Background Image
Previous Page  10 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

8

T

ydens die 2017 Graan SA Kongres

is elektroniese toestelle gebruik

om inligting vanaf afgevaardigdes

op ‘n betroubare en tydige manier

te ontvang. Die inligting gee ‘n goeie

oorsig van wat in hierdie produksieseisoen

plaasvind en wat ook moontlike uitkomste

kan wees. Hier is terugvoer van sommige

van die vrae wat meer oor die finansiële

aspekte handel.

Graan SA werk al vir ‘n geruime tyd daaraan

om die dieselrabatstelsel te verbeter en te

verseker dat produsente wel hul eise tydig

ontvang. Natuurlik bly dit ‘n uitdaging en is

daar nog baie onderhandelinge en prosesse

wat voorlê.

Binne die finansiële stelsel bly die diesel-

rabat vir die produsent belangrik. 87% van

die produsente het aangedui dat die rabat

‘n beduidende impak op hul kontantvloei

het. Slegs 30% van die produsente het

die rabat binne twee maande ontvang en

26% van die produsente moes meer as ‘n

jaar wag.

Dit is ook kommerwekkend dat 72% van

die produsente die afgelope twee jaar

geoudit is – gegewe dat die dieselrabat

tans op ‘n 80:20-toedelingsreël gebaseer is.

Graan SA bly toegewyd om die probleme

op te los en hopelik in die toekoms ‘n beter

stelsel in plek te plaas.

Finansiering binne landbou – spesifiek onder

nuwe era-boere – bly ‘n konstante uitdaging

en veral in ons potensiële kommersiële

produsent-kategorie. Titelaktes is uiters

belangrik om finansiering te bekom en

om produsente van die geleentheid om

uit te brei, te ontwikkel en te groei, te

voorsien. By Kongres is dit weer eens deur

Kongresgangers bevestig toe 93% van

die produsente aangedui het dat dit uiters

belangrik is.

Die onlangse reeks droogtes het ‘n enorme

uitwerking op die finansiële posisie van

verskeie produsente gehad. Die meer-

derheid produsente benodig krediet om te

kan plant en met die droogte was die ver-

moë om krediet te verleen, beperk. ‘n Groot

persentasie (56%) van die produsente wat

in staat was om skuld te maak, moes reë-

lings tref vir oordragskuld. Dit was ook

goed om te sien dat produsente die droog-

te ten spyt daarin kon slaag om beperkte

afdankings deur te voer. 76% van pro-

dusente het nie nodig gehad om werkers af

te dank nie.

Almal weet dat markinligting tans een van

die grootste bates binne die boerdery-

omgewing is. Dit is verblydend om te

sien dat produsente al hoe meer van ‘n

verskeidenheid bronne gebruik maak. Dit

is ook verblydend om te sien dat al meer

produsente van Graan SA se markinligting

gebruik maak.

Daar is aangedui dat 30% van die produ-

sente daagliks die Graan SA markverslag

lees en meer as 70% een keer ‘n week.

Die Graanekonomie-afdeling bly daarna

streef om betroubare, onafhanklike inligting

te verskaf.

Dit is krities dat alle rolspelers in die mark

oor genoegsame inligting beskik sodat

die vryemark effektief kan funksioneer.

Graan SA werk konstant daaraan om te

verseker dat die mark oor genoegsame

inligting beskik. Een van die onlangse

projekte wat dit aanspreek, is die statu-

têre rapportering van invoer- en uitvoer-

kontrakte.

By Kongres het 96% van die afgevaardigdes

aangedui dat die inligting op statutêre basis

ingesamel moet word. Produsente voel oor

die algemeen (77%) dat die mark nog nie oor

genoegsame inligting beskik om optimaal

te funksioneer nie.

Die oesskatting het die afgelope paar

jaar beduidende syfers getoon in terme

van akkuraatheid van die oesskatting

gemeet teen werklike lewerings. Gegewe

die terugvoer by Kongres is daar nog

GRAAN SA

Kongres 2017

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

– Deel 2

Grafiek 1: Terugbetalingstydperk in terme van die dieselrabat.

Grafiek 2: Gebruik van bronne vir markinligting.