiek 3: Totale mielie-oesskatting (oor- of onderskatting).

Grafiek 4: Persentasie verskansing voor-plant.

Grafiek 5: Bronne vir besluitneming in terme van kultivaraanplantings.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

9

August 2017