Background Image
Previous Page  9 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 76 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

April 2017

Mense

Beste Redakteur

My foon het laat een aand begin lui. Ek het wakker geskrik en gemerk dit is

‘n oproep uit Kanada – dr Eugene Brock. Hy woon al ‘n geruime tyd daar

– agter die kinders aan getrek. Ten spyte van ons gereelde kontak, kon ek hoor

hy het oud geword.

Hy het my nommer met dié van een van sy oud-kollegas verwar. Ek het

spaarkamer toe gegaan en ons het begin gesels. Hy het begin uitvra oor

die landboutoestande, oor die mense in die bedryf – sy Afrikaans is ook be-

sonder goed vir ‘n Engelssprekende Suid-Afrikaner wat al lank uit die land is.

Ons het gepraat oor die reën na die droogte, koring, mielies en die hoenders.

Eugene was vir jare lank ‘n uitvoerende amptenaar in die Premier Groep (hoen-

ders, katoen en koring) en later ook lid van die Nasionale Landboubemarkings-

raad (NLBR), voorsitter van die Koringforum en ‘n Wintergraan trustee.

Hy is ‘n kompeterende sportentoesias en so het ons oor die swak rugby gekla

en ons saam oor die krieket verheug. Hy ondersteun die WP en ek die Vry-

staat. Dit is eers toe ek oor die Bosveld begin praat en die Wildtuin se voëls

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

d

aar het die afgelope tyd so baie dinge in die wêreld

verander. Die veranderings wat die meeste onsekerhede

veroorsaak, is die politiek. Nie net hier in Suid-Afrika

nie, maar ook internasionaal. Politieke leiers kom en

gaan, ander klou weer vir lewe en dood aan hul posisies

– baie keer tot nadeel van hul lande en hul mense. Die

nuwes wat inkom, belowe groot dinge en hou hulself voor as diegene

wat nuwe lig en hoop vir hul volgelinge bring. Tog sien ons op die

ou einde so min van hierdie nuwe lig. Soms is hulle maar net soos ‘n

verskietende ster.

Daarenteen leer die Bybel ons dat daar maar net Een ware lig is. In

1 Johannes 1:5 lees ons dat God lig is en dat daar geen duisternis

in Hom is nie. Selfs die son se lig sal eendag uitgedoof word, maar

die lig van God sal nooit ophou skyn nie. Hy het sy Seun na hierdie

wêreld gestuur as die lig vir die wêreld (Johannes 1: 1 - 14). Christus

het die lig van God in die wêreld ingebring om vir ons wat in die

duisternis van die sonde leef, nuwe lig en hoop te bring. Waar daar

lig is, is daar hoop.

Wanneer ‘n mens siek is, kan die nagte baie lank word. Dit is

asof die donkerte jou boonop neerslagtig maak; jou beklem en

vasdruk. Wanneer die eerste lig begin deurbreek, is dit asof ‘n mens

weer nuwe moed skep; asof daar ‘n verligting oor jou kom. Jy kry

weer hoop!

Die môrester kondig die dag aan. Wanneer hy opkom, is die dag

nie meer ver nie. Jesus sê dat Hy die blink môrester is (Openba-

ring 22:16b). Hy het met sy eerste koms die lig van God in die

donker wêreld ingebring. Hy sal weer kom, want Hy skyn alreeds

as die blink môrester. Wanneer Hy kom, sal die volle lig van die

heerlikheid van die Here in die wêreld skyn.

Hy skyn as die blink môrester. Hy kondig die dag van die Here

aan. Daarom kan ons nou reeds met nuwe moed en nuwe hoop

die toekoms tegemoet gaan. Geen mens, wie en wat hy ook al is,

kan werklik nuwe moed en hoop gee nie. Alleen Christus kan dit

doen en elkeen wat in Hom glo, leef in Sy lig. Wie in Sy lig leef, kan

nuwe moed skep en kan hoopvol die toekoms tegemoet gaan,

want Sy lig verlig ook jou toekomspad.

Baie geluk aan

AT van Niekerk van

Steynsrus wat vir die

Maart-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

en diere dat ek die heimwee in sy stem kon hoor: “Jannie, ek verlang na

Suid-Afrika. ‘n Groot boom se wortels word nie maklik uitgetrek nie,” het hy

voortgegaan.

Ek kon hoor hoe hy die onderwerp verander om die pyn te ontduik. Ja, hy

het laas vertel sy vrou is oorlede en dat sy kind geskei is en die kleinkinders

nie meer daar naby bly nie – dit is net nie moontlik om nou op 82 weer terug te

kom Suid-Afrika toe nie. Hy is goed versorg en gesond, maar hy verlang.

Hy het verneem na die welstand van die “ou manne” – ek het geluister en ge-

antwoord soos ek kon. Ek moes die volgende oggend om 05:00 lughawe toe

ry vir ‘n streeksvergadering, maar Eugene het bly praat. Hy is nog besig met

sy beeldhouwerk en maak veral Xhosa-vroue – hy het in die Oos-Kaap groot-

geword, onthou ek. Elke vraag wat ek gevra het, is beantwoord, maar elke keer

het hy die gesprek teruggeswaai na Suid-Afrika toe. Sy hart is hier; sy lyf is daar.

Toe ons na 28 minute afgelui het, het ek weer oor oom Fanie van Zyl se gesegde,

“‘n Stille aanvaarding en berusting van die onvermydelike” gedink.

Eugene verlang na die voëls, diere en mense van sy land, Suid-Afrika. Die ge-

duld en aanvaarding van sy omstandighede is ‘n navolgenswaardige voor-

beeld en my bydrae om hierdie pyn te dra, is brokkies nuus oor dít wat nog elke

dag in sy hart leef. Watter voorreg is dit nie om in jou vaderland te mag woon en

dit te geniet nie – alles ten spyt.

Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA