Background Image
Previous Page  15 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 92 Next Page
Page Background

Kongres 2015 beklemtoon

volhoubare graanproduksie gedurende

grondhervorming

G

raan SA-lede, regeringsamptenare, landbourolspelers en

ander belanghebbendes het op 4 en 5 Maart by NAMPO

Park byeengekom vir die jaarlikse Graan SA Kongres.

Die tema “Volhoubare graanproduksie tydens grondher-

vorming” het van meet af aan beloof om belangrike gesprekspunte

uit te lig en lewendige debatte aan te moedig.

Die Kongresagenda het onder meer die Minister van Landbou, Bos-

bou en Visserye, mnr Senzeni Zokwana, as hoofspreker ingesluit

sowel as ‘n insiggewende voorlegging deur mnr Kip Tom (besturen-

de lid van Tom Plase LLC, Indiana, VSA).

Die agenda het bykomend gefokus op die versoening van die

Nasionale Ontwikkelingsplan en voedselsekerheid sowel as ‘n na-

vorsingsfokus vir die graan- en oliesadebedrywe vir volhoubare

produksie. Ter aansluiting hierby, is die praktiese implementering

van grondhervorming ook breedvoerig bespreek.

In die oudiovisuele voorsittersverslag het mnr Louw Steytler (voor-

sitter: Graan SA) en mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbe-

stuurder: Graan SA) die hoogtepunte van die voorafgaande jaar

uitgelig, die strategiese fokus van die organisasie vir die komende

jaar bevestig en produsente verseker dat Graan SA, as gevolg van

droogtetoestande in die komende jaar, hulle volle gewig sal ingooi

om ons produsente deur hierdie moeilike tyd te dra. Die oudio-

visuele verslag het verder aan lede ‘n blik agter die skerms gegee

op die organisasie se werksaamhede in die verskeie afdelings. Die

video is ook beskikbaar op die Graan SA-webtuiste.

Minister Zokwana bevestig dat droogte se

impak prioriteite verander

In sy toespraak het minister Zokwana sy verbintenis tot die Suid-

Afrikaanse graanbedryf sowel as die regering se bereidwilligheid

om saam met georganiseerde landbou volhoubare graanproduksie

te verseker, bevestig en het produsente vers verseker dat nuwe

markte vir hul produkte verkry sal word, ten spyte van die huidige

droogtetoestande.

Die minister het verder klem gelê op die aanwending van tyd en

hulpbronne om volhoubare produksie te handhaaf en het ‘n beroep

op alle belanghebbendes in die waardeketting gedoen om insette te

lewer en ondersteuning te gee om ‘n ramp – nie net vir die produsente

nie, maar vir die hele sektor – te voorkom.

‘n Staande applous vir die minister is voorafgegaan deur sy beroep

op die Graantrusts om hul vennootskappe met Graan SA voort te

sit, om sodoende volhoubaarheid in landbou se oorgangstyd te

verseker na hy afgevaardigdes die versekering gegee het dat die

Departement baie naby aan ‘n deurbraak is om die probleme van

nuwe era kommersiële boere, wat sukkel om finansiering te bekom,

op te los.

Volhoubare graanproduksie tydens

grondhervorming

Mnr Kip Tom het tydens sy voorlegging die datawetenskap waar-

mee hy besig is aangespreek om sodoende klem te plaas op maniere

om die produktiwiteit in ons sektor en in Suid-Afrika te bevorder.

Tom was beïndruk deur die waarneembare passie van Suid-Afri-

kaanse produsente en wou graag sy kennis deel oor hoe dataweten-

skap ‘n rol in die produsent se besigheid speel om volhoubaarheid

te verseker, die omgewing te bewaar, verhoogde produktiwiteit

te bewerkstelling en om seker te maak elkeen doen sy deel om ‘n

alewig groeiende globale populasie te voed – 9,3 miljard teen 2050

om presies te wees – en dit met dieselfde natuurlike hulpbronne,

soos grond en water, wat vandag tot ons beskikking is.

Tom het ter afsluiting nie net klem gelê op die versameling van data

nie, maar ook die analisering daarvan sodat insig in die data verkry

kan word en dienooreenkomstige voorstelle gemaak kan word wat

lei tot die stabiliteit om te eksperimenteer en beperkte kanse ten

volle te benut.

Voedselsekerheid en volhoubare produksie

Die eerste paneelbespreking, gelei deur mnr Max du Preez (skrywer,

joernalis en analis) het hom ten doel gestel om oplossings te

oorweeg om volhoubare produksie te bewerkstellig tesame met

voedselsekerheid vir Suid-Afrika.

Die paneel het bestaan uit mnr Roelf Meyer (direkteur: In Trans-

formasie inisiatief), brigadier-generaal John Gibbs (KwaZulu-Natal

melkboer, wetenskaplike en lid van die SANW reserwemag) en

dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA).

1. In ooreenstemming met die tema het Meyer klem gelê op hulle

doelwit om verskillende sienswyses nader aan mekaar te bring

13

April 2015

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA en foto’s:

JOANIE SCHEEPERS,

JEANÉ MEYER

en

ESTIE DE VILLIERS,

SA Graan/Grain

redaksie

1: Graan SA Kongres 2015 in sitting.

1