Background Image
Previous Page  11 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 76 Next Page
Page Background

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

Beste Kleinneef

Ek het jou brief oor

Vonkpos

in die

SA Grain/Graan

gelees en dit

baie geniet. Ek het Vroutjie gevra om dit ook te lees en sy het dit

net so geniet. Ek weet ons gaan jou brief ‘n paar keer oorlees.

Die skets van Frans Esterhuyse is baie mooi – ‘n mens kan sien hy is ‘n kuns-

tenaar.

Baie dankie vir jou brief – wat baie herinneringe opgeroep het – en vir die posi-

tiewe boodskap. Ons waardeer dit!

Groete uit die Wes-Transvaal

David en Joyce Labuschagne

Goeiedag

Ek het vanoggend ‘n opgewondenheid in my hart wat ek net moet

deel! Na die verskriklike droogte van die vorige seisoen is hierdie

foto van ons plaas soos dit vanoggend lyk, vir my so mooi.

Ons plaas se naam is Kanaän...land van melk en heuning. Vandag het die Here

weer eens vir ons bevestig dat Hy steeds in beheer is van Sy skepping.

Ek is bevoorreg om hier te bly.

Groete

Leentjie Thomson (Senekal)

Ns. Ek geniet altyd die

SA Grain/Graan

-tydskrif van my man.

Leentjie het die e-pos einde verlede jaar ingestuur – nog voor die groot reën van

Januarie en Februarie geval het. –

Red.

“Boeta, dit was ‘n gesig wat ek nooit sal vergeet nie! ‘n Groot, gapende gat, met

‘n wit ding wat daar uithang. Ek dag eers dit is ‘n derm. Ek het só groot geskrik

dat ek beginne bewe en net swart voor my sien. En ek besef, nou sal ek die

suster moet bestel, want hier gaan ek vandag dubbel en dwars my alie sien.”

Ek probeer die patetiese figuur in my gedagtes sien: Bleek en verskrik, met ‘n

boepmagie en die “derm” wat so agter uithang.

“Ek het so benoud en ellendig gevoel, dat ek skoon van die res van my anatomie

vergeet het!” sê die oom asof hy my gedagtes kan lees.

“Toe ek uiteindelik na die gespook weer veilig in my bed is, kom die fris suster

nader met ‘n paar meter tou en ‘n braaitang – om die wond mee te stop.

“Maar hoekom is die wond dan nie toegewerk nie?” vra ek. “En ek voel weer

die duiseligheid wat soos ‘n groot golf op Durban se strand oor my gespoel het

netnou daar voor die spieël.

“Sy mompel iets van ‘infeksie’ en ‘self toegroei’. Toe die gat vol tou is, giet sy

so ‘n paar liter ‘batterysuur’ in die wond uit. Ek sê vir jou dit brand HEL in

hoofletters uit jou uit. Dit maak glo die kieme dood. Elke oggend en aand moes

ek deur hierdie trauma gaan. Ek voel later soos ‘n vlakhaas in ‘n wip – jy weet

wat kom, maar jy kan nêrens heen gaan nie.

“Terwyl my konstitusie so brand, vra ek haar een oggend hoe lyk die wond

nou. Sy sê: ‘Baie geluk, jou gat lyk mooi!’ Eers na ‘n ruk snap ek wat sy bedoel.

Sy meen die lelike gat lyk mooi omdat hy al so mooi herstel het.

“Wys jou, Boetman, dit hang net af vanuit watter hoek jy na ‘n situasie kyk!

Nou weet ek niks is erger as om jou alie in ‘n hospitaal se spieël te sien nie. Nee,

nie eers die kwaaiste droogte sal my ooit weer só moedeloos hê nie!”

9

April 2017

Pestilensies

Beste Kleinneef

Muskiete, muskiete, muskiete...Daar is na al die lekker reën meer as genoeg

van hierdie klein pestilensies om ‘n mens te irriteer. Daar is al selfs ‘n gedig oor

hulle geskryf: “...Pardoef, dis mis. Daar gaan hy weer, maar dood sal hy sowaar

ek sweer...”

Maar weet jy dat dié goedjies nogal interessant kan wees? Gaan lê maar op jou

bed en maak of jy slaap. Ja, hulle weet of jy slaap of nie. As jy so lê, dan kom

vlieg hy aspris by jou oor verby om te kyk of jy nog reageer. As jy na hom sou

klap, gaan sit hy êrens en wag dat jy moet slaap. Dan kom doen hy weer sy

slaaptoets en as jy nie reageer nie, kry hy bietjie hoogte en dan gly hy geluidloos

deur die lug en kom land op jou.

As jy nou slim is en sy weë beter wil leer ken, moet jy ‘n stywe dop wegslaan

voor jy gaan lê. Maak dit sommer ‘n dubbel.

Nou hou jy hom dop. As hy klaar sy toetse gedoen het en op jou kom land het,

sal jy sien hy trap vir ‘n wyle so ‘n bietjie rond tot hy die regte plek na sy sin kry

en dan steek hy sy tong diep in jou vleis in en jy sal sien hoe sy lyfie rooi word

van die kosbare boerebloed wat sommer so uitgesuip word.

Wat hy natuurlik nie weet nie, is dat daar nou ‘n persentasie alkohol is wat hy

saam met die boerebloed inkry. Let nou mooi op: As hy sy tong uit jou vleis

uittrek, sal jy sien hy is klaar onvas op sy voete en as jy mooi kyk, sal jy sien sy

oë is ook rooi – net soos sy lyf. Dan weet jy sommer hy is goed gekoring.

Let nou op: Sy optrede raak nou byna menslik. Party slaat neer en skop met die

pote in die lug. As jy supersoniese ore het, sal jy hoor hoe hy tjank. Hulle noem

dit dronkverdriet.

‘n Ander een sal sy tong uit jou vleis uitpluk. Sy vuis vir jou wys en dan nog op

jou vel spoeg ook, want hy is nou baie sterk. As jy nou supersoniese ore gehad

het, sou jy skaam gekry het vir die taal wat hy gebruik. Dan trek hy weg met só

‘n spoed dat dit lyk of hy ‘n gat deur die muur wil vlieg.

Jy sou hoor hoe hy die muur met ‘n slag tref en terwyl hy na die vloer stort, sou

jy duidelik kan hoor hy skreeu: “

Mayday, Mayday, Mayday!

As jy nou die moeite doen om te gaan kyk, sal jy sy wrak daar op die vloer sien

lê. Ongelukkig is daar na al die drama net één minder...

Groetnis!

Leon von Caues

Hertzogville