Background Image
Previous Page  3 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 76 Next Page
Page Background

1

April 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Dr Annelie Barnard, Pietman Botha, Jannie de Villiers, dr Eben du Preez, Magda du Toit, Alzena Gomes, dr Pierre Jansen van Vuren, Koos Kirsten, Ben Krog, Corné Louw,

Jenny Mathews, Chris Milne, dr Shaun Morris, Learnmore Mwadzingeni, Hestia Nienaber, Cobus Olivier, Ruth Schultz, Hussein Shimelis, Gerrie Smit, Isak Staats, dr Toi J Tsilo,

Luan van der Walt, Peet van der Walt en Toit Wessels

a

s ligte slaper word ek maklik wakker van ‘n uil se roep buite

of as die kinders in die middel van die nag in die gang

afgehardloop kom na die veiligheid van Pa en Ma se bed.

Partykeer is dit vir my lekker om net te lê en luister na die

doodse stilte daar buite en die bekende, gerusstellende

geluide in die huis: My man wat rustig langs my lê en slaap; ‘n bed

wat kraak as ‘n kind omdraai; die horlosie teen die muur wat stadig

die minute verbytik; die fontein wat in die binnehof kabbel; en die

hond wat in die gang lê en snork. Jy ken mos die naggeluide van jou

huis. Jy is tuis – nie soos op ‘n vreemde plek waar elke geluidjie in die

donker nag ‘n mens jou ore laat spits en laat wakker lê nie.

Op NAMPO Park voel ek ook so “tuis”. Toe ek Maartmaand met

Graan SA se Kongres daar was, het dit gevoel soos verlede week

wat ek daar rondgestap het en foto’s by die NAMPO Oesdag vir die

tydskrif geneem het. Dié is hoeka om die draai! (

Kyk uit vir ons spesi-

ale uitgawe wat saam met die April-uitgawe uitgepos word!

)

By die Oesdag weet ‘n mens mos al presies waar watter uitstaller

is wat jy soek; wie die lekkerste sosaties verkoop en onder watter

koelteboom jy jou bene ‘n bietjie kan laat rus. En as jy iemand met

‘n hekprogram sien staan en kopkrap en die terreinkaart al om-en-

om draai, beduie jy hulle sommer in ‘n japtrap waar die uitstalling is

waarna hul soek. As jy boonop ‘n Graan SA-lid is, kan jy heerlik gaan

ontspan in die ledelokaal – daar sal jy nou éérs tuis voel!

Graan SA Kongres

Maar om terug te keer na Kongres: As jy dit nie vanjaar kon by-

woon nie, kan jy in dié uitgawe alles daaroor lees – van bladsy 12

tot bladsy 42. Die Kongres is in drie hoofsessies aangebied en het

afgeskop met ‘n aanbieding van mnr Mike Mlengana (Direkteur-

generaal van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye) (sien

bladsy 22). Verder was die onderwerpe

Graanekonomie en die be-

leidsomgewing

,

maatstawwe en die

Graan SA-toepassing

(App)

(bladsy 24) sowel as die

Graanbeleidsomgewing en die impak

daarvan op die bedryf

(bladsy 27). Gaan loer gerus ook na die foto-

blaaie om te sien wie daar was wat jy dalk ken of lanklaas gesien het

(bladsy 12 tot 19).

Verder kan jy ook in die uitgawe ‘n oorsig kry van die afgelope vyf

jaar se direkte plant-proewe wat by Nigel gedoen is. Die proef met

sy behandelings is op ‘n perseel wat meer as 10 ha beslaan, aange-

plant. Pietman Botha (

SA Graan/Grain

medewerker) verduidelik op

bladsy 48 dat dit bestaan het uit ‘n konvensionele gedeelte asook

die direkte plant-gedeelte waar die gewasse in 0,5 m-rye geplant is.

Wisselbougewasse is ook ingesluit en het bestaan uit sojabone en

permanente aangeplante weiding.

Poets so lank jou stapskoene – sien jou eersdaags by NAMPO!

Groetnis tot dan.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

N

AMPO Park was op 8 en 9 Maart vanjaar weer

die middelpunt van gebeure met Graan SA

se jaarlikse Kongres. Graan SA-lede, produsente,

regeringsamptenare, landbourolspelers, akade-

mici, vennote en belanghebbendes het saamgetrek

om dié jaar se tema “Graanroete vir die toekoms”

te bespreek. Op

bladsy 12

gee

ALZENA GOMES

(skakelbeampte: Graan SA) terugvoer oor die

gebeurtenis.

D

ie groot oes wat verwag word, plaas pryse

onder druk en die verwagting is dat Suid-Afrika

weer vanjaar na ‘n netto uitvoerder van mielies sal

beweeg. In baie gevalle bly die winsgewendheid

van produsente steeds in die weegskaal – ten

spyte van die verwagte goeie opbrengste.

LUAN VAN DER WALT

(ekonoom: Graan SA)

kyk op

bladsy 44

na bemarkingsmoontlikhede

vir die seisoen.

R

UTH SCHULTZ

(

SA Graan/Grain

medewerker)

het op 14 Februarie die eerste fase van die

Grain Academy-program wat vir die jaar afgeskop

het, bygewoon. In vennootskap met die Univer-

siteit van die Vrystaat se Besigheidskool en

Graan SA is dié sakeleierskapsontwikkelings-

program in 2013 bekend gestel as ‘n platform vir

onderrig en interaksie, waar daar gefokus word op

die uitdagings wat plaaslike voedselproduksie in

die gesig staar. Meer op

bladsy 57

.

D

ie nasionale koringkultivar-evaluasievergade-

ring is op 8 Februarie vanjaar op Bethlehem

gehou waar die komitee bymekaargekom het om

die resultate te bespreek en aanbevelings vir die

2017-seisoen op te dateer.

DR ANNELIE BARNARD

(LNR-Kleingraan, Bethlehem) skryf op

bladsy 65

oor dié program en die produksiehandleidings

wat beskikbaar is.

Ontmoet ons

medewerkers...

a

SHLEY ERASMUS

(grafiese

ontwerper by Infoworks) is

die afgelope tien jaar verant-

woordelik vir die bladuitleg

van

SA Graan/Grain

. (Die

Maart 2007-uitgawe was die eerste een

waaraan hy gewerk het.)

Hy is gebore op Rustenburg, was op Stilfontein in die laer-

skool en het aan die Hoërskool Tegnies Klerksdorp gematri-

kuleer waarna hy twee jaar in Londen los werkies (of

cheap

labour

soos hy dit noem) gedoen het. Na sy terugkeer na son-

nige Suid-Afrika studeer hy grafiese ontwerp by die Sentrale

Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein.

Dié grafiese ontwerper het Maart 2006 by Infoworks se span

aangesluit en is sedert 2010 hoof van dié onderneming se

grafiese ontwerpafdeling. Dit is vir hom ‘n uitdaging om iets

nuuts te ontwerp, sy ontwerp en uitlegvaardighede te ver-

beter en om sy kennis met mede-ontwerpers te deel.

Hy is ‘n kranige buitelewe-entoesias en hou van braai, visvang

en gholf.