Previous Page  11 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 68 Next Page
Page Background

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za

Die alles-in-een-saadverskaffer

Dit is bekend dat wisselbou met kanola vir verhoogde opbrengste by opvolggewasse soos mielies, sigorei, koring en selfs

grastipe weidingsgewasse sorg. Daarby is kanola ook ‘n besonder geskikte weidings- en kuilvoergewas. Dus kan kanola as

deel van ‘n wisselbouprogram baie voordelig wees.

K2 Saad bied ‘n verskeidenheid kanolakultivars met eiesoortige eienskappe. Hyola 50 (konvensioneel) en Hyola 555 TT

(Triazine) - beide geskik vir graan en weiding - is die keuse tussen medium-kort tot medium-laat tipe kanolakultivars

beskikbaar vanaf K2 Saad.

Kontak gerus jou naaste K2-verteenwoordiger vir meer inligting.

Kanola, die ideale wisselbougewas

Innoverend

Kwaliteit

Genetika

Groen

is steeds ’n wenkleur!

J

eremia Makhosini Mathebula, die

2018 Graan SA/Absa/John Deere

Financial Nuwe Era Kommersiële

Boer van die Jaar, het met ‘n breë

glimlag sy splinternuwe John Deere 5075

MFWD-trekker, geborg deur John Deere

Financial, op sy plaas op Amersfoort,

Mpumalanga ingewag.

Al het dié produsent se graanhektare al

van 40 ha na 300 ha in ’n skamele paar

jaar uitgebrei – en daarmee saam ook die

toerusting op die plaas – is die werktuig ‘n

produktiewe toevoeging tot dié suksesvolle

boerdery.

Afgri Bethal het die trekker afgelewer en

terselfdertyd aan Mathebula ’n samevat-

ting van die trekker se spesifikasies en

vermoëns gegee. As die naaste diens-

sentrum het hulle die nodige opleiding

gegee om sodoende die beste uit hierdie

wonderlike prys te haal.

Ruan van Niekerk (bemarker, Afgri), Jeremia Mathebula, Ferdie Marx (John Deere Financial) en

Philip Mare (takbestuurder: Bethal, Afgri) tydens die oorhandiging van die trekker.