Previous Page  3 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 140 Next Page
Page Background

1

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Estie de Villiers

redakteur,

SA Graan/Grain

eienaar/uitgewer

graan sa

POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040

Tel: 086 004 7246

www.grainsa.co.za

REDAKSIE

Dr Dirk Strydom

BESTUURDER: GRAANEKONOMIE EN BEMARKING

Tel: 086 004 7246 • Sel: 082 852 4810

E-pos:

dirks@grainsa.co.za

redakteur

: Estie de Villiers

Tel: 081 236 0534 • Sel: 083 490 9449

E-pos:

estie@infoworks.biz

besturende redakteur:

Johan Smit

Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806

E-pos:

johan@infoworks.biz

publiseringspan

Ingrid Bailey, Elmien Bosch

en Marisa Fourie (bladuitleg)

advertensieverkope

KOLBE MEDIA

– kaapstad

Jurgen van Onselen – advertensiekoördineerder

Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874

E-pos:

jurgen@kolbemedia.co.za

SCHMILTZ MARKETING

– Johannesburg

Ruth Schultz – advertensiekonsultant

Tel: 081 480 6413 • Sel: 083 583 5243

E-pos:

ruth@schmiltz.co.za

N

et toe ons almal weer gerat is vir die daaglikse “beurt-

sonder-krag”, blyk dit dat beurtkrag vir eers iets van

die verlede is. Ek, moet in die stilligheid erken, het

nogal daarvan gehou. In die aande het ons as ge­

sin saam bordspeletjies by ʼn paraffienlamp gespeel

– soos kleintyd se vakansietye op Waenhuiskrans. En

soos wat ’n tannie nou die dag in ’n gesprek opmerk: Een van die

voordele van beurtkrag is dat kinders gedwing word om buite te

speel en nie hul tyd voor ’n skerm deurbring nie.

Jy hoef jou egter nie dié Meimaand tot beurtkrag-uiterstes te

wend om tyd saam met jou familie deur te bring nie: Bring hulle

saam NAMPO Oesdag toe en spandeer hier kwaliteittyd saam.

Begin die uitstappie deur ’n heerlike piekniekmandjie soos van ouds

te pak vir die tog Bothaville toe: Koffie in ’n fles, tamatie-en-kaas-

toebroodjies, hardgekookte eiers en koue wors.

Julle kan saam na al die vee wat by NAMPO vertoon word,

gaan kyk: Amper al die bekendste beesrasse wat by SA Stamboek

geregistreer is, is by NAMPO te sien met die Wagyu Beestelers­

genootskap as nuwe toevoeging. Wat skape en varke betref, word

bykans al die rasse wat op die amptelike register is deur telersge-

nootskappe en verteenwoordigers by die Oesdag uitgestal.

Die welbekende perde- en parade-ring langs die Caltex-saal

is afgebreek en nuut (en groter) agter die Beeskompleks opgerig

om die perdegenootskappe beter te akkommodeer. Besoekers wat

’n passie vir dierehantering het en graag die jongklomp in hulle

vaardighede wil ondersteun, kan uitsien na die NAMPO Jeugskou.

Die spoggeleentheid word in die nuwe parade-ring aangebied.

Die verskillende kategorieë van die jeugskou vind daagliks tussen

10:00 en 12:00 plaas en Vrydag vanaf 13:00 tot 15:00.

Plaasnostalgie

Maak ook ’n draai by die Engen museum en wys die kinders hoe die

trekkers waarmee Oupa geboer het lyk. Vanjaar sal daar ongeveer

40 trekkers, vier vragmotors asook 20 stilstaande enjins uitgestal word

– alles in ’n lopende toestand.

Die Boereplanne-kompetisie het mense oor die jare aangemoedig

om skeppend te dink. Loer by Landbou Boereplanne in om te kyk na die

slim boereplanne wat op die plase gemaak word.

Adrenalienverslaafdes en rowwe terrein-entoesiaste kan weer

uitsien na opwindende vertonings op die doelgeboude hoofbaan

en motorfietsbaan op NAMPO Park. Al die uitstallers wat viertrek-

en sportnutsvoertuie in hul reeks het, sal dit op die Standard Bank

4x4-baan demonstreer terwyl verskeie motorfietse, vierwielmotorfietse

en

side-by-side’s

hul vaardighede op die Maxxis Adventure Track ten

toon sal stel.

Honger na al die gestap en kyk na nuwe trekkers en toerusting?

Bykans 20 eetplekke op die terrein maak voorsiening om besoekers se

honger te stil: Kies en keur tussen die eetgoed of jy wil hap-en-stap en

of jy êrens rustig wil sit en eet.

En as Pa gou by die saadplotte ’n draai wil maak om met die saad-

verteenwoordigers te gesels, kan Ma stelling inneem in die wit tent

naby die Polkadot-teetuin en ontspan by die Vroueprogram.

Goeie nuus vir ouers is die nuwe Senwes-speelpark agter die

SAMPI-saal: Ouers kan hul kleinspan daar laat om onder streng toesig

opvoedkundig gestimuleer te word.

NAMPO Oesdag 2019: Die ideale geleentheid om daarvan ’n ge­

sinsuitstappie te maak. Sien jou daar!

Maak dit ’n

gesinsuitstappie

Graan

ISSN 1814-1676

Medewerkers

Mariëtta Cronjé, Jan Greyling,

Louise Kunz en Karina Muller