Previous Page  8 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

6

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

M

et die NAMPO Oesdag om die draai, gee

Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder, mnr

Jannie de Villiers, sy kommentaar op ’n handvol

vrae oor die Oesdag en wat daarmee saamgaan.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

In gesprek met

1

2

5

6

7

3

Die tema is “Platform vir jou landboutoekoms”. Uit ons strategiese be-

planning blyk dit duidelik dat Graan SA produsente op verskillende

platforms bedien. NAMPO Oesdag is ons tentoonstellingsplatform

waar produsente in aanraking met die nuutste tegnologie kom.

Soos reeds genoem, is die nuutste tegnologie by NAMPO te sien.

Produsente het ook die geleentheid om beskikbare produkte te

vergelyk en met elke insetverskaffer se kundiges te gesels. Produ­

sente is gewoonlik besig om te stroop teen die tyd dat NAMPO aan

die gang is en kan dus ook van hier af hul toekomsbeplanning doen.

Verder is NAMPO dié plek vir wonderlike samesyn waar produsente

mekaar ondersteun en terselfdertyd by mekaar leer.

Tans is winsgewendheid in die graansektor weens die droogte en

lae pryse ’n kwelpunt. Daar word natuurlik ook steeds oor die kwessie

van grondhervorming gepraat.

Ons sou nie noodwendig nou wou sien dat die terrein vergroot nie,

maar eerder dat ons ’n beter ervaring vir al ons besoekers skep. Om

besoekers se belewenis te verbeter, het ons vanjaar onder meer

bome aangeplant, boorgate gesink en draaihekke geïnstalleer. Ons

wil elkeen wat daar is se ervaring beter maak met dit wat alles op

NAMPO Park is.

Beslis! Die antwoord is vierledig. Eerstens kan ’n produsent net vol-

houbaar boer as hy weet wat die nuutste beskikbare tegnologie is

en dit ook met ander tegnologie kan vergelyk. NAMPO bied daardie

geleentheid.

NAMPO gaan tweedens oor verhoudings en onderlinge

samewerking. Verskeie skole, kerke en ander gemeenskapsgroepe

kry by die Oesdag die geleentheid om kosstalletjies te bedryf wat

weer vir hulle ’n finansiële voordeel bied. So ook kry gastehuise en

ander ondernemings in die groter omgewing jaarliks ’n geldelike

inspuiting, danksy NAMPO.

In die derde plek is NAMPO ’n uitstekende beeldbougeleent-

heid. Dit is hier waar die publiek ’n groter begrip vir landbou in die

land kry.

Laastens benut Graan SA die fondse wat deur NAMPO geïn

word om landbouers beter te bedien.

Landbou het wetenskaplik geraak; dit is seker die grootste verskil

tussen landbou van vandag en 52 jaar gelede. Tegnologie het met

rasse skrede verbeter, veral betreffende presisieboerdery en be-

waringslandboupraktyke. 50 jaar gelede het produsente tussen die

lyndrade geplant; vandag word elke vierkante meter wetenskaplik

met satelliettegnologie bewerk.

Met die hoë vlak van verstedeliking, raak die druk op produsente

groter. Vandag moet een produsent vir sowat 1 600 mense kos pro-

duseer.

Verhandeling het ook dramaties verander; vandag moet die

produsent sy eie bemarking en verskansing doen, teenoor blote le­

wering aan ’n koöperasie 52 jaar gelede.

Landbou is ’n gesinsbedryf; almal in die gesin is betrokke. Die Oes-

dag is ook ’n lekker droomplek waar ’n pa en seun saam kan droom

oor ’n mooi bees of voertuig. Vroue is dikwels alleen op die plaas

wanneer hul eggenote vir landbousake moet reis. Vir hulle is die

Vroueprogramme en samesyn met vriendinne in dieselfde bootjie ’n

terapeutiese ervaring. Daar is vanjaar ook ’n nuwe speelpark waar

kinders veilig opgepas word, om die ouers kans te gee om alles op

NAMPO Park rustig te beleef.

Jannie de Vil liers

Wat is NAMPO 2019 se tema en waarom?

Waarom moet ’n produsent NAMPO besoek?

Watter vraagstukke sal aangespreek word?

Word die beginsel van “eerder beter as groter”

vanjaar ook nagestreef?

Is daar ’n toekoms vir die Oesdag en waarom?

In kort, hoe verskil NAMPO Oesdag 2019 van die

eerste een 52 jaar gelede?

Hoekom moet gesinne dit bywoon?

4