Previous Page  16 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 16 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

14

Kultivarevaluasies:

Hoe presteer

geregistreerde kultivars?

D

ie huidige grondboonkultivarproef, Suid-Afrikaanse Grond-

boonkultivarevaluasie, is nou in sy derde seisoen. Dit is ’n

inisiatief van die grondboonbedryf wat saam hande gevat

het om kultivars in verskillende produserende streke met

mekaar te vergelyk.

Die mees uitstaande kultivar, wat in die 2017/2018-seisoen goed

onder droëlandomstandighede presteer het, was ARC-Sellie Plus,

terwyl die prestasie van kultivars onder besproeiing meer wisse-

lend was. Die inligting wat uit hierdie evaluasieprojek voortspruit, is

van groot belang vir die grondboonbedryf, aangesien hierdie

inligting deur produsente benodig word om kultivarkeuses in ver-

skillende grondboonstreke uit te oefen.

Evaluasieprojek

In die grondboonevaluasieproewe word die belangrikheid van

aanpasbaarheid, opbrengs en kwaliteit uitgelig. Belowende ont-

wikkelingslyne, sowel as geregistreerde kultivars, word deur

proefdata geëvalueer om te verseker dat die nuutste relevante data

vir die produsente en die bedryf beskikbaar is.

Dit is krities dat die verskillende kultivars in die belangrik-

ste grondboonproduksiegebiede geëvalueer word, aangesien

dit beter insig oor die aanpasbaarheid van die kultivars in die

verskillende seisoene verskaf. Hierdie data word gebruik om ’n

SA Grondboonkultivarevaluasieverslag saam te stel.

Metodiek

Twaalf geregistreerde kultivars van drie maatskappye (LNR,

Countrywide Nuts en Golden Peanut) en agt potensiële kulti-

varteellyne van die Landbounavorsingsraad (LNR) is op agt

verskillende lokaliteite getoets. Elk van hierdie lokaliteite het ’n

unieke klimaat en grondtipe, wat verteenwoordigend is van die

grondboonproduksiegebiede van Suid-Afrika.

Die proewe is in twee groepe verdeel: Vier besproeiings- en

vier droëlandproewe. ’n Volledige, ewekansige blokontwerp is

vir die proefuitleg gebruik. Drie herhalings is per proef gedoen.

Elke proef het belangrike data beskikbaar gestel vir die gebied

waarin dit geplant is.

Standaardlandboupraktyke is toegepas. Plantdatums was in die

eerste helfte van Desember. Dit is uiters belangrik dat voldoen

word aan voorgeskrewe plantdatums, aangesien ’n afwyking vanaf

daardie datums tot groot opbrengsverliese kan lei. Alle proewe is

op 150 dae na plant geoes om eenvormigheid oor al die proewe heen

te verseker.

Resultate

Die resultate per proef word in inkomste per hektaar, per kultivar,

uitgedruk (sien

Tabel 1

tot

Tabel 8

). Die R/ton pitte is ’n gerealiseerde

prys volgens gradering tydens die 2017/2018-seisoen. Die kultivars

by elke lokaliteit is gerangskik van die hoogste randwaarde per

hektaar tot die laagste. Die volledige kultivarevaluasie-uitslae kan

op die LNR-Graangewasse se webblad (

www.arc.agric.za/arc-gci

)

verkry word.

Mini-

F KUS

SA GRAAN/GRAIN

Grondbone

LOURENS DE KOCK,

Grondboonwerkgroep, Graan SA

Graan SA/Sasol fotokompetisie