Background Image
Previous Page  14 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

12

GRAAN SA

Dit was nie die geval nie en ons moes maar saamstaan en help om

kop bo water te hou. Ons het onnodig ons eie tyd gemors deur ons

voetjies te stamp, net om weer self saam skouer aan die wiel te

moes sit.

Moet dus geensins jou beplanning of begroting opstel deur aan-

soeke in ag te neem nie. Laat dit ‘n aangename verrassing wees as

iets van hulle kant af kom. Ons weet mos wie ons Bron is.

Moet ook nie jou vertroue in ander boerderybesighede (gifmaat-

skappye, kunsmismaatskappye, dieselverskaffers, masjineriefir-

mas, banke, graanbemarkingsbesighede en landboumaatskappy)

plaas vir hulp nie. Dit sal jou een teleurstelling op die ander spaar.

Dit is nie die skade in verhoudings werd om ander onder druk te

sit nie.

Wees lief vir almal en hou maar jou oë op die Bron – God. Sonder

om sarkasties te wil wees, sien ek dit as my voorreg om op Hom

te vertrou en nie ander se arm te draai nie. As hulle dit nie sien as ‘n

geleentheid (Jes 40:3 - 5) en hoogtyd om meer betrokke te raak in

die red van ons land nie, is dit hulle saak. Die tyd van praat is verby.

Afsluiting: God eerste

Ek wil die eer by die Here hou, maar moet weer eens noem dat

Hy baie van sy wonderlike kinders op die regte tye in ons lewens

gestuur het, om ons te neem van een stap tot ‘n volgende. Prys die

Here vir sy koningryk wat reeds heers op aarde.

Omdat daar baie energie en geld in hierdie projekte ingaan, is dit

moeilik om goed voorsiening te maak vir die oudag (in die vorm

van geld), maar ons begin sien dat daar geliefdes om ons is wat

die behoefte het om na ons om te sien.

Die onus rus swaar op produsente om grondhervorming te maak

werk. As produsent is ek egter al gewoond om die minste in

die waardeketting te wees. Maar wie eerste is, sal laaste wees, sê

die Here.

Daar is nie eintlik ‘n keuse oor wat gedoen behoort te word nie.

Dit is ‘n gegewe. Almal van ons is klaar betrokke. Of dit suksesvol

gaan wees, hang van onsself af. Hierdie stelsel hierbo genoem is

ons storie en ons weet dit is vir mense wat leef vir dinge wat ewig-

heidswaarde het.

Jy sal moet glo en vertrou dat jy ná hierdie lewe jou eintlike

beloning sal beërwe. Ook dat jou nageslag nie geld en besittings

nodig het om ‘n gesonde, vol lewe te ervaar nie, maar goeie on-

dersteuningsnetwerke/verhoudings/vriendskappe, mense in hulle

roepings rondom hulle.

‘n Produsent/landbouer moet dus daarop gerig wees om mense

te respekteer/eer vir hulle gawes/vir hulle ‘n geleentheid te skep/

te ondersteun en saam te groei in ons verhoudings met mekaar en

met ons God. “

It’s in our serving that we receive the gift of our own

restoration

.”

Ek merk dat baie medeprodusente, landboubesighede en politici

nou in vrees veg vir hulle posisie. Ook in vrees optree en in ‘n

magstryd gewikkel is op hulle plase, met mekaar en met politici.

Miskien is hulle bang dat daar nie plase/eiendom/geld en geleent-

hede is vir almal nie.

Ons moes ook hierdie vrese deurwerk. Jesus wys egter dat Hy met

vyf broodjies en twee vissies meer as genoeg vir almal kon be-

werk. Ons mag nie tyd mors met magstryde nie. Los dit vir diegene

wat nog nie hulle identiteit in Christus gevind het nie. Daar sal al-

tyd hulle wees wat mense afbreek/misbruik, laat ons maar net

heeltyd mense bou en dissipel, vinniger as wat hulle afbreek.

Die drie lesse wat ons by Hom leer is: Dit jou werklik gelukkiger

maak om te gee as om te ontvang; dat wat jy saai, jy sal maai; en

dat Hy absoluut in beheer is van alles.

Deur die hulp van ons Vader, Jesus Christus en die werking van

die Heilige Gees, gaan ons in geloof voort en bid seën toe vir ons

land en sy mense.

Bemagtigingsmodelle

wat in die Wes-Kaap werk

3: Daan Romber en Johannes Swarts beman die veeboerdery.