Previous Page  11 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

9

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Jaco du Preez,

New Holland

N

ew Holland Landbou beplan weer ’n groot teen-

woordigheid by die NAMPO Oesdag in Mei vanjaar.

Die indrukwekkende tentoonstelling van masjinerie

op standplaas A2 en A3 weerspieël ons toewyding

om deel te vorm van enige boerderypraktyk en die

ontwikkeling daarvan. Daar sal weer verskeie spesiale

aanbiedings wees, so hou die media dop vir verdere inligting.

Trekkers: Nuwe toevoegings verbreed die reeks

New Holland se omvattende trekkerreeks strek vanaf 35 kW tot

447 kW en is in verskeie spesifikasievlakke beskikbaar om aan die be-

hoefte van enige applikasie te voldoen.

Wanneer in tafeldruifwingerde gewerk word, is die nuwe TD3.50F

die oplossing. Die tweedegenerasie-TD90F (vier-silinder, 4wd-een-

heid) wat 65 kW krag lewer en ’n

power shuttle

-ratkas het, is weer

ideaal vir sitrusboorde.

Die beproefde en alombekende 7610 maak sy terugkeer,

terwyl die TS6.120 hoëgrondvryhoogte-trekker (

high clearance

) ook

te sien sal wees. Die TT3.50 met sy nuwe New Holland-stilering en

1 800 kg-hyservermoë, verteenwoordig die klein reeks. Die nuwe

T5-reeks (66 kW tot 82 kW) met sy 16 x 16

electro command

-ratkas

gaan ook uitgestal word.

Stropers: Maksimum produktiwiteit

Ons gaan weer die CR dubbelrotor-stroperreeks uitstal, wat sy plek

in die

Guinness World Book of Records

verdien het. Dié stroper toon

brute krag en ongeëwenaarde kapasiteit. Kom kyk hoekom hierdie

dubbelrotorstropers wêreldleiers is wat kapasiteit, graankwaliteit, lae

brandstofverbruik en veelsydigheid betref.

Drie modelle uit die CR-reeks, naamlik die CR6.80, CR7.90 (

intel-

lisense

) en CR9.80 sal ten toon gestel word met meer opsies as ooit

wat ook nou die nuwe

intellisense

insluit. New Holland se unieke

variërende voer- (

varifeed

) en buigbare (

flex

) fyngraantafels kompli-

menteer hierdie reeks om enige gewas met sorg van die land af te kry.

Hooimaak: ’n Volledige reeks

Die hooimaakreeks sluit verskeie opwindende produkte in. Eerstens

is daar die nuwe RB150 veranderlike kamer-rondebaler wat baal­

groottes vanaf 0,9 m tot 1,5 m kan maak en ook met net bind. Die

beproefde BR6090-rondebaler is ook steeds in

rotofeed

- en

rotocut

-

opsies beskikbaar.

Verder vorm die gewilde BC5070-stampbaler en driepunt- en

sleeptipe-skyfsnyers ook deel van die uitstalling. Twee modelle sleep-

tipe-snyerkeusers, naamlik die 313 en 316, is steeds toegerus met die

Mowmax 2-snybalk, wat bestaan uit groter skywe vir verhoogde

kapasiteit en ’n skoon, lae snit.

Spuite: Veelsydigheid

Ons Guardian-spuite spog steeds met ’n ongeëwenaarde grond-

vryhoogte en ’n unieke suspensie wat enige terrein kan baasraak.

Met verskeie opsies wat tenkgrootte, balkwydte en seksiebeheer in-

sluit, kan die hoëkwaliteitspuit pasgemaak vir enige applikasie bestel

word.

Intellispray

is standaard op hierdie spuite beskikbaar, wat met

impulse spuit en ook outomaties kompenseer vir wanneer daar ge-

draai word. Die nuwe SP310F sal hierdie jaar ten toon gestel word.

Ligte konstruksietoerusting

Hierdie masjiene word nou deur geselekteerde New Holland Land-

bou-handelaars beskikbaar gestel in die mark. Die gewilde B90B-TLB

sal ook ten toon gestel word.

Precision Land Management

(PLM)

Presisietoerusting en -sagteware sal deel vorm van die uitstalling

wat ’n volledige reeks van verskeie satellietstuurstelselopsies insluit

om aan die produsent se unieke behoeftes te voldoen. Vind ook

hier meer uit oor sagteware vir die analise van opbrengsdata om

produksiekoste te verlaag en koste te bespaar, asook gevorderde

telematiese stelsels wat masjinerie met mekaar in die land kan sin­

kroniseer.

AGXTEND is ook nuut hierdie jaar op NAMPO en is die toon-

aangewende platform vir innoverende tegnologie in die land-

bousektor. Ons ontwikkel en bied baanbrekerstegnologie wat

produsente toelaat om hulle doeltreffendheid en sodoende hulle

ekonomiese sukses te verbeter. PLM-spesialiste rugsteun nie net

fabrieksgemonteerde stelsels nie, maar kan ook toerusting voorsien

soos deur die kliënt se boerderypraktyk benodig word.

Ons promosiewinkel sal weer ’n verskeidenheid van die nuutste

klerereekse, skaalmodelle, speelgoed en vele meer te koop aanbied

en ons nooi elke besoeker en kliënt om ’n draai te maak. Ons span

wil jou ontmoet, so kom drink ’n koppie koffie en sien self hoekom

New Holland dié keuse vir die innoverende produsent is.

Ons span wil

jou ontmoet!

P

2019