Previous Page  7 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 140 Next Page
Page Background

AKTUEEL

5

www.nampo.co.za

Graan|Grain

Toit Wessels, organiseerder

van die NAMPO Oesdag.

Daarby het die kleinveekompleks ’n nuwe baadjie gekry en sal

dit voortaan as die BKB Kleinveekompleks bekendstaan.

Uitstalruimtes

Die John Deere-uitstalruimte spog met ’n splinternuwe gebou van-

waar hulle klere en ander promosiemateriaal sal verkoop en hul

implemente sal uitstal. JCB het ook ’n struktuur in die nuwe uitbrei-

ding van NAMPO Park opgerig waar hulle voortaan gevind kan

word.

Hekke

’n Nuwe hek (Hek 4) is aan die noordekant (tussen Hek 3 en die

ledehek) opgerig om verkeersopeenhopings van Orkney se kant te

verlig en nader toegang tot die terrein te verleen.

NAMPO-gangers sal vanjaar vir die eerste keer toegelaat word

om deur draaihekke by al die ingange in te kom, waar hul kaartjies

bloot geskandeer kan word.

Toegang

Goeie nuus vir besoekers is dat toegangsgeld vir 2019 onveranderd bly.

Aanlynkaartjies is by Ticketpro

( www.ticketpros.com )

beskikbaar teen

R20 minder per kaartjie as by die hekke.

Stalletjies

Danie vestig besoekers se aandag graag op die bykomende stal-

letjies. “Danksy ’n Eskom-hoogspanningskraglyn wat ondergronds

herlei is, kon daar plek vir 60 buitestandplase (agter die Hinterland-

lokaal) gemaak word,” sê hy. Dit is veral vragmotors, motorfietse,

saad en ander landbougerigte produkte wat hier te sien sal wees.

Naby die Caltex-saal waar die vorige vee-ring was, is ’n byko-

mende sewe uitstalruimtes geskep.

Volgens Wim sal daar vanjaar sowat 775 uitstallers by NAMPO

wees, waarvan 50 uit die buiteland kom. Van internasionale kant is

daar georganiseerde groepe uitstallers uit die VSA, die Verenigde

Koninkryk, Frankryk, Brasilië, Argentinië en Italië. Daar is ook indivi-

duele uitstallers van Denemarke, China en Turkye. Heelwat buite-

landse besoekers word weer verwag.

Vroue

Die Padstal en vrouesale beloof weer vele nuwighede vir die skoner

geslag. Die Media 24-vroue-oggende sal soos gewoonlik ‘n groot

treffer wees. Jak de Priester, Mareli Visser (Die Koektannie) en

Retha de Villiers sal onder andere te sien wees. ’n Nuwigheid vir

2019 is die boekbesprekings wat smiddae (van 14:00 tot 15:00) in die-

selfde tent sal plaasvind. Michelle van Breda, redakteur van

Sarie

,

sal ook daar teenwoordig wees.

Kinders

Goeie nuus vir ouers is die nuwe Senwes-speelpark agter die

SAMPI-saal. Ouers kan hul kleinspan daar laat om onder streng toe-

sig opvoedkundig gestimuleer te word. Maak gerus daar ’n draai.

Kos

Daar is vanjaar twee nuwe kosstalletjies ingerig in ’n poging om die

wagtyd vir kos korter te maak.

Rolstoelvriendelik

Met die byvoeging van ’n rolstoelvriendelike trap by die Fanie

Ferreira-saal is ’n groot persentasie van die sale nou toeganklik vir

persone in rolstoele.

NAMPO Kaap

Wim meen dat NAMPO Kaap nie ’n effek op vanjaar se besoekers­

getalle sal hê nie. “Produsente uit die Wes-Kaap het nie gereeld

Bothaville toe gekom nie, omdat dit gewoonlik met hul planttyd

saamval.”

Dit is nodig om te beklemtoon dat NAMPO Oesdag (Bothaville)

die vlagskip is en NAMPO Kaap ’n streekskou. NAMPO Park by

Bothavillebehoort aan Graan SA en gevolglik kan daar deurlopend

uitbreiding en ontwikkeling gedoen word.

Die terrein by Bredasdorp behoort aan Overberg Agri en word

vir die doel van NAMPO Kaap aan NTC verhuur. Die NAMPO Oes­

dagkomitee het ’n vyfjaarooreenkoms met NTC om met die admi­

nistrasie, plasing en kontrakte te help.

Hoewel NAMPO Kaap nie die omvang van Bothaville het nie,

was die eerste skou in 2018 besonder geslaagd en het vele uitstal­

lers reeds laat weet dat hulle vanjaar groter uitstalruimtes verlang.

NAMPO Kaap vind dié jaar van 4 tot 6 September plaas.

Verkiesing

Suid-Afrika se sesde demokratiese verkiesing vind op 8 Mei plaas.

Hoewel die organiseerders naels gekou het in afwagting op presi-

dent Cyril Ramaphosa se aankondiging van die datum, word daar

nie verwag dat die verkiesing ’n nadelige effek op die NAMPO Oes-

dag sal hê nie.

Toit sê: “Die legkaart is gepak: Ons poog om eerder ’n groter

verskeidenheid uitstallers te hê as wat dieselfde uitstallers net groter

uitstal.”

Kortom – wees hierdie jaar by die NAMPO Oesdag! “Dié wat

nie daar gaan wees nie, gaan ’n besondere geleentheid laat

verbygaan,” waarsku Toit. “Al die heel nuutste tegnologie sal van-

jaar by NAMPO wees en verskeie nuwe voertuie word ook daar

bekend gestel.”