Previous Page  10 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 68 Next Page
Page Background

Graan SA by die Koringbedryf-museum

NAMPO Park kry

borgskappe

van uitstallers

D

ie vyfde jaarlikse Agri-Expo Livestock-tentoonstelling en

die Groot Plaasproe-fees, wat van 11 tot 13 Oktober ver-

lede jaar gelyklopend op Sandringham buite Stellenbosch

aangebied is, het byna 16 000 landbouers en kosliefheb-

bers gelok.

Besoekers kon meer as 150 uitstallings besoek, 300 plaasdiere

ontmoet en boonop topdiere van verskeie rasse sien meeding

met sowat 20 telersgenootskappe wat betrokke was. Graan SA

se borgskap en deelname aan die Koringbedryf-museum was

’n reusesukses. Besoekers kon by dié stalletjie onder meer vol-

graanbrood en beskuit kry en selfs ’n stukkie rou deeg waarmee

hulle hul eie stokbrood kon maak.

M

et NAMPO Park se uitstalruimte

wat nou reeds 42 ha beslaan,

tesame met die gesamentlike

53 ha parkeerarea, was die be-

stuur tydens 2018 se NAMPO Oesdag

genoodsaak om die terreinpersoneel se

behoeftes vas te stel ten einde die park na

die beste van hul vermoë vir uitstallers en

besoekers netjies te hou.

In reaksie hierop het Quantum Field Ser-

vices, ’n NAMPO-uitstaller van Kroonstad,

’n 400 liter, 6 m-spuit aan NAMPO Park

geskenk. Dié spuit, ter waarde van R33 000,

sal die park se personeel geweldig help om

die geplaveide strate en die rante van die

uitstalruimtes skoon en op skoustandaard

te hou.

“Die beheer van onkruide en indringer-

grasse op ons persele kan nou deeglik ge-

doen word. Dankie, Marcelle Browne en

Quantum: Julle maak ons personeel op die

terrein se harte bly!” het mnr Toit Wessels

(assistentbestuurder: NAMPO en Bemar-

king, Graan SA) bygevoeg.

Argipieces SA, ook ’n NAMPO-uitstaller

van Bothaville, het ’n 500 liter, Nordagri-

kunsmisstrooier ter waarde van R6 800 aan

Graan SA geskenk. Hierdie strooier sal die

uitstrooi van kunsmis op die uitstalpersele

en op die gras vergemaklik.

“Dié takie is tot op hede nog met die hand

verrig – wat ’n groot klomp tyd in beslag ge-

neem het. Te danke aan Wimpie du Preez en

Agripieces is van die werk op NAMPO Park

sommer geweldig makliker en geriefliker,”

het Wessels afgesluit.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Hailey Ehrenreich (komiteebeampte: Wes-Kaap, Graan SA), tweede van links,

wys hoe die perfekte stokbrood gemaak word, terwyl die akteur Francois

Jacobs, regs, ‘n onderhoud vir

Fiësta

met een van die besoekers voer.

Marcelle Browne (Quantum Field Services) en Toit Wessels by

die spuit.

Toit Wessels, regs, bedank Wimpie du Preez (Argipieces SA) vir hulle

skenking.

Februarie 2019

8