Background Image
Previous Page  16 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

14

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

en om te verseker dat gemeenskaplikhede op die pad vorentoe

gevind word om sodoende die Nasionale Ontwikkelingsplan

(NOP) prakties te laat werk. Gibbs het afgesluit deur die idee

van ‘n tipe “oorlogskamer” vas te stel. Dit sal verseker dat alle

betrokkenes (insluitende relevante regeringsbelanghebbendes,

die private sektor en veral die boeregemeenskap) bymekaarkom

om probleme aan te spreek om die gaping deur dialoog te

sluit om sodoende vorentoe te beweeg op ‘n wedersydse en

gemeenskaplike basis.

Dr Visser het ‘n oorsig van die graanproduksieplan aan Kongres

voorgelê – ‘n bloudruk vir landbou se toekoms oor die volgende

vyf jaar en het verder beklemtoon dat navorsing en ontwikkeling

slegs sal slaag in samewerking met die regering.

Graan SA het in die laaste drie jaar verhoudings gebou met sleutel

strategiese regeringsvennote en is deel van ‘n formele forum wat

kwartaalliks byeenkom om kwessies en gemeenskaplike belange te

bespreek, wat Graan SA ook die geleentheid gebied het om insette

te lewer in sleutelkommoditeitsdokumente en -beleide.

Praktiese implementering van

grondhervorming

Die tweede kongresbespreking, geopen met ‘n voorlegging deur

mnr Japie Grobler (voorsitter: Agri Sektor Eenheidsforum [ASUF])

het die praktiese implementering van grondhervorming gedek.

Tydens die aanbieding van ‘n werksdokument, het Grobler klem

gelê op die belangrikheid van suksesvolle grondhervorming binne

die konteks van die handhawing van die produktiewe kapasiteit

van die land, die instandhouding van binnelandse voedselseker-

heid, die vermoë om minderbevoorregte buurlande te ondersteun

en waardevolle buitelandse valuta deur uitvoere te verdien.

Die paneel het bestaan uit mnre Schalk Pienaar (voorsitter: Agbiz),

Andrew Makenete (direkteur: Manama Hole en Musa Capital)

en Ralph Swart (eienaar: Swart Boerdery en die 2014 Nuwe Era

Kommersiële Boer van die Jaar).

Pienaar het bevestig dat grondhervorming (en by definisie die

finansiering daarvan) slegs suksesvol sal wees as die ware doel-

wit daarvan is om volhoubare, lewensvatbare en ekonomiese

voedselproduksie te verseker, wat beaam is deur Ralph Swart se

bevestiging dat grond eienaarskap die grootste probleem regdeur

die land is, te saam met boerdery wat volhoubaar moet wees.

Mnr Andrew Makenete het verder praktiese voorstelle vir grondher-

vorming bespreek en aangedui dat grondhervorming in Suid-Afrika

‘n gebalanseerde siening benodig. Hy het verder die belangrikheid

van die landbousektor beklemtoon en het afgevaardigdes verseker

dat almal deur die proses ontnugter is as gevolg van die stadige pas

aan die een kant en onsekerheid aan die ander – en alhoewel baie

geld reeds spandeer is, is dit nie goed bestee nie.

In sy toespraak het Makenete verskeie voorstelle en opsies bespreek

en tot die konklusie gekom dat daar beslis ‘n nuwe benadering tot

grondhervorming benodig word, aangesien navorsing aandui dat

grondplafonne in die algemeen nie ‘n goeie idee is nie. Makenete

het verder beklemtoon dat internasionale beste praktyke beduidend

toon in die guns van familieplase wat beter werk as dié van korpo-

ratiewe plase, en wie se saak bepleit moet word.

‘n Eerste in die industrie – Momentum

Finansiële Welstand vir Graan SA-lede en

hul plaaswerkers

In ‘n eerste vir die landboubedryf, het Graan SA ook ‘n finansiële

welstandsproduk vir sy lede en hul plaaswerkers bekend gestel,

in ‘n opwindende nuwe strategiese vennootskap met Momentum.

Lees gerus op bladsy 22 meer oor dié vennootskap.

Die pad vorentoe

Kongres se vertroue in die Graan SA-bestuur is weer bevestig met

die herverkiesing van die voorsitter, mnr Louw Steytler, sowel as

beide visevoorsitters, mnre Andries Theron en Victor Mongoato in

hul onderskeie ampte.

Graan SA bedank alle rolspelers, borge en vennote wat bygedra het

tot ‘n uiters suksesvolle 2015 Kongres. Ons sien uit daarna om in

die komende jaar hande te vat om ‘n verskil in georganiseerde

landbou teweeg te bring en ‘n positiewe en sinvolle bydrae te lewer

tot voedselsekerheid in ons mooie land.

2: Graan SA se leierskap wat Kongres voorafgegaan het: Nico Vermaak

(bestuurder: Korporatiewe Dienste), Louw Steytler (voorsitter),

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder), Andries Theron (visevoor-

sitter) en Victor Mongoato (visevoorsitter).

3: Dawie Spies (Manne van die Woord) het Kongres op ‘n gepaste wyse

geopen.

2

3

Kongres 2015 beklemtoon

volhoubare graanproduksie gedurende

grondhervorming