Background Image
Previous Page  3 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 112 Next Page
Page Background

1

August 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Alfred Andrag, dr Annelie Barnard, Nico Barnard, dr Danie Beukes, Pietman Botha, Valerie Cilliers, Tania Costigan, Lara de Goede, Jannie de Villiers, Marcel du Plessis,

Nico Gericke, Robert Keir, Koos Kirsten, Carel Koch, Louise Kunz, dr Robbie Lindeque, Corné Louw, Niel Marais, Chris Milne, Michelle Mokone, Werner Nel, Yolanda Nortjé,

Leonard Oberholzer, dr Willem Otto, Marius Ras, Gerhard Schutte, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, dr Stappies Staphorst, dr Johann Strauss, dr Dirk Strydom, Adri Theron,

dr Vicki Tolmay, Johan van Biljon, Johan van den Berg, Luan van der Walt, Jadine van Heerden, Anita van Zyl en dr Tingmin Yu

k

yk, ‘n minimalis sal effe kloustrofobies in ons huis voel...Ek

hou van mooi goed en daarby is ek vreeslik sentimenteel.

En dit is nogal ‘n gevaarlike kombinasie...

Daar is egter twee goed wat ek verskriklik graag nog wou

hê: ‘n Erde waskom-en-bekerstel en een van daardie ou-

tydse vertoonkaste wat hulle in die winkels gebruik het – met die

glas bo-en-voorkant en vreeslik baie laaitjies waarin die ware dan

uitgestal is. ‘n Mens het dit veral in materiaal- of ou plaaswinkels

gesien.

Iemand adverteer toe sowaar só ‘n kas op

Facebook

. En dit nogal in

ons dorp. Ek stuur onmiddellik die foto van die kas vir my man op

WhatsApp

aan, maar weet sommer hy gaan sê: “Waar gaan jy dit sit?

Daar is nie meer plek in ons huis nie...”

Die volgende oomblik bel hy my. Hy het ‘n kliënt gaan sien en gou

by ‘n oud-kollega ingeloer wat besig is om ‘n nuwe winkel oop te

maak en staan voor die kas waarvan ek nou net die foto vir hom ge-

stuur het. Wat?!?! Al wat ek kan sê, is:

It was meant to be

...

Net só is dit vir produsente onafwendbaar om hul produksieprak-

tyke en -stelsels by veranderende tye aan te pas. Wie sou ‘n paar

jaar terug gedink het dat sojabone só ‘n gewilde alternatiewe wis-

selbougewas sou word? Dat bewaringslandbou botoon sou voer en

dat werktuie en toerusting hierby aanpas?

In hierdie Augustus-uitgawe verskyn ons jaarlikse fokus op werktuie

en toerusting. Hierin kan ons lesers onder andere meer te wete kom

van “Tydigheid: Die belangrikste aspekte van graanproduksie”. Piet-

man Botha (

SA Graan/Grain

medewerker) verduidelik dat as ‘n spe-

sifieke gewas ná die optimale plantvenster van die gewas geplant

word, die gewas se verwagte opbrengs laer is. Om tydig te kan plant,

beteken dat al die bewerkingsaksies tydig uitgevoer moet word.

Ten einde die bewerkings tydig gedoen te kry, sal produsente oor

voldoende trekkers en toerusting moet beskik om die werk gedoen

te kry. Lees gerus op bladsy 18 hoe jy as produsent kan bepaal hoe-

veel trekkers van watter grootte nodig sal wees om die werk tydig

afgehandel te kry.

Corné Louw (Graan SA) gee ‘n blik op tendense in die plaaslike

landboumasjineriemark. Hy kyk na jaar-op-jaar-landboumasjine-

riepryse, bekostigbaarheid van trekkers oor tyd, trekkerverkope

en die grootte, ouderdom en trekkrag van trekkers in Suid-Afrika se

trekkervloot.

Moet ook nie verby ons mini-fokus op sojabone blaai nie. Piet-

man Botha het twee produsente gepols oor hul sojaboonverbou-

ingspraktyke, watter lesse hulle oor sojaboonverbouing geleer het

en wat hulle doen om ‘n goeie opbrengs te verkry.

Lekker lees tot aanstaande maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

D

R JOHANNES (STAP-

PIES) STAPHORST

is in

1941 in Haarlem tydens

die Duitse besetting van

Nederland gebore. Op

tienjarige leeftyd het hy saam met

sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer.

Hulle het hul in Pretoria gevestig en hy

het sy matriek aan Hoërskool Oos Moot voltooi.

‘n Langdurige bakteriese siekte het sy belangstelling in

mikro-organismes geprikkel. Hy het aan Tukkies BSc Land-

bou met mikrobiologie as hoofrigting gaan studeer. Na

die voltooiing van sy BSc (Agric) Mikrobiologie-graad is

dr Stappies aangestel as junior navorser in die Biologiese

Stikstofbindingseenheid van die destyds-pasgestigte Navor-

singsinstituut vir Plantbeskerming (NIPB). Hy het navorsing

op N-binding van peulgewasse gedoen en etlike rhizobiu-

mentstofrasse ontwikkel. In 1970 het hy sy DSc (Agric) Mi-

krobiologie voltooi en terselfdertyd met Marietjie Rabie – sy

destydse laboratoriumtegnikus – in die huwelik getree. Hulle

het ‘n seun en dogter.

Gedurende die verloop van sy loopbaan het hy op verskeie

plaaslike en internasionale komitees gedien en in 2007 as

adjunk-direkteur van die NIPB afgetree.

Op

bladsy 68

neem dr Stappies die enting van sojabone

onder die loep.

V

olhoubaarheid, voedselsekerheid en klimaats-

verandering is gonswoorde wat amper elke

dag gehoor word. Volgens

DR JOHANN STRAUSS

(Wes-Kaapse Departement van Landbou) het die

ondergemiddelde reënval in die Wes-Kaap, asook

die huidige waterskaarste net soveel meer klem

kom lê op die dringendheid om antwoorde vir

hierdie uitdagings te vind. Lees op

bladsy 39

oor

die navorsing wat hulle op bewaringslandboube-

ginsels doen wat daarop gemik is om praktiese

bestuursoplossings vir volhoubare produksie in

‘n veranderende klimaat te verskaf.

R

oos Boerdery is as die 2015/2016-wenners vir

die DuPont Pioneer Weeg en Wen-sojaboon-

besproeiingsopbrengskompetisie aangewys.

PIETMAN BOTHA

(

SA Graan/Grain

medewerker)

het met Gerrit Roos gesels oor hul verbouings-

praktyke en wat hulle doen om ‘n besproeiings-

opbrengs van 5,23 t/ha te behaal. Meer hieroor

op

bladsy 60

.

I

n die hedendaagse landbou-omgewing speel

effektiwiteit ‘n enorme rol en daar word al hoe

meer verwys na die effektiwiteit van produsente

of produksiestelsels as ‘n maatstaf van volhou-

baarheid. Hierdie effektiwiteit word aan ver-

skeie aspekte gemeet, wat in eenvoudige terme

uitgedruk word as die hoeveelheid produksie per

hoeveelheid hulpbronne of insette verbruik, met

die uiteindelike doelwit om meer te produseer met

minder. Op

bladsy 76

verduidelik

LUAN VAN DER

WALT

en

DR HENDRIK SMITH

(albei van Graan

SA) hoe ‘n produsent kan bereken wat ‘n sekere

seisoen se watergebruiksdoeltreffendheid was.