Background Image
Previous Page  23 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 116 Next Page
Page Background

Dit is interessant dat die koste vinniger styg as wat die

effektiwiteit daal. Die rede vir die verskil is te vinde in die hoeveel-

heid ritte wat nodig is om die land te bewerk. Dit is duidelik dat as die

effektiwiteit met 25% daal, die koste met 33% styg, soos getoon in

Tabel 1. Indien die werk binne ‘n sekere tyd afgehandel moet word,

sal ekstra kapasiteit aangeskaf moet word sou die effektiwiteit daal.

Om die afname in effektiwiteit teë te werk, sal die kapasiteit met

dieselfde persentasie verhoog moet word. Dit is as aanvaar word dat

die ekstra kapasiteit 100% effektief is.

Effek van effektiwiteit van trekkers en

implemente waar ekstra insette ook

gebruik word

Net soos by primêre bewerking en saadbedvoorbereiding, kan spuit-

trekkers ook maklik té na of té ver van gespuite gedeeltes ry. Dié

aksie veroorsaak dat sekere gedeeltes té veel gif kry en ander ge-

deeltes heeltemal misgespuit word. Om later weer in te kom om die

gedeeltes wat gemis is te spuit, is baie duur en tydrowend.

Om die impak van effektiwiteit te verduidelik, is daar in

Tabel 3

‘n

voorbeeld van ‘n 60 kW-trekker wat ‘n 2 000 liter-spuit trek wat 12 m

wyd spuit waarvan die effektiewe werkswydte verander is. Die voor-

beeld stel ‘n tipiese dubbelspuitaksie voor.

Om te bereken hoeveel dit ekstra sal kos om die misgespuite gedeel-

tes te spuit, sal baie afhang van die tipe spuit wat gebruik sal word.

Hoe kleiner die spuit wat gebruik word, hoe goedkoper sal dit wees.

Dit bewys weer dat effektiwiteit die koste bepaal.

Samevatting en moontlike voorstelle

Die effektiwiteit van die bewerkingsaksie het ‘n reuse-impak op

die winsgewendheid van vertakkings. Klein foutjies saam, kos vin-

nig ‘n klomp geld. Produsente moet daarom sorg dat klein foutjies

voorkom word.

Produsente kan dalk aan die volgende dink om effektiwiteit te ver-

hoog:

Beter opleiding van trekkeroperateurs

Die installeer van meganismes om te sorg dat die maksimum

werkswydte van die implement gebruik word. Oorweeg hier:

Spoorverkeerstelsels

Merkers op alle implemente

‘n Stuurbeheerstelsel (

auto steer

)

Beter kontrole oor trekkeroperateurs

Lees die handleiding van die trekker en toerusting en kyk hoe

die trekkers en toerusting gestel moet word

Die Direktoraat van Landbou Ekonomie se publikasie

Guide to ma-

chinery costs

is gebruik om die koste te bereken. Die nuwe weer-

gawe van hierdie dokument sal eersdaags beskikbaar wees.

Indien daar enige verdere navrae is, kontak gerus vir Pietman Botha

by 082 759 2991.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Pasop:

Die som van klein foutjies kan baie groot raak

21

August 2015

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

Dieselgebruik van trekkers word deur verskeie faktore bepaal. Sommige daarvan kan bestuur word en sommige kan niks aan gedoen word nie. Deur

trekkers optimaal te gebruik, word nie net diesel, herstelwerk en instandhouding verlaag nie, maar word indirekte koste, soos lone, kapitaalbelegging

in masjinerie en talle ekstra vaste koste ook verlaag.