Background Image
Previous Page  13 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 92 Next Page
Page Background

11

April 2015

2

in elkeen van hierdie mense se lewens; nie net in elkeen se besig-

heid nie, maar ook in hulle persoonlike lewens.

Deur gawes en talente saam te gooi, betaal ‘n mens baie minder

skoolgeld en kan elkeen ook sy roeping meer gefokus beman. Elk-

een kan dus sy funksie vervolmaak.

Onthou: Ons is nie saamgevoeg of geroep om mekaar se sakke

vol te maak nie. Ons is geroep om ander in ‘n verhouding met

God te kry en hulle dan by te staan om hulle Godgegewe roeping

uit te leef.

Stap 8: Afronding

Al die projekte/besighede moet nou vervolmaak word, sodat nuwes

bygeneem kan word. Daar kan geleenthede bygevat word, maar

moenie bestaande projekte verstadig nie. Dis hier waar ons nou is

in ons proses en ons werk met ‘n sewejaar-plan vir ons besighede.

Ons moes ‘n kollektiewe “

managing

/bank” stig om al die langtermyn-

behoeftes te bevredig. Windheuwel voorsien dus sekuriteit, be-

stuur en ondersteuning aan elke lid, terwyl Genadeshoop die

operasionele gedeelte beman.

In die kort termyn moet toerusting afbetaal word, maar daar moet

nou al weggesit begin word vir langtermynbehoeftes. Ons onder-

soek die moontlikheid om aandele in besighede aan familielede

beskikbaar te stel.

Hierdie aandele kan individue help om hul vervanging (sekuriteit) te

doen, maar ook om met aftrede dividende te ontvang. Dit is egter

nog iets waarnatoe ons beweeg. Ook moet seuns se oorname en

pa’s se betrokkenheid ná aftrede reg bestuur word.

Ontwikkel en groei om doelwitte te bereik. Boerderye word nie

meer net beskou as besighede waardeur geld gemaak kan word

nie, maar eerder projekte om mense te plaas, te bekwaam, te vestig

en te ondersteun, sodat almal kan gedy.

Besighede sal groei namate mense groei. Algehele ferm verant-

woordelikheid moet deur leiers van families gevat word. Almal

moet so goed as kan versorg word in hulle verskillende ouder-

domsgroepe.

Kinders begin nou trou en gaan huise en groter inkomste vereis.

Dit is normaal en moet volwasse hanteer word. Daar is mos ‘n

familiekultuur en dit is ons hart dat ons almal as gesinne saam leef,

saam speel, saam werk en saam oud word, tot eer en verheerliking

van sy Naam.

Voorlaaste woord

Soos genoem was daar in die beginjare geen hulp van buitebesig-

hede nie. Dit was goed vir verhoudings en ook om vas te lê in jou

hart vir watter redes jy die pad stap. Ek dink terug en besef dat al

die kontantvloeikrisisse, al die naels kou en agteroorbuig absoluut

die moeite werd was.

Dit het ons as familie saamgebind en ‘n band gevorm wat vorentoe

nodig sou wees om die groot uitdagings wat voorgelê het

(onder andere grondhervorming), te oorbrug. Ons het die wonder-

likste mense op hierdie moeilike pad ontmoet en baie dankie aan

julle almal vir julle liefde, hulp en ondersteuning.

Al die besoeke en vergaderings wat mnr Toit Wessels (ledebemar-

king en kommunikasiebeampte, Graan SA) en Liana Stroebel

(ontwikkelingskoördineerder, Graan SA) so onbaatsugtig aanhou

doen, het baie keer die wa deur die drif getrek.

Goeie opleiding en insiggewende vergaderings het ons telkemale

weer eens gemotiveer en ook gedien as ‘n platform waar ander

projekte se nuwe era produsente ontmoet kon word om skouers

te skuur. Toit en Liana se name moet in die Wes-Kaap se anale

neergeskryf word, vir die herstel en groei wat hulle bewerk in

verhoudings.

Wat staatshulp betref: Dit bly altyd ‘n uitdaging omdat hulle kriteria

en reëls redelik baie verander. Die deurslaggewende faktor is om

met jou plaaslike landbouvoorligter saam te werk. Oor al die jare

is Genadeshoop gehelp met R1,5 miljoen vir produksie-insette en

R1 miljoen vir masjinerie.

Daar was baie aansoeke wat goedgekeur is, maar wat nooit deur

die staat uitbetaal is nie. Ook was daar aanvanklik gevra om ‘n

vyfjaar-plan te gee met ‘n uitkomstrategie.

Dit het die illusie geskep dat daar by die vyfjaar-plan gehou sou

word van die staat se kant af.

1

1: Mias Wagenstroom en sy seun, Damian, by een van hul implemente.

2: Gary Toontjies saam met sy pa, Galant, by een van hul plaasvoertuie.