Background Image
Previous Page  20 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Augustus 2015

18

‘n Dieselenjin is oor die algemeen ontwerp om hard te werk. Indien

hierdie dieselenjin in sy wringkragreserwe-area kan werk, is die

dieselgebruik gewoonlik op

sy beste. Trekkers behoort op

hierdie gebied vir meer werk

uit dieselfde brandstofverbruik

aangewend te word.

Dit kan op twee maniere be-

werkstellig word:

Verander die ratte na ‘n al

hoe hoër rat, totdat ‘n rat

bereik word waar die enjin-

revolusies skerp begin daal.

Vergroot die implement tot-

dat die enjinrevolusies be-

gin daal. Hier speel wielglip

en rolweerstand egter ‘n

addisionele rol wat bestuur

moet word.

Die effek van die trekkerbe-

stuurder moet ook nie oor die

hoof gesien word nie. Soms

ry die trekker té na aan die

bewerkte gedeelte en soms

word banke nie bewerk nie. Die

gevolg van beide is dat die effektiwiteit verlaag word. Dit is opval-

lend dat dit die groot trekkers met wye implemente is wat die meeste

hier fouteer.

Ten einde die koste-implikasie te verstaan, moet die struktuur van

trekkerkoste behoorlik begryp word. Beide die vaste en veranderlike

koste van die trekker asook die im-

plement moet bymekaargetel word

om koste te kan bereken.

Ongelukkig moet die koste van die

insette wat toegedien word, ook in

berekening gebring word. In

Tabel 1

word die vaste en veranderlike koste

van ‘n 77 kW-vierwieldryftrekker met

verskillende implemente aangedui.

Hierdie berekeninge is gedoen met

behulp van die gids:

Guide to ma-

chinery cost

, wat jaarliks deur die

Departement van Landbou, Bosbou

en Visserye opgestel word.

Om die impak van effektiwiteit te

verduidelik, is daar in Tabel 1 ‘n

voorbeeld van ‘n 77 kW vierwiel-

aangedrewe trekker gebruik wat ‘n

5,2 m-wydwerkskoffel trek waarvan

die effektiewe werkswydte verander

is. Hierdie voorbeeld stel ‘n tipiese

dubbelwerk-aksie voor.

In

Tabel 2

word aangedui dat as die effektiwiteit afneem, die

koste styg. Die koste styg vanaf R8 967 na R11 956 om 100 ha

te bewerk as die effektiwiteit vanaf 100% na 75% daal.

Pasop:

Die som van klein foutjies kan baie groot raak

EFFEKTIEWE

WERKSWYDTE

VAN DIE 5,2 M

IMPLEMENT

EFFEKTI-

WITEIT

HOEVEELHEID

RITTE NODIG

OM 1 000 M

BY 1 000 M

(100 HA) LAND

TE BEWERK

LITER DIESEL

BENODIG OM

100 HA TE

BEWERK

BRAND-

STOFKOSTE

OM 100 HA TE

BEWERK

HERSTELWERK

BENODIG OM

100 HA TE

BEWERK

TOTALE

DIESEL- EN

HERSTEL-

WERKKOSTE

OM 100 HA TE

SKOFFEL

KOSTEVER-

HOGING

TEENOOR DIE

BESTE EFFEK-

TIWITEIT

5,2 m

100,00% 192,31

459,00

R5 967,00

R2 754,00

R8 721,00

4,7 m

90,38%

212,77

507,83

R6 601,79

R3 046,98

R9 648,77

R927,77

4,2 m

80,77%

238,10

507,83

R6 601,79

R3 409,71

R10 011,50

R1 290,50

3,9 m

75,00%

256,41

612,00

R7 956,00

R3 672,00

R11 628,00

R2 907,00

IMPLEMENT EN

WERKSWYDTE

VAN IMPLEMENT

HOEVEELHEID

RITTE OM 1 000 M

BY 1 000 M

(100 HA) TE

VOLTOOI

TOTALE DIESEL-

EN HERSTEL-

WERK KOSTE OM

100 HA TE SPUIT

LITER GIF

BENODIG

KOSTE VIR GIF

@ R63/LITER

TOTALE KOSTE

VIR DIE AKSIE

KOSTEVERHO-

GING TEENOOR

DIE BESTE

EFFEKTIWITEIT

12 m algehele

spuit

83,33

R2 662,51

150,00

R9 450,00

R12 112,51

11 m wyd werk

90,91

R2 904,56

163,64

R10 309,09

R13 213,65

R3 763,65

10 m wyd werk

100,00

R3 195,01

180,00

R11 340,00

R14 535,01

R5 085,01

9 m wyd werk

111,11

R3 550,02

200,00

R12 600,00

R16 150,02

R6 700,02

TABEL 2: KOSTE EN KOSTEVERANDERINGS VERBONDE AAN DIE BEWERKING VAN ‘N 1 000 M BY 1 000 M-LAND MET ‘N 77 KW-VIERWIEL-

AANGEDREWE TREKKER WAT ‘N 5,2 M-WYDWERKSKOFFEL TREK MET VARIËRENDE EFFEKTIWITEIT.

TABEL 3: KOSTE EN KOSTEVERANDERINGS VERBONDE AAN DIE SPUIT VAN ‘N 1 000 M BY 1 000 M-LAND MET ‘N 60 KW-TREKKER WAT

‘N 2 000 LITER-SPUIT TREK WAT 12 M WYD SPUIT MET VARIËRENDE EFFEKTIWITEIT.

Tog kan hierdie klein

aspekte tot ‘n reuse-

besparing aanleiding

gee. Die tyd wat span-

deer word om hierdie

aspekte aan te spreek,

word oor en oor deur

die besparing geklop.