Background Image
Previous Page  6 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 76 Next Page
Page Background

4

d

ie Graan SA-leierskap het tydens verlede maand se

Kongres vir produsente probeer aandui dat ‘n hele

paar gebeure en omstandighede daarop wys dat die

tydperk van die vryemark, soos ons dit leer ken het na

die sluiting van al die Rade wat graan gereguleer het,

verby is.

Dit hou dalk verband met die droogte, dalk met Brexit of dalk die

nuwe rigting wat die Amerikaanse president inslaan. Hoe dit ook al

sy, graanproduksie is in ‘n tydvak waar daar nie veel bekende paaie

is nie. Dit is wat ons as organisasie nou moet soek en vind.

Wanneer ‘n mens in die bos stap en daar is nie ‘n pad nie, is daar

‘n paar belangrike sake wat bepalend gaan wees van hoe die reis

gaan verloop. Eerstens moet jy ‘n vaste wete hê van waarheen jy

wil gaan. Dit het ons as organisasie vasgemaak met ons visie van

volhoubare graanproduksie.

Die volgende saak waaraan ek gedink het, is die gevare of plekke

waar ons nie wil of kan gaan nie: Dit is die sake waaraan ons as

produsente min of niks kan doen nie. Dit is die steil kranse of groot

riviere – ek sien dit as die huidige politieke omgewing.

Ons het daarop gelet dat daar tydens die afgelope twaalf maande

heelwat verrassings met verkiesingsuitslae was, maar dit is uiters

moeilik beheerbaar. Selfs die internasionale ekonomiese omstan-

dighede en die wisselkoers is dinge waaraan Graan SA en sy lede

weinig kan doen.

Dan is daar dié plekke wat wel begaanbaar is en waaraan ‘n mens

iets kan doen: Oor ‘n koppie of deur ‘n sloot of sommer net ‘n

paar haak-en-steektakke wegkeer sodat ‘n mens daarlangs kan stap.

Daarvoor het ons leiers met onderskeidingsvermoë nodig wat weet

wat ons moet aandurf en wat ons nie moet aandurf nie.

Die roete deur ‘n bos met geen paaie nie, gaan ook nie sonder skrape

en seerplekke wees nie, maar as ‘n mens vasbyt en verduur, sal ons

eendag by die nuwe bestemming aankom.

Dit was presies dieselfde in 1997 toe ons die Rade gesluit het en

die wilde tog van die vryemark aangepak het. Leiers het nie pre-

sies geweet hoe die pad gaan loop nie, maar daar het uiteindelik ‘n

pad gekom waarlangs ons gemakliker kon stap.

As ek nou na dít kyk waaraan ons as organisasie saam met ons

produsente iets kan doen, kom sake soos beter navorsing en mark-

inligting by my op. Opleiding en ontwikkeling van ons kundigheid

is ook belangrike boustene. Al is dit hóé moeilik, moet ons voort-

beur – bult op – om die beleidsomgewing te verbeter om volhoubaar

te kan produseer.

Dit was uiters bemoedigend dat soveel van die sprekers by Kongres

aangedui het wie hul Kompas vir dié nuwe roete is. Ons sal nooit

deur hierdie “woestyn” kan loop sonder die wolkkolom bedags en

vuurkolom snags nie.

Ons vennote vir die tog waarmee ons besig is, het ook hul ware

kleure tydens die 2016-droogte gewys. Dit is hulle wat by ons ge-

staan het toe die kranse verskriklik steil was. Ek het al in die verlede

genoem dat ‘n mens nie juis besondere sterk leiers nodig het wan-

neer dit maklik gaan nie, maar wanneer dit moeilik gaan, salueer

ons die ouens en vroue wat hand opsteek om voor te vat.

Dankie ook vir julle wat die rol opgeneem het om ons te bemoedig

wanneer dit regtig ‘n uiters moeilike dag op kantoor was – al het jy

ook ‘n taai dag op die plaas gehad. As ons eers weer ‘n slag tussen

ons eie mense waardeer word en ons wonde versorg is, sien ons

weer kans om die steiltes aan te pak om dié roete te vind waardeur

ons by volhoubaarheid kan uitkom.

Laastens het die lewe my geleer dat daar maar min plekke is waar

dit afdraande of gelyk is – dit is meestal opdraande. Daarom soek

ons nie na kort paaie of net afdraandes nie. Dit is óf in die dieptes

van die laagtes (die pyn hiervan kan nie so aangaan nie) óf die berg-

toppe wat vir ons die inspirasie gee om vorentoe te beur.

Sterkte vir die pad saam met ons.

Die graanroete

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...graanproduksie is

in ‘n tydvak waar

daar nie veel bekende

paaie is nie. Dit

is wat ons as

organisasie nou

moet soek en vind.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

April 2017