Background Image
Previous Page  19 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 116 Next Page
Page Background

17

August 2015

Pasop:

Die som van klein foutjies

kan baie groot raak

O

p baie plase is daar soms te veel of soms te min insette,

terwyl daar egter reg bestel is. Waar lê hierdie fout? Baie

van die afwykings kan verklaar word deur te let op klein

foutjies wat ongesiens verbyglip. Die effek van dubbele

werk, dubbele spuit en merkers wat verkeerd gestel is, moenie

onderskat word nie.

Diesel, behalwe dat daar soms daarvan wegraak, kan ook heeltemal

verkeerd verbruik word. As daar nie gemeet word nie, is dit byna

onmoontlik om te bepaal hoeveel onnodig verbruik word. Dieselge-

bruik van trekkers word deur verskeie faktore bepaal. Sommige daar-

van kan bestuur word en sommige kan niks aan gedoen word nie.

Effektiwiteit en winsgewendheid is direk gekorreleer. Deur effek-

tiwiteit te verhoog, word winste verhoog en koste bespaar. ‘n Ver-

laging in effektiwiteit lei tot ‘n verhoging in direkte en indirekte

koste. Deur trekkers optimaal te gebruik, word nie net diesel,

herstelwerk en instandhouding verlaag nie, maar word indirekte

koste, soos lone, kapitaalbelegging in masjinerie en talle ekstra

vaste koste ook verlaag.

Die effektiwiteit van veral trekkers en toerusting kan drasties ver-

hoog word deur die trekkers reg in te stel en reg te gebruik. Daarbe-

newens kan die effektiwiteit verder ook drasties verhoog word deur

die implemente se werkswydtes te optimeer en om die effek van

dubbele werk uit te skakel.

Brandstofverbruik word deur verskeie faktore beïnvloed en van die

hoofaspekte is die volgende:

Vrag op die enjin tydens bewerkings

Implementkombinasie (werkswydte en -diepte)

Totale gewig van die trekker

Verspreiding van die gewig op die trekker deur die plasing van

gewigte op die wiele en die neus asook die gewigsoordrag vanaf

die implement na die trekker

Bandkaraktereienskappe, soos tipe, deursnee en druk

Implementverstellings en spoed van bewerking

Grondtekstuur en grondvog

Oorweeg hierdie aspekte en spaar

Heelwat van hierdie faktore kan deur produsente beheer word.

Alhoewel hierdie aspekte met mekaar verweef is en beide me-

kaar sowel as die trekker se brandstofverbruik beïnvloed, is die

twee hoofaspekte waarna produsente eerste op die plaas kan

oplet die belading op die trekkerenjin en die trekker-implement-

kombinasie wat wielglip sowel as enjinbelading beïnvloed. Sodra

hierdie twee aspekte doeltreffend aangespreek word, kan ver-

skeie verdere verfyningstegnieke, soos banddruk en gewigsver-

spreiding, aangewend word. Tog kan hierdie klein aspekte tot ‘n

reuse-besparing aanleiding gee. Die tyd wat spandeer word om

hierdie aspekte aan te spreek, word oor en oor deur die bespa-

ring geklop.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

AKSIE

PLOEG

RIP

ALGEHEEL RIP-OP-RY BEITEL

DIS/EEN-

RIGTING

WYDWERK-

SKOFFFEL

MIELIE-

PLANTER

GEENBE-

WERKINGS-

MIELIE-

PLANTER

kW (4x4)

77

77

77

77

77

77

77

77

Werkspoed (km/h)

7

6,5

6,5

6

8

7

7

6

Werkswydte

1,6

2

1,5

2,7

3,2

5,2

5,4

5,4

Effektiwiteit

0,83

0,83

0,83

0,83

0,83

0,83

0,83

0,83

Hektaar bewerk per dag

(10 uur)

9,30

10,79

8,09

13,45

21,25

30,21

31,37

26,89

Dieselprys (R/liter)

13,00

13,00

13,00

13,00

13,00

13,00

13,00

13,00

Liter diesel verbruik/ha

14,91

12,85

17,13

10,31

6,52

4,59

4,42

5,15

Dieselkoste/ha

193,83

166,99

222,65

134,00

84,80

59,64

57,43

67,00

Herstelkoste/ha

89,00

76,26

98,45

67,66

48,34

30,02

97,20

181,49

Totale trekkerkoste/ha

372,99

322,23

429,64

258,58

163,63

115,08

110,82

129,29

Totale implementkoste/ha

34,07

57,26

60,74

64,91

55,57

24,92

218,80

453,80

Totale aksiekoste/ha

407,06

379,49

490,38

323,50

219,21

140,01

329,62

583,09

TABEL 1: MASJINERIEKOSTE VAN ‘N 77 KW-VIERWIELDRYFTREKKER MET VERSKILLENDE IMPLEMENTE.