Previous Page  6 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

4

www.nampo.co.za

Graan|Grain

N

AMPO Park is nooit staties nie en bied jaar na jaar meer vir besoe­

kers en uitstallers. Vanjaar is geen uitsondering nie en vele verbete­

ringe is op die terrein aangebring om die Oesdag-ervaring selfs nog

meer spesiaal te maak.

SA Graan/Grain

het onder andere met mnre Toit Wessels (assis­

tentbestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA) en Danie Minnaar

(nuwe voorsitter van die Oesdagkomitee) gaan gesels om te hoor wat besoekers

van vanjaar se Oesdag kan verwag.

Bome

Tagtig nuwe bome is oral op die terrein aangeplant. Volgens mnr Bennie Zaayman

(terreinbestuurder) is Amerikaanse essehout- en populierbome geplant. Dié bome

is spesifiek gekies omdat hulle goed in die omgewing aard.

Boorgate

Twee nuwe boorgate is sedert die laaste Oesdag gesink om veral water vir alge-

mene gebruik – kombuise, toilette en besproeiing – te hê.

Ontmoet die nuwe voorsitter

“NAMPO Oesdag het ’n ryke geskiedenis van 52 jaar waarop ek

graag wil voortbou, maar daar moet altyd plek vir die nuutste teg-

nologie gemaak word.” Aan die woord is mnr Danie Minnaar, nuwe

voorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee wat mnr Cobus van

Coller opvolg.

Danie is gebore en getoë op Hennenman in die Vrystaatse

Goudvelde waar sy pa met graan en beeste geboer het. Na matriek

aan Hoërskool Hennenman en ’n jaar nasionale diensplig, het Danie

landbou-ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Daarna het hy ’n jaar op ’n plaas in Minnesota, VSA deurgebring.

Hy is sedert 2001 op Bothaville waar hy hoofsaaklik met mielies,

sonneblom, sojabone en beeste boer. Sowat twee jaar gelede is

Danie tot die hoofbestuur (Streek 24) van Graan SA verkies en hy

was verlede jaar ondervoorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee.

Hy sal graag by die Oesdag klem op presisieboerdery wil plaas

wat groot waarde tot landbou toevoeg. Volgens hom het bewa­

ringsboerdery en die praktyk van geenbewerking ook ’n plek op

die Oesdag, hoewel dit nie oral in die land toegepas kan word nie.

Danie beklemtoon dat die streekskou, NAMPO Kaap, ’n be­

langrike deel van NAMPO is om daardie produsente te bereik en

te bedien wat nie op Bothaville kan uitkom nie. NAMPO Kaap fokus

veral op wintergewasse, maar gaan vanjaar ook meer klem op

druiweboerdery plaas.

NAMPO Oesdag is ’n internasionale skou wat nasionale en

internasionale verteenwoordiging het. Danie wys voornemende

Danie Minnaar is aan die stuur

van NAMPO-sake.

Groot

,

groter

,

Oesdag!

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Plaveisel

Groot dele van die terrein spog nou ook met plaveisel.

’n Nuwe pad na die saadplotte is geplavei en verskeie

bestaande paaie is verleng – soos die een verby die

Afrit-uitstalling, die een by die WRSA-saal en by die

veilingslokaal.

Vee-ring

Die bestaande ring is na die agterkant van die

Beeskompleks verskuif. Dié nuwe parade-ring spog

met ’n oppervlakte van 3 200 m² en kan vir ’n verskei-

denheid demonstrasies aangewend word.

Volgens mnr Wim Venter (Oesdagbeampte) was

die hoofoorweging vir die skuif van die ring die feit dat

perdegenootskappe ook vertonings daar wil aanbied.

Besoekers kan elke middag vir vertonings van perde met

waentjies naderstaan. Raadpleeg die program vir tye.

besoekers veral op die nuwe vee-ring wat agter die Beeskompleks

geleë is. “Dit sal deur skouperde en beeste gebruik word.” Daarby

spog NAMPO Oesdag vanjaar met 60 nuwe stalletjies.

Hy en sy vrou, Ronélle, het vier kinders waarvan drie op univer-

siteit en een op skool is. Danie is ’n ywerige warmlugballonvlieënier

wat gereeld aan kampioenskappe deelneem of soms net vir die pret

vlieg. “Naas landbou, is dit my passie.”