Background Image
Previous Page  24 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Kom ons wring krag uit ons

trekkerbelegging

LOUIS LAGRANGE,

landbouingenieur: Universiteit van die Vrystaat

‘n

Landbouer se belegging in trekkers moet optimaal benut

word, nie net in terme van die hoeveelheid ure wat dit

werk nie, maar veral ook hoe doeltreffend dit gedurende

daardie ure werk.

Hoe bepaal ek hierdie optimale benutting?

Watter faktore dikteer dit?

Is dit die moeite werd om koste aan te gaan om die optimale

implemente aan te skaf?

Kan hierdie faktore oor die lewensduurte van die trekkerbeleg-

ging bestuur word?

Die volgende drie mees kritieke faktore beïnvloed optimale trekker-

benutting:

Optimering van die enjin wat chemiese energie in brandstof om-

skakel in roterende meganiese energie en dit dan in die vorm van

wringkrag beskikbaar stel.

Optimale oordrag van hierdie wringkrag aan die grond om koste-

effektiewe voorwaartse beweging te verkry, oftewel traksie.

Stabiliteit van die trekker-implement-kombinasie waar die posi-

sie en aanhaakstelsels en die gepaardgaande virtuele aanhaak-

punte, soos deur die trekker ervaar, ‘n groot rol in gewigsoordrag

en optimale beheer speel.

Watter van hierdie faktore kan die pro-

dusent prakties op die plaas bestuur?

Gelukkig vir ons, bou ontwerpingenieurs reeds ‘n magdom eien-

skappe tydens die oorspronklike trekkerontwerp in. Hulle verseker

dat die trekker se enjingrootte en konfigurasie genoegsaam is sodat

wringkrag en drywing nie beperkend is nie, terwyl onderhoud en

ekonomie in ag geneem word.

Verder bepaal hulle die mees toepaslike ratverhoudings, ratkas-

ontwerp, gewigte en posisie daarvan, bandgroottes en -tipes om

die beste traksie te verkry en laastens bepaal hulle die posisies

van die aanhaakpunte om stabiliteit en beheer/bestuurbaarheid

te verseker.

Die produsent as besigheidsman kan en behoort twee aspekte nou-

keurig te bestuur:

Die werkspunt van die trekkerenjin op die wringkragkurwe (die

meeste wringkrag vir die minste geld).

Die traksie (oordrag van die wringkrag na die grond). Hier speel

gewigte, implementpassing en aanhaak ‘n belangrike rol.

Hierdie artikel spreek slegs die eerste aspek aan.

Wat moet ek weet om bestuursbesluite te

kan neem?

Kom ons beskou ‘n grafiese voorstelling (

Grafiek 1

) van generiese

drywing- en wringkragkurwes en bepaal waar ‘n trekker behoort

te funksioneer. Hierdie kurwes is beskikbaar vanaf vervaardigers,

maar kan ook deur leweransiers self bepaal word. Erkenning aan die

Landbounavorsingsraad se Instituut vir Landbou-ingenieurswese

(LNR-ILI) vir die generiese grafiek.

Op die horisontale as word enjinspoed in omwentelings per minuut

(opm) getoon en op die vertikale as die krag (ook bekend as drywing)

in kilowatt (kW) sowel as wringkrag in Newtonmeter (Nm).

Om die wringkragkurwe te bepaal, moet ons kyk na die beginsel

wat by dieselenjins geld om enjinspoed te reguleer. Krag in kW (ook

bekend as drywing) word beheer deur die hoeveelheid brandstof wat

in die enjin ingespuit word. Die brandstof/lugmengsel is dus nie die

kritieke faktor vir ‘n dieselenjin nie, slegs die hoeveelheid brandstof.

Belas die trekker en die enjinspoed verlaag totdat die spoedreëlaar

daarop reageer deur meer brandstof te verskaf om ‘n nuwe werks-

verrigtingspunt te bereik.

‘n Generiese wringkragkurwe (Nm) begin met die enjin by hoë revo-

lusies en geen belading nie en namate die trekker belas word en

spoed afneem, pas die spoedreëlaar die brandstoftoevoer aan tot-

dat dit die maksimum brandstof moontlik lewer (punt C op grafiek).

Met verdere toename in belading, verlaag die enjinspoed en word

enjinspoed nie meer deur die hoeveelheid brandstof beheer nie

(brandstoflewering is maksimum), maar deur die belading.

‘n Interessante eienskap is dat die wringkrag verkry in hierdie deel

van die kurwe verhoog, ook bekend as wringkragreserwe waarvan

sekere landboutrekkers heelwat het. Die implikasie hiervan is dat ons

meer wringkrag per liter brandstof hier kry as op die eerste deel van

die kurwe. Later bevestig ons hierdie afleiding.

‘n Generiese drywingskurwe (kW) word deur ‘n formule verkry en

word op die grafiek getoon. Hier sien ons dat die drywing verlaag

vanaf die maksimum brandstofleweringspunt (punt C).

Moderne enjinontwerpe en beheerstelsels poog om hierdie verlaging

soveel as moontlik teë te werk om meer konstante drywingslewe-

ring te verkry. Hierdie dryf- en wringkragkurwes vorm vanaf die

maksimum brandstofleweringspunt die grense waarbinne ‘n enjin

kan werk. ‘n Verdere belangrike waarneming is dat ons dieselfde

drywing uit ‘n enjin kan bekom teen ‘n laer enjinspoed, maar met ‘n

heelwat hoër wringkrag. Sien punte A en B op die grafiek.

Laastens superponeer ons ‘n voorstelling van spesifieke brand-

stofverbruik (SBV) in ml per kWh oor die kurwes en nou is ons in

staat om belangrike bestuursbesluite te kan neem.

Hoe neem ek in praktyk die bestuursbe-

sluite?

Kom ons kyk na twee scenario’s: Een waar die trekkerdrywing ge-

deeltelik benut word en tweedens waar die trekker ten volle be-

las word.

In die eerste scenario wend ons die enjin slegs by 50% van sy dry-

wing aan (punt A op grafiek). Die korresponderende SBV word op

punt A verkry, waar dit die wringkragkurwe kruis. In hierdie geval is

dit 340 ml/kWh.

Kies ‘n hoër rat met ‘n laer enjinspoed (punt B) en dan vind ons ‘n

spesifieke brandstofverbruik van 280 ml/kWh (punt B). Hierdie een

Augustus 2015

22